Verregses gevonnis vir hoogverraad

Keevy (links) en Prinsloo tydens 'n hofverskyning op 8 Januarie vanjaar. Foto: Sabrina Dean/SAPA

Martin Keevy (links) en Johan Prinsloo tydens ‘n hofverskyning op 8 Januarie 2013. Foto: Sabrina Dean/SAPA

Twee lede van ʼn verregse groep is Donderdag in die hooggeregshof gevonnis nadat hulle skuldig bevind is aan hoogverraad.

“Johan Prinsloo is tot agt jaar tronkstraf gevonnis vir sy deel aan die komplot om pres. Jacob Zuma en ander ANC-leiers tydens die party se Mangaung-konferensie te vermoor, en die besit van ammunisie,” het Nathi Mncube, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, gesê.

Prinsloo se medebeskuldigde, Mark Trollip, het verlede jaar skuldig gepleit op ʼn aanklag van sameswering en is ook agt jaar tronkstraf opgelê.

ʼn Derde beskuldigde, Martin Keevy, is onbevoeg verklaar om verhoor te word en die klagtes teen hom is teruggetrek.

Die mans was lede van die Federale Vryheidsparty (FVP) en hulle is in Desember 2012 in die Vrystaat in hegtenis geneem.

Alle aanklagte teen ʼn vierde verdagte, Hein Boonzaaier, wat in daardie stadium die leier van die FVP was, is teruggetrek weens ʼn gebrek aan getuienis, het Mncube gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Gerhard Bezuidenhout ·

En die boef McBride wat n bomplanter was stap skotvry rond .Wat is die verskil.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.