Verrassende skuif in Zuma se kabinet

President Jacob Zuma (Februarie 2015) Foto: Siyasanga Mbambani, departement van kommunikasie

President Jacob Zuma (Februarie 2015) Foto: Siyasanga Mbambani, departement van kommunikasie

Pres. Jacob Zuma het laat Dinsdagaand ʼn verrassende skuif in sy kabinet aangekondig.

Ngoako Ramatlhodi, minister van minerale hulpbronne, is die nuwe minister van staatsdiens en administrasie. Hy vervang Collins Chabane wat in Maart in ʼn motorongeluk dood is. Die relatief onbekende Vrystaatse LP, Mosebenzi Zwane, sal Ramathlodi in dié portefeulje vervang.

Ramathlodi was aan die hoof van minerale hulpbronne tydens ʼn skerp daling in die Suid-Afrikaanse mynbedryf toe kommoditeitpryse gebuk gegaan het onder die vertraging van die Chinese ekonomie.

Zwane was die provinsiale LUR vir ekonomiese en kleinsakeontwikkeling, toerisme en omgewingsake.

© RDM News Wire

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Jacques ·

Amper word ek bly en hoop zoema tree af en spits hom verder toe op sy uitgebreide hoenderboerdery. Maar heellaas geen goeie nuus.

JAN BRITZ ·

Johan, die verrassing le daarin dat jy nooit weet way om volgende te verwag nie. Die Vrystater weet darem seker iets van melboerdery. Die kennis sal hom goed te pas kom. Melk bevat mos ook minerale!

Hein ·

Toe nou geen verassing nie: net nog ‘n kader deur ‘n terroriste organisasie aangestel…dit sou verassend gewees het as dit iemand van die DA of VF+ was!

Calvin ·

Waar is die verrassing???… Ek dog amper die ou skelm het homself uit geskuif…

Rynhardt ·

Zuma kan soveel ministers aanstel soos hy wil, dit gaan niks verander nie, want daar is geen vlak van bekwaamheid om op voort te bou nie! Eko omie was opsetlik vernietig.Anc regering kan dit nie meer regkry nie! Ek het in 2015n uiters waardevolle pamflet (was versprei voor die 1994verradelike verkiesing) gekoop op n veiling van Jaap Marais, voormalige leier van HNP.Daarin se hy die volgende:”Die 1994 verkiesing was lankal ontwerp en aangele met die doel om SA uit te lewer aan n kommunistiese regering! De Klerk vra die blanke om vir hul ondergang te stem!”Dit het blankes gedoen om sodoende selfmoord te pleeg.Kom ek gaan verder.Ek waarsku al vir jare (nog voordat ek Jaap Marais se pamflet bekom het),dat die DA is n tweede Anc wat help om Afrikaner te onderdruk, maar ons mense wil dit nie weet nie.In dieselfde pamflet se Marais die volgende:”Die liberaliste in die regeringsparty beoog…om aan die nieblankes parlementere mefeseggenskap oor die witman te gee…wat die witman gaandeweg al meer in die mag van die nieblanke sal stel, soos ander Afrika-gebiede.” Dit het Jaap Marais gese op 23Julie 1971.Vandag staan die einste blankes indiens van die luberale DA se Mmusi Maimane! Ek en Jaap Marais lees die SA geskiedenis perfek! Die DA-ondersteuners kan hul blou vlae swaai dathul blou word in die gesig, maar die liberale DA gaan nie vir die Afrikaner/Boervolk opstaan nie.Selfs die liberale media ondersteun die Anc asook die tweede Anc, die DA wat ons mense met mening ignoreer oor verskeie kwessies! Vandag in die Burger word uitgespel dat plaasaanvalle in Wes-Kaap toeneem en op Radio Helderberg is die volgende gese:Transformasie moet met mening uitgevoer word!” Jy sien die SAKP in die Anc maak sy stem dik nou.Al hierdie beleidsrigtings word nou deur die Anc se Vryheidsnanifes uitgevoer, waarvoor De Klwrk geonderhandel het.Vandag ondersteun die einste DA daardie Vryheidsmanifes.n Groot deel van ons bevolking vestaan nie die SA politiek nie en het ook geen visie nie.Sommige glo die NP regeer nog.Zuma kan sy kabinet skommel en verander soos hy wil, maar die SA politiek is dood en SA staar die donkerste tydperk van die geskiedenis in die gesig.Die blanke wil dit nie weet nie!

Johann Marx ·

Rynhardt, daar’s altyd “20/20 vision in hindsight”. Dis maklik om ‘n 1971 “voorspelling” van toepassing te maak op vandag se omstandighede. (die christene doen dit met ‘n boek vol voorspellings wat ongeveer 2000 jaar terug gemaak is). Ons WEET dit wat jy hier sê, want ons beleef dit. Ons maak kinders groot en gee hulle die kwalifikasies om uit hierdie plek uit te kom….want self kan ons nie meer nie. Haal diep asem….en maak jou volgende bydrae oor ‘n “oplossing” in plaas van “Ek en Jaap het julle mos gesê!!!!”

Rynhardt ·

Dit gaan daaroor om jou oe ooo te maak oor kwessies wat mense raak! Daai 200jaar oue boek was nog altyd in die kol met alkes, maar mense wil niks van dit hoor nie.Die oplossing is die Here en dat jou mense in opstabd kom en sy toekoms eis waaroo hy geregtig is, maar dit is meer belangriker om rugby op die “big screen” te gaan kyk en n paar biere weg te slaan!

Lisa ·

Wonder wat die 2 nou weer gedoen het (of nie gedoen het) vir die poste?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.