‘Verskeie mense’ geïmpliseer in Moerane-kommissie se verslag

Kommissarisse Vasu Gounden, voorsitter Marumo Moerane (SC) en prof Cheryl Potgieter van die Moerane-kommissie (Foto: ANA)

Die KwaZulu-Natalse wetgewer het gesê die verwagte Moerane-kommissie se verslag oor politieke moorde is Vrydag ingedien tydens ʼn geslote sessie, weens “ernstige bewerings teen ʼn verskeie mense”.

Die verslag is by die portefeuljekomitee van die premier en die koninklike huishouding en gemeenskapsveiligheid ingedien. Bheki Ntuli, voorsitter van die komitee oor gemeenskapsveiligheid en samewerking, was ook die voorsitter van dié vergadering.

“Terwyl die KZN-wetgewer begrip het dat daar ʼn groot openbare belang is in die inhoud van die verslag, moes die vergadering geslote bly, omdat daar ernstige bewerings is teen verskeie persone wat moontlik vervolg kan word, maar nog nie ʼn geleentheid gehad het om op hierdie bewerings te reageer nie,” het Wonder Hlongwa, woordvoerder vir die wetgewer, gesê.

“Op grond van regsadvies het albei komitees besluit om die verslag in ʼn geslote vergadering ter tafel te lê, om seker te maak dat enige regsprosesse nie benadeel word nie.”

Hy het gesê sodra albei komitees hul insette gelewer het, sal die verslag aan die premier oorhandig word, wat dan die insette sal oorweeg en die verslag sal daarna publiek gemaak word.

“Die KZN-wetgewer voldoen aan die deursigtigheidsbepaling in die Grondwet, maar kan nie roekeloos wees en ʼn situasie, wat reeds vlambaar is, vererger deur die inhoud van die verslag openbaar te maak nie; dit kan moontlik tot vergelding en regstappe teen die instansie lei,” het Hlongwa bygevoeg.

Die Moerane-kommissie is teen die einde van 2016 deur die provinsiale premier Willies Mchunu aangestel om onderliggende oorsake van politieke geweld sedert 2011 in die provinsie te ondersoek, wat tot dusver tot minstens 100 persone se dood gelei het.

Die kommissie het oor ʼn jaar meer as 60 getuies aangehoor.

Die bevindings is in Junie aan die premier oorhandig, te midde van spekulasie dat die verslag nie publiek gemaak sou word nie weens verdoemende bewerings teen politici, spesifiek ANC-lede en hul gevegte oor hulpbronne.

Thami Ngidi, woordvoerder vir premier Mchunu, het Dinsdag aan die African News Agency gesê die premier “is verplig om die verslag vry te stel”. “Sodra die wetgewer die verslag verwerk het, sal hulle hul mening vir ons gee en dit aan die premier terugstuur. Hy moet ook hulle insette in berekening bring en sal daarna die verslag vrystel.”

Oor kommer wat verskeie getuies uitgespreek het wat voor die kommissie getuig het, dat die verslag “skoongemaak sal word” voor dit openbaar gemaak word, het Ngidi gesê daar is slegs een weergawe van die verslag en dit is die weergawe wat vrygestel sal word.

Verskeie van die getuies is toegang verbied tot die transkripsies van hul eie getuienis voor die kommissie.

“Daar is geen bedoeling om die verslag af te water nie. Ek dink die kommissarisse sou self nie tevrede wees as dít sou gebeur nie,” het hy bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Gatvol ·

Gaan ons ooit die waarheid hoor? Die kaders beskerm mekaar so dat dit heeltemal onwaarskynlik is.
Kom ons kyk wat gebeur.

Andé ·

KONSENTREER of EMIGREER!
Koop al die eiendomme rondom Afrikaanse skole en kerke. Rig ‘n veiligheidsheining op en pas toegansgbeheer toe. Raak selfvoorsienend t.o.v. water en elektrisiteit. Dryf handel en produseer voedsel binne die veiligheidswoonbuurt. Gee opleiding aan alle inwoners in selfbeveiliging.

Bg is wat Israel gedoen het
… en dit word kibboetse genoem.

Later kan naby liggende “kibboetse” saamsmelt en sodoende selfregerende “kantons” skep.

Doen dit net!

Andrea van Vuren ·

Briljante voorstel André! My ooelede man het altyd gesê as die kwik styg dan moet dit weer daal. Ons is nou in die gevaarzone!

Piet ·

KONSENTREER of EMIGREER!
Koop al die eiendomme rondom Afrikaanse skole en kerke. Rig ‘n veiligheidsheining op en pas toegansgbeheer toe. Raak selfvoorsienend t.o.v. water en elektrisiteit. Dryf handel en produseer voedsel binne die veiligheidswoonbuurt. Gee opleiding aan alle inwoners in selfbeveiliging.

Bg is wat Israel gedoen het
… en dit word kibboetse genoem.

Later kan naby liggende “kibboetse” saamsmelt en sodoende selfregerende “kantons” skep.

Doen dit net!

Jaco ·

Nnatuurlik gaan daardie verslag gesaneer word om die skuldiges te beskerm.

Wie het dan nou anders daaroor gedink?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.