Verskeie mense glo oor Swart Maandag-optogte vervolg

‘n Swart Maandag-optog in die Wes-Kaap. Foto: Twitter

Verskeie mense word glo deur die polisie strafregtelik vervolg in verband met die Swart Maandag-optogte wat Maandag reg oor die land gehou is.

Ian Cameron, hoof van gemeenskapsveiligheid by AfriForum, het aan Maroela Media gesê die organisasie is in kennis gestel van verskeie mense, onder meer in Vryheid, Pongola en Winterton in KwaZulu-Natal; Polokwane en Bela-Bela in Limpopo; en Bethlehem in die Vrystaat, wat gevra is om by die plaaslike polisiestasies aan te meld.

Maroela Media verneem Pieter Wagner, ʼn eiendomsagent van Bela-Bela, is gevra om Woensdagoggend by die polisiestasie in dié dorp aan te meld. Wagner word glo daarvan beskuldig dat hy twee onwettige byeenkomste, een op die N11 en die ander voor die Spar-winkel in die dorp, op Swart Maandag gereël het.

Cameron sê Wagner het wel saam met sy regsverteenwoordiger by die polisiestasie aangemeld. Hy is glo nie amptelik in hegtenis geneem nie, maar op ʼn waarskuwing vrygelaat en moet Donderdag in die hof verskyn.

Brig. Motlafela Mojapelo, woordvoerder van die polisie, kon nie onmiddellik die aanklag bevestig nie en Maroela Media wag op meer inligting.

Volgens Cameron is dit nog nie duidelik of van die ander mense amptelik aangekla is in verband met die Swart Maandag-byeenkomste nie. “Ons wag nog vir inligting uit die onderskeie dorpe. AfriForum het in elk geval reeds aangedui dat ons hierdie mense met regsverteenwoordiging sal bystaan,” het hy gesê.

‘n Swart Maandag-optog in Pretoria. Foto: Twitter

Maroela Media het vroeër berig drie mans is Maandagoggend op die N1 naby die Botha-afrit in Centurion in hegtenis geneem omdat hulle ʼn hindernis op ʼn nasionale pad veroorsaak het. Die mans was glo deel van die voorpunt van die Swart Maandag-optog wat deur 15 motors begin is. Die mans is na ʼn polisiestasie geneem en later met ʼn boete vrygelaat.

“Die polisie is nou besig met politiekery en hul skending van mense se burgerregte getuig van hul onvermoë om misdaad en veral plaasmoorde hok te slaan. Die polisie probeer die fokus vanaf die slagting van boere in Suid-Afrika met politieke aksies verskuif,” het Cameron gesê.

“Dit is erg genoeg dat polisieminister Fikile Mbalula nuus oor [Swart Maandag] fabriseer en versprei. Dié heksejag bewys juis die politisering van die polisie in die land.”

Hy het gesê genl.maj. JJ Tsotsesti het ook in ’n foonoproep vir Ernst Roets, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum, op Swart Maandag met optrede gedreig. Dié generaal kon egter geensins aandui wat die aanklagte sou wees nie.

“Ons moedig lede van die publiek aan om ons te kontak indien daar onregmatig teen hulle opgetree word,” het Cameron gesê.

AfriForum, TLU SA en die Solidariteit Beweging sal weer op 25 November ʼn optog teen plaasmoorde na die Uniegebou in Pretoria hou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

44 Kommentare

JC Nel ·

Ek van Windhoek, verstaan nou nie lekker nie. Klink my jy moet permit / toestemming kry vir massa optrede – seker reg.
MAAR wat ek nie verstaan nie het al daardie studente laas jaar toestemming gehad om so vandalisties op te tree?
Is hulle ook vervolg? Is hulle vir die skades aanspreeklik gehou?
Ek glo darem so………

Antjie ·

Dit het by UFS derduisende rande se interdikte gekos om die SAPD te “bemagtig” om ontwrigting van ander se eksamens en eiendomsbeskadiging te voorkom. Vir seker ‘n baie sterk punt om vooroordeel te bewys, maar maak nie onregmatige optrede op snelweë wettig nie, ongelukkig. Die SAPS is veronderstel om diskresie toe te pas op ‘n regverdige manier. Kaapstad s’n vanaf Klapmuts is die voorbeeld hoe dit gedoen behoort te word.

Trots Afrikaans ·

Ek van Okahandja verstaan ook nie, maar ek ondersteun julle…..

Mielie ·

Dis baie duidelik dat Black Monday suksesvol was regoor die land en het ook in ander lande aandag gekry! Die feit dat dit beskaafd afgeloop het ontstel natuurlik die nar en sy helpers. Hulle kan nie misdaad bekamp nie en nou target hulle die “doring in hul vlees”. Daar is duidelik n aanval op blankes om ons stil te kry. Volgens die grondwet het almal in die land regte maar ons word onderdruk, geintimideer en openlik onregverdig behandel. Vir minister van narre kan ek net sê leë blikke maak die grootste lawaai.

Thinus ·

Aller Boere en wit Suid Afrikaners wat kan liqideer alles wat jy besit die kant, verhuis en laat die land val waar hy wil. Hier is nie plek vir ons nie al betaal ons vir amper alles. Ons opsies na die maandag is duidelik: bly still of word gearesteer, gaan dood, of verhuis.

Cherokee ·

Ek stem met jou saam Thinus. Miskien moet al ons wittes Woensdagoggend by die lughawe ontmoet en die pad vat. Soos jy sê, laat die land val waar dit wil. Dit behoort nie aan ons nie en ons hoort nie in swartland nie.

Trots Afrikaans ·

Die Boere moet staak. Kan die res van ons hulle nie befonds om te staak nie. Stig ‘n boere ko-op. Ons koop dan alle produkte by die boere en stel dit slegs aan lede beskikbaar. Nie lede kan dit teen dubbel prys aankoop. Ons gebruik dan die geld om veiligheid te befonds.

Irene ·

Kan die mense nie op hou met die gemors nie mag ons wittes nie opstaan nie wat as due ander toi toi en afbreek wat doen hulle aan dit gooi net beskuldiging oor en weer rond skandelik dat hul nie reg kan aantree nie

Hou net op belasting betaal ·

Soos ‘n boodskap op sosiale media versprei dink ek dit is goed dat ons hulle moet slaan waar dit saak maak, ons PAYE belasting, en besigheids belasting in ‘n trust by Afriforum betaal ipv direk aan die staat, dan gaan die polisie nie geld he om agter die mense aan te jaag nie, en hulle gaan betoog want hulle kry nie salaris of geld nie, slaan hulle waar dit saak maak, en as hulle die dienste lewer soos wat hulle moet is die geld in die trust, en dan dan dus net oorbetaal word soos wat dit wettiglik moet. soos die person genome het behoort dit ‘n grotter impak te maak, en ek hoop van harte dat ons wel raakgesien kan word.

corne ·

Ek lees so deur als van die swart Maandag en kom tot die volgende gevolgtrekking.Wil vir my voorkom of seker mense wel tot die besef gekom het dat ons ook saam kan staan. Snaaks hoor niks van ander optogte wat so grootskaal vervolg wil word nie.

Cherokee ·

corne, jy probeer jouself oortuig. Dit help nie. Niemand sal jou glo nie. Soos Thinus ook sê, ons hoort nie hier nie.

Albatros ·

Nou maar Cherokee, pak dan jou tassie. Wat soek jy dan nog hier?

Spook ·

Cherokee, dit is normaal om so te voel, res van julle skaam julle, oms moet mekaar bystaan, moed gee, nie aanval nie. Ek is onseker wat gaan gebeur, verhuising is nie n opsie vir ons almal nie. Ons moet begin dink en slim optree.Ons het geen ander keuse as om mekaar by te staan nie. Ons moeg mekaar op tel, nie vertrap nie. wat ookal ons as n nasie doen moet ons saam doen, as n groep, as ons wil verhuis stel ek voor ons doen dit in n massa, as ons wil baklei dan jou ja dan doen ons dit saam. Maar sie ding voel ek is groter as net Suid Afrika. Ons moet ophou om mekaar af te kraak. Ek weet nie wat vir ons voorle nie, ek is onseker oor als in my lewe, die land het my sekuriteit onder my voete uit geruk, maar dat ons mekaar ondersteun waar ons kan.

RB ·

Corne, jy is heeltemal reg. Ons mag niemand wat deelgeneem het maandag nou op hul eie los as hul vervolg word nie!

Trots Afrikaans ·

Ek sal saam staan. Ek sal antwoord op jou roepstem. Ek sal offer wat jy vra. Ek sal lewe, ek sal sterwe …..

Johan. H. ·

Thinus ek is al so dik van mense wat se pak op en verhuis,, Dit is vir vreeslik baie mense nie moontlik nie, Die is My land en ons sal die probleme hier uitsorteer, Ek gaan nerens nie,,, Asjulle die nuus in die buiteland dop hou ,sien tog wat daar gebeur,,Ander lande sal nie vir jou se dis beter daar nie,Daar is n paar ja, Die wereld is nou oop elke landhet sy masiewe probleme,,, Toegegee, Maar hier ken ons die probleem.. Kyk wat se tereur tref ander lande,,Ek weet van heelwat mense wat dit nie daar maak nie, maar is te trots om dit te erken,,,

Ivan Pienaar ·

Ek stem, ek is hier gebore, het niks gesteel van Niemand nie. Om te sê Ons hoort nie hier is ‘n verdraaing van die waarheid.

B-man ·

Thinus en Cherokee… julle kan maar gaan. Hoop regtig julle sal aanhou om kommentaar te lewer vanuit die buiteland. Onthou om warmgoed in te pak en sê groete vir die Queen en Trump. Dubai is warmer, maar Zuma is dalk kort op jul hakke. Julle besittings aan hierdie kant sal veilig wees, want die EFF sal mooi daarna kyk.

Christo ·

DUBBELLE STANDAARDE :As n onwettige optog deur ANC of EFF gehou word met fandalisme en brande tyres op hoof wee is daar Niks te rep nie. Dan is dit OK . Maar as oormeerderheid blankes betoog sonder brandende bande of Skade veroorsaak is dit hel . As n blanke man n swart man slaan of in n kus druk is dit rassisties en is daar altyd n group betogers by die hof maar as n swart man n wit person ( Boer of nie) wreedaardig aanrand of vermoor is dit nie so erg nie en is daar geen betogings by die hof nie. As n blanke man n swart man in n kus forseer ( wat ek nie noodwendig goed keur nie) kry hy tot 14 jaar tronkstraf . As n swart man n Ander swart man met n mes steek kry hy miskien 5 jaar vir moord. Die probleem is by die Parliament en hulle aanstellings van koerupte maatjies . Die optog van #Swartmaandag most deur alle wet gehoorsame burgers gehou word on die korrupte land om te keer. Daar is van alle rasse wat moeg is vir die misdaad in die land . Nie net blankes nie . Die stryd moet gevoer word deur almal . Laastens Agri SA end Anderson wat uitvaar end beweerings maak dat die polisie nie hulle Werk kan doen nie en veralgemeen is onregverdig teenoor die van ons wat probeer. Julle veralgemening maak ook seer.

James ·

Hoekom moet dit ‘n multikulti ding wees? Jy gryp na reënboogwalms.

Christo ·

James ek hoor wat jy se . Die hele punt is dat almal gatvol is vir misdaad in die land . Ek werk met dit elke dag . Dit raak nie net ons wit mense nie . Daar is baaaie ander rasse wat net soos ons voel . Dit behoort n groter boodskap uit the dra in die land sowel as in die buite land . Dit is all hoekom ek dit voorstel

karen ·

ag en hier kom n paar sake vir die pitbull prokureur wat mos kans sien vir als. hy is after all nou al paar maande op die payroll en het nog net 2 sake “aangevat”. well hier is die kans om te werk vir daardie salaris !!!

Lindie ·

Laat ons boere al ons belasting, PAYE ens aan afriforum betaal sodat die fondse gebruik kan word om ons boere te beskerm. Binne n maand is die hele regering en sars in elk geval bankrot, dan moet hul maar vrek van honger. Dus in elk geval ons boere se besighede en ons belasting geld wat die land nog aan die gang hou.

