‘Versigtig optimisties oor reserviste vir plaasaanvalle’

Argieffoto: Lorraine Claasen

Die burgerregte-organisasie AfriForum het met blydskap kennis geneem van die SAPD se voorneme om reserviste in te span om misdaad in plattelandse en afgeleë gebiede te bestry.

Die organisasie beywer homself al die afgelope twee jaar om die SAPD te verplig om reserviste as bykomende mannekrag te gebruik. ’n Aansoek, gedryf deur AfriForum, is op 3 April 2019 teen verskeie rolspelers in die SAPD in die Pretoriase hooggeregshof aangehoor. ’n Bevel is teen die SAPD bekom om die geraakte reserviste vir die nodige opleiding te stuur sodat hierdie reserviste in die poel van bruikbare lede gevoeg kan word om misdaad te help bekamp.

Maroela Media het vroeër berig genl. Khehla John Sitole, nasionale polisiekommissaris, het gesê dié program sal deel vorm van uitkoms 7 van die SAPD se omdraaiplan wat handel oor plattelandse ontwikkeling. “Dié uitkoms is om veediefstal en plaasaanvalle teen te werk deur die inwerkingstelling van ʼn landelike veiligheidstrategie wat fokus op landelike veiligheid, infrastruktuur en ʼn landelike veiligheidsraamwerk,” het hy gesê.

Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid, het gesê die SAPD het tot dusver geweier of gesloer om reserviste op te lei en bestaande beamptes vir heropleiding te stuur. “Dít het daartoe gelei dat die reserviste nie in staat is om die SAPD na behore te ondersteun nie, aangesien hulle nie kragtens wetgewing bevoeg is om onder meer vuurwapens te hanteer nie.”

Volgens Cameron het die aantal polisiereserviste tussen 2010 en 2018 met 80% gedaal en ongeveer 60 000 lede het verlore gegaan vir diens aan die gemeenskap, weens die polisie se huiwering en versuim.

“Dit blyk of die SAPD moontlik gehoor gee aan AfriForum se pleidooie om van bestaande hulpbronne, waaronder die reserviste, gebruik te maak om sy misdaadbestrydingspogings te ondersteun,” het Cameron bygevoeg. “Dit is egter betreurenswaardig dat drastiese stappe deur die hof gedoen moes word om hierdie besef tuis te bring.”

Marnus Kamfer, AfriForum se regs-en-risikobestuurder vir gemeenskapsveiligheid, het gesê die organisasie word oorval met versoeke van geraakte reserviste en gemeenskapspolisiëringsforums reg oor die land om hul behulpsaam te wees met soortgelyke aansoeke. “Reserviste lewer dienste sonder om daarvoor vergoed te word. Al wat hierdie persone wil hê is om in staat gestel te word om ’n diens aan die gemeenskap te lewer.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Boerboel ·

Stap in regte rigting. Dankie reserviste vir julle eie tyd wat julle opoffer om te help om misdaad te bekamp. Wens hulle kon julle ook vergoeding gee. BAIE sterkte en hoop julle wen hierdie stryd.

Anel ·

Die polisie kan eers hulle permanentelede vuurwapenopleiding gee nie en daar is nie geld daarvoor nie. Hoe wil hulle reserviste oplei? Met wat se geld? Ons seun het 10 jaar gesukkel om polisieman te word. Nou is hy te oud. Reserviste wil in elke geval net in die polisiekar rondry en vir almal wys wat hy in sy vryetyd doen. Ons as permanente lede moes altyd die werk oor doen. Hulle wou ook nooit in die klagtekantoor werk nie. Dis ook die enigste werk waar iemand van ‘n gespesialeerde werk ‘n stokperdjie maak. Wys vir my ‘n stokperdjie veearts of dokter? As geld gespandeer kan word aan reserviste kan meer geld gebruik word om eerder nog permanente lede aan te stel. En geen blankes sal in elke geval gekeur word nie. Net soos met permanente lede.

Wurmpie ·

Wie gaan hierdie reserviste wees en tot waar gaan hul toegelaat om te gaan vir arrestasie?

Wielspore ·

Gaan sluit aan, dan hoef jy nie te wonder, stap in die regte rigting.

Werner ·

Dis nie so maklik om aan te sluit nie ek probeer al van 2008 af en elke keer word die reels verander om dit moeilike te maak en 99% wat nou aangestel is is swart seker nou nie polities korrek om dit te sê nie en dit terwyl ek n riservis was en baie opleidings kampe bygewoon het

Sarel Strydom ·

Jammer maar die belofte was al gemaak destyds toe die Kommandostelsel afgeskaf was.

Lou ·

Die staat moet hierdie mense betaal wat bereid is om hulle eie tyd op te offer en hulle lewens te waag om di Polisie se werk te help doen. Die staat betaal Zuma se pensioen en talle tradisionele leiers wat absoluut niks vir di land of enige burger doen nie. Regtig n skande. Die ANC behoort voor die wereldhof gedaag te word om verantwoording te doen vir hulle versuim om SA burgers se veiligheid te verseker

Elna ·

Lou ek stem absoluut 100% met jou saam. Die probleem is net die ANC voel niks vir niemand nie hulle stel net belang aan korupsie en hulle eie bankrekeninge wat nog te se om n reservis wat sy lewe en sy tyd opoffer n salaris te betaal? Daardie arme reservis gee sy heel beste om n permanente pos te beklee in die staatsdiens maar hulle word nooit raak gesien nie. Dis die reine waarheid.

marco polo ·

Sodra daar betaling is, gaan jy BEE en werkskepping kry. Wil jy daai mense laat rondloop op jou plaas?

Heksie ·

@Lou, as jy aansluit as ‘n reservis, doen jy dit vrywilliglik.
Geen betaling is betrokke nie en moet ook nie verwag word nie.
Dit slegs indien daar spesiale dienste (verkiesings ens.) verrig word dat daar vergoeding gekyk word.

Andreas ·

En oor hoeveel jaar gaan die projek strek voor hulle weer naastenby op halfsterkte is? ‘n Reservis is mos nie sommer net daar nie?

L ·

Laat ons maar eers duidelikheid kry oor wie hierdie reserviste gaan wees.

Heksie ·

@L Reserviste is gewonde lede van die publiek wat doen aansoek, onderhoude word gevoer, psygometriese toetse word gedoen en dan eers as jy gekeur is, gaan jy vir opleiding. Prakties en teoreties.
Reserviste dra dieselfde uniform en verrig dieselfde take as gewone polisielede.

Dafer ·

DIT GAAN NIE WERK NIE! DIT SAL SLEGS WERK AS DIE DEELNEMERS UIT EIE INISIATIEF DEELNEEM!!!!

jaco ·

Die SAPD word deur die ANC-regering beheer. Die ANC beplan onteiening sonder vergoeding. Iewers maak iets dus nie sin nie. Waarom die plase wat hulle wil afvat beskerm? Die aanvallers maak dan eintlik die latere onteiening makliker, want dan gee die boere om veiligheidsredes op om te boer.
OF is dit ‘n geval van “ons beskerm julle plase, sodat julle later uit dankbaarheid daarvoor eenvoudig die plase sonder vergoeding sal opgee”.

Pieter ·

Ek sal nie die reserviste vir ‘n halwe oomblik vertrou nie. Die anc stel hulle aan om die boere verder te intimideer en dalk nog te help met die plaasaanvalle.

Dries du Toit ·

Ek glo hulle sal betaal word. En as hulle betaal word sal dit werkskepping wees vir swartes. Oh hel hier kom nog n gemors

Heksie ·

@Dries du Toit, reserviste verleen hul dienste vrywilliglik. Daar is geen betaling betrokke nie.

dominee ·

Dus nie dalk net n maklike manier om die verantwoordelikheid van plaas veiligheid van die polisie na n ander identiteit te verskyf omdat hulle dit nie kan hanteer nie.
n Prioriteits misdaad word bekamp met reserviste,klink dit reg.

anton ·

As dit waar is wat Werner se, dan is dit klaar n groot gemors.
Watter swarte sal SONDER vergoeding, ”boere” se plase gaan beveilig???
En jaco, jy het dalk n punt beet daar. Iewers maak alles nie so lekker sin nie.

Judge Dredd ·

Ek wonder hoeveel kriminele gaan nou aansluit met die doel om opleiding in wapens te ontvang en inligting oor die plase in sy omgewing?

Eléne ·

Ek stem saam met Judge Drett. Hang regtig af wie gebruik wrd as reserviste!

Trojaanse Donkie ·

Volgens ons president bestaan daar nie so iets soos plaasmoorde nie!
Hoekom wil die kamstige polisie ook nou na al die jare betrokke raak in ‘n mite?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.