Verskeie munisipale grense dalk binnekort verskuif

(Grafika: Gordon Johnson/pixabay)

Die munisipale afbakeningsraad is besig om die skuif van verskeie munisipale grense in die land te oorweeg in ’n poging om sekere munisipaliteite te vergroot.

Dit sluit in die vergroting van die Mangaung‑ metropolitaanse munisipaliteit, die Rustenburg-munisipaliteit, die eThekwini‑ metropolitaanse munisipaliteit en die Buffalo City‑ metropolitaanse munisipaliteit se grense.

Die raad beplan ook om met die verskuiwing van munisipale grense twee nuwe metropolitaanse munisipaliteite in KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap te stig.

Die burgerregteorganisasie AfriForum is nie hiervoor te vinde nie en sê hy gaan dit beveg.

Petrus Coetzee, raadgewer vir plaaslikeregeringsake by AfriForum, sê die beoogde veranderinge gaan beteken dat Dealesville, DeWetsdorp, Soutpan en Tweespruit deel vorm van Mangaung, terwyl Rustenburg, Swartruggens, Koster en Derby deel van ’n nuwe munisipaliteit sal vorm.

“AfriForum is bekommerd oor hierdie proses wat die munisipale afbakeningsraad van stapel gestuur het, en sal in baie dele van die land die beplande veranderinge teen staan,” sê Coetzee.

Hy wys daarop dat al die bestaande metropolitaanse munisipaliteite se terreine van verantwoordelikheid merkwaardig sal vergroot indien die raad sy sin kry.

“Dit sal hierdie munisipaliteite se befondsing laat toeneem en vergrote geleenthede skep vir korrupte amptenare om geld onregmatig te bekom.”

Coetzee sê dat die oplossing vir Suid-Afrika se wanbestuur van munisipaliteite en die totale ineenstorting van dienslewering by ’n federale benadering lê, en nie by ’n sterker sentralistiese stelsel soos wat dié veranderinge sal meebring nie.

“Mangaung is ’n voorbeeld van ’n uiters oneffektiewe metro, waar inwoners reeds jare lank gebuk gaan onder haglike toestande as gevolg van swak dienslewering. Dit maak hoegenaamd nie sin om ’n munisipaliteit wat totaal en al gefaal het se verantwoordelikheid te vergroot nie.”

AfriForum is tans besig om kommentaar op te stel teen die vergroting van sekere munisipale gebiede in die land.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Amelia ·

Wil als net verander om meer geld te kry Kan ons nie tog net ons eie tuisland kry nie dat die wat dan nou als wil vernader daarvoor betal ook nie

Cherokee ·

Amelia, ek steek steeds vas by my stelling dat ek slegs ‘n tuislandopsie sal ondersteun as dit nie ‘n wit kolletjie omring deur swart, waar die doenehekke na willekeur gesluit kan word, sal wees nie, maar op die rand van die land, reg langs die see met opsie van ‘n hawe. Dan is een van die grense niemandsland. Dìt is ‘n opsie wat ek sal ondersteun.

Manie ·

Gegewe die politieke situasie, sal dit slegs in die Wes-Kaap kan gebeur.

Cherokee ·

Gegewe die (huidige) politieke situasie? Die ‘Wes-Kaap waar gangster die show run? Politieke situasies verander na willekeur.

Republikein in die Wes Kaap ·

Daar is orals gangsters. Maar dit kan vinnig uitgeroei word met ‘n doeltreffende polisiemag wat en politieke wil. Tans bestaan dit nie. Geen POWs.

Marthinus Johannes ·

Meer geld vir sekere munisipaleteite, maar sal eerder reken beter stem uitslae vir die ANC in daardie gebiede met die volgende verkiesing.

RS ·

Fout! Hul kan reeds nie die areas behartig soos dit is nie. Maak dit kleiner en gee meer beheer aan diegene wat daar woon om n beter verskil te maak!

Harley Davidson ·

Ek dink dit is die plan daaragter veral word dit gedoen voor munisipale verkiesings om meer verteenwoordigers te kry om hulle te steun teen die opposisie.

Errol ·

Dit is definitief hulle plan, dit sal hulle help om meer as 50% stemme te kry.

Johanna ·

Nog meer geld vir party Hou en oorsee Reis. Oos Kaap is die mees bangkrotste van almal. Raai hoekom?

Althes ·

Die ANC wil regtig nog die bietjie wat werk in hul maai in bestuur. Gelukkig sal hul arrogansie tot ñ end kom.

Cherokee ·

Althes, jy laat na om te sê wiè jy dink die septer gaan swaai nadat ‘hul arrogansie tot ‘n end kom’.
Die alternatief is nie noodwendig verkieslik nie. Inteendeel.

Harley Davidson ·

Die Wes Kaap moet afstig en ‘n onafhanklike land word as sa wil oorleef alternatief sal ons ongekende elende ervaar.

Clssf* ·

En wat van die res van ons wat nie in die Weskaap bly nie?

Cherokee ·

Korrek Harley, heeltemal reg. Soos jy sê, waarom nie die pragtige sub-tropiese Suidkus.

Republikein in die Wes Kaap ·

Die pragtige Suidkus word uitstekend beheer deur die ANC. Maar dié plek is ook kwesbaar en spoel weg wanneer dit swaar reën.

Republikein in die Wes Kaap ·

En wat van ons wat in die Wes Kaap bly?

PersHeks ·

Sodat die nuwe munisipaliteite ook oor 5 jaar bankkrot is….

JohanR ·

Die ANC besig met hulle truuks voor die 2024 verkiesing. Hulle dinl rerig die mense van SA is dom!

Cherokee ·

Ja JohanR, ek dink die mense van Suid Afrika is dom. Én ek dink dat dit ‘n sinvolle en skerp stelling is wat lui dat ‘n land verdien sy regering.

Republikein in die Wes Kaap ·

Die mense van SA is eerder te lui om te dink.

Sandra ·

Ek wil dit nie eens lees nie. Asof ons nie al genoeg het om mee te deal nie.

Sanet ·

Sorteer eerder die treurige munisipaliteite uit voor julle nou net weer gaan verder aanjaag!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.