Verskeie omstrede persone as komiteevoorsitters aangestel

Ace Magashule (Foto: Itumeleng English/ANA)

Verskeie omstrede persone is deur die ANC genomineer om portefeuljekomitees in die parlement te lei. Twee sleutelaanstellings is nog nie gedoen nie.

Die twee aanstellings wat vakant bly, is in die staande komitee oor openbare rekeninge (Skoor) en die gesamentlike staande komitee oor intelligensie, wat oorsig oor die land se geheime dienste moet uitoefen.

Die sekretaris-generaal van die ANC, Ace Magashule, het gesê die beginsel dat ’n opposisie-LP Skoor se voorsitter is, sal eerbiedig word, en daar word nog met verskeie opposisiepartye beraadslaag oor watter persoon daardie pos sal vul.

Wat die gesamentlike staande komitee oor intelligensie betref, het die ANC aanvanklik Bongiwe Mbingo-Gigaba se naam versprei, maar dit teruggetrek omdat die lede van die komitee se agtergrond eers deur die tersaaklike owerhede nagegaan word om te sien dat hulle nie sekerheidsrisko’s is nie.

Dr. Mathole Motshekga, ’n voormalige ANC-hoofsweep en Gautengse premier, sal die warm stoel inneem as voorsitter van die ad hoc-komitee oor die verandering van die Grondwet om onteiening sonder vergoeding moontlik te maak. Hy word gesien as minder simpatiek teenoor die georganiseerde landbou as sy voorganger, Thoko Didiza.

In die landbou-portefeuljekomitee is hoofman Mandla Mandela, kleinseun van oudpres. Nelson Mandela, ontplooi as voorsitter.

In die landbou-portefeuljekomitee is hoofman Mandla Mandela, kleinseun van oudpres. Nelson Mandela, ontplooi as voorsitter.

’n Baie omstrede aanstelling is die van adv. Bongani Bongo as voorsitter van die binnelandse sake-portefeuljekomitee. Bongo is tans gewikkel in ’n hofsaak oor bewerings dat hy die hoofaanklaer in die ondersoek na ongerymdhede by Eskom probeer omkoop het. Bongo ontken die aantygings.

’n Omstrede bekende figuur wat haar terugkeer na die kalklig maak as voorsitter van die portefeuljekomitee oor polisie, is die oudminister van energie, Tina Joemat-Pettersson, tydens wie se ampstyd die land se strategiese oliereserwes op veelbesproke wyse vir ’n appel en ’n ei verkoop is.

Die hoogs omstrede voormalige burgemeester van die Buffalo City-metro in Oos-Londen, Zukisa Faku, wat in haar ampstyd daar skuldig bevind is aan bedrog, lei die portefeuljekomitee oor basiese onderwys.

Die portefeuljekomitee oor gesondheid sal gelei word deur dr. Sibongiseni Dhlomo, voormalige LUR vir gesondheid in KwaZulu-Natal.

Diegene met ’n belangstelling in die funksionering van die strafregstelsel sal ’n sug van verligting slaak dat die portefeuljekomitee oor justisie nie, soos berig is, vir oudminister Faith Muthambi as voorsitter gaan hê nie, maar wel die prokureur Gratitude Magwanishe. Muthambi word wel ’n komiteevoorsitter, maar van samewerkende regering en tradisionele aangeleenthede.

Die uitdagende voorsitterstoel oor openbare ondernemings word ingeneem deur die waarnemende ANC-leier in Wes-Kaapland, Khaya Magaxa.

Judge President of the Western Cape High Court, Justice John Hlophe swearing in Deputy Minister of Public Enterprises Mr Gratitude Magwanishe at a ceremony held at Tuynhuis in Cape Town. President Jacob Zuma and Deputy President Kgalem Motlanthe including Minister Collins Chabane and Minister Thulasi Nxesi attendend the ceremony/

Die oudminister van minerale hulpbronne en voorste Zuma-kornuit tydens die staatskaping-era, Mosebenzi Zwane, is terug as voorsitter van die portefeuljekomitee oor vervoer. Nog erger nuus is dat die oudpremier van Noordwes, Supra Mahumapelo, sal optree as voorsitter van die portefeuljekomitee oor toerisme.

Goeie nuus is die aanstelling van Hope Papo as voorsitter van die portefeuljekomitee oor kommunikasie. Oudminister Joe Maswanganyi is die voorsitter van die portefeuljekomitee oor finansies.

Die redelik veelbesproke Mondli Gungubele word voorsitter van die portefeuljekomitee oor maatskaplike ontwikkeling, met die selfs meer omstrede Sfiso Buthelezi as voorsitter van die begrotingskomitee.

Die voorsitters van die Nasionale Vergadering is Cedric Frolick, Mandla Ntombela en Grace Boroto.

Magashule het ontken dat die aanstellings bloot faksiegevegte in die ANC verteenwoordig. Hy het gesê dis die beste mense vir die werk, en dat die enigste oponthoud aan hul aanstelling was dat dit met die ANC se koalisievennote, te wete die SAKP en Cosatu, opgeklaar moes word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Gert van Wierdapark ·

So word die vertonings in die groot voortgesit met ‘n sur-kusmeester wat narre gebruik om die leeus te probeer oplei, en sweefstok-artieste vir olifant-hanteerders! Die Kommi-tee voor-sitters se lyding gaan met fyn oe dop-gehou word!

Danie ·

Mag ons die nodige krag en genade ontvang ten einde goeie regering te verseker

Dries du Toit ·

Daar sit Zuma se kornuite weer stewig in die saal. Ons hoop vervaag daagliks

George in Bloem ·

Janee,soos verwag is daar weer meer as genoeg narre in die ANC sirkussie om mense te laat skatetlag met hulke manewales.Viva man viva!

Nico ·

En nog steeds het CR geen tande nie. Dus nog steeds beskerm die klomp diewe en knoeiers mekaar.

Ella ·

Ween Suid-Afrika.m week.
Kaderontplooing gaan nooit ophou. Daar is geen wil om dit te laat stop

Dirk ·

Die lig aan die einde van die tonnel wat Suid Afrikaners begin sien het, is so pas deur hierdie aanstellings geblus. Van hierdie mense moes al vir staatskaping vervolg gewees het, net soos Ace wie die aankondigings doen! Wanneer die wette van n land nie meer geld vir n sekere gedeelte van die bevolking nie, dan is ons net nog n tree nader aan anargie waar geen wette meer later sal geld nie! Dit is op hierdie manier en met hierdie aanstellings, net soos ook met die OB se aanstelling, dat verwarring geskep word en “paper trails” bewyse geignoreer, verdraai of vernietig word. SA se parlementere portefeulje komitee voorsitters gaan onder Ace se leiding die land in n rigting stuur waar misleiding aan die orde van die dag is met valse leuens wat as die waarheid voorgehou word. SA kan dit allermