Verskeie kritiek ná trompop botsing

‘n Minibustaxi en motor het kop aan kop gebots (Foto: Verskaf)

Verskeie mense is ernstig beseer toe ʼn minibustaxi en ʼn motor Maandag in ʼn trompop botsing in die noorde van Durban betrokke was.

Volgens Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, het die ongeluk omstreeks 15:33 op die M27 tussen uMdloti en Waterloo plaasgevind.

“Verskeie mense het van matige tot ernstige beserings opgedoen. Twee was in ʼn kritieke toestand,” bevestig Herbst.

Hidrouliese toerusting moes gebruik word om van die insittendes uit die voertuie te bevry (Foto: Verskaf)

“Paramedici het die twee kritiek beseerde pasiënte op die toneel behandel voordat hulle per helikopter na ʼn gespesialiseerde eenheid gehaas is. Die oorblywende pasiënte is op die toneel behandel en daarna per ambulans na plaaslike hospitale geneem.”

Ethekwini se brand-en-reddingsdienste moes hidrouliese gereedskap gebruik om van die insittendes wat in die voertuie vasgesit het te bevry.

Die omstandighede rakende die ongeluk word ondersoek.

Netcare 911 se paramedici is omstreeks 15:33 na die toneel ontbied (Foto: Verskaf)

Verskeie mense is in die ongeluk beseer (Foto: Verskaf)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

11 Kommentare

jongste oudste gewildste
Harley Davidson

Afgespring of af gegooi?, die PE mense neem sommer reg in eie hande.

Miskruier

Alweer n soliede streep en dit in n draai……

Kobus

Spoed spoed en ai die lyne hulle moet ophou om lisensie aan blinde persone uit te ryk want daar is n groep wat skool gegaan het nou kan hulle nie lees nie

Dup

Minibus……minibus……minibus……hulle het SA se paaie oorgeneem en saai oral verwoesting.

Heinrich

Hier in Fourways jaag die minibussies almal in die teenoorgestelde verkeer se baan in; wanneer jy terloops op ‘n dag die verkeerspolisie sien check hulle kamtig mense se lisensies straat af terwyl lewensgevaarlike vergrype ‘n paar honderd meter verder gebeur. Niemand het die ruggraat om die taxibedryf aan te vat oor hulle wetteloosheid nie; hulle gaan nog tot baie mense se dood lei.