JC ·

My mede geliefde Boere-Afrikaners, dis duidelik dat ons hier iets pragtigs uitgerig het. Die politiekery van die “SAPD” wys op die regering se onvolwasse en polities gemotiveerde optrede em motiewe, en dat HULLE HEELTEMAL onkant gevang is! Ek dink dis die begin van die einde vir hierdie ANC “regering’, veral indien hulle eers met hierdie gepoogde onderdukkiing en muilbandaksies begin.
Aan ieder en elkeen wat bygedra het om #SwartMaandag die sukses te maak wat dit is wil; ek uit my hart uit se; dankie! Skynbaar bestaan die woord “hippokrasie” nie in die swernote se woordeskat nie.
Hoera! Die optrede van die patete is miskien net die vonk in die kruitvat?
#PIETERWAGNER MY HELD!#ONS TOEKOMS EN SEKURITEIT IN ONS EIE HANDE, SOVEEL IS DUIDELIK!!

DewaldS ·

Hahaha – stem Ja vir Vrede, Voorspoed en Veilgheid. Wat “n groot grap en hoe onnosel was die mense nie?

In elk geval – hier kom groot akkies en die tyd vir lieg, lag en grootpraat is dalk net verby. Ons hou vir Afriforum en hulke tjomme in die media-bedryf met belangstelling dop…

DewaldS ·

Die regering is besig om ‘n verskriklike groot fout te maak. Moet nooit jou opponent onderbreek as hy ‘n ‘ own goal’ gaan ‘score’ nie – haha! Nou gaan ons nog eers protesteer. Vreedsaam en ordentlik. Want die wêreld gaan vir ons kyk.

Lynette Schultz ·

Ek dink die volgende protes moet nie die blokkering van paaie wees nie. Dit moet die weerhouing van produkte wees! Miskien sal hongerpyne die gewensde uitwerking hê!

Amber ·

Mielie, jy sè ‘suksesvol verloop’. Dieselfde dag is die Conradie boer se buurman ook aangeval.
Na my mening was Swart Maandag n sinnelose optrede.
Bly weg van Klapmuts, dis al jare lank die Sodom en Gamora.

Pretoria ·

Wie onthou die beleg van Pretoria in die vroeë 90’s? Dit moet weer gedoen word! Saam met die voertuie wat soveel meer is op die paaie, sal dit Swart Maandag soos n kinderkransdans laat lyk

Darius Els ·

Stem saam meeste kommentare,enkeles,miskien 1-2 is besimpeld.Wil maar net graag he u moet bly lees aan volgende:
1.Geskiedenis bewys 1 vrot vis na n politieke oorhandiging is JUREDISE mense dws wette word geskryf deur mense(genoemd regslui),wat hul agterstewe blink sit op universiteit maar geen ervaring het nie. Antw regslui behoort ALTYD onder toesig te wees.
2.Ek sal aanhou tot die dood,WAAR IS PIENK FRIKKIE NOU? Natuurlik met sy span meelopers.Almàl het 2de vroue en leef lekker.

Andre Badenhorst ·

Die intimidasiespeletjie het begin. Is ons reg daarvoor?

Ant ·

Die minister het geweet. Dis wyd berig. Die regering gaan moeilikheid soek deur die sake te probeer ryp druk…

m.d.r. ·

Met hierdie sg vervolging is die regime besig om die VF+ stelling oor ongelyke regsoptrede korrek te bewys—
Vervolg almal wat die regte van ander belemmer–Taxi optrede, studente moleste in die strate, Cosatu en diesulkes…
om die ANC se slagspreuk van die tagtigs te herhaal:
“charge one, charge all…”

RB ·

Ons moet mense wat vervolg word, oor maandag, 100% ondersteun! Ons kan dit nie toelaat nie! Kan mens dit oorvertel…protes oor moorde…die wat protesteer word vervolg…moorde gaan aan. NEE!

Frikkie ·

wat van direkte uitvoere? wat van verskaf nie aan die verspreiders die kos wat so hard aan en voor gewerk word nie? stoor dit erens tot die boodskap rerig oorkom? aag maar dan word daar seker weer net maniere gevind om jou te vervolg of te forseer om jou opbrengs oor te gee ens… Frikkie wonder maar net…

Gert ·

Dink daar moet onmiddellik weer ‘n betoog gehou, maar dan minder passief.

MPN ·

Hier in Brisbane het digby `n duisend ondersteuners opgedaag vir `n saamtrek.
Almal het hulle uitstekend gedra. Was baie trots op my mense.

Abie ·

Slaan die yster terwyl dit warm is. Kom ons maak Maandag weer so. Ek dink daar sal dan nog meer mense betrokke wees.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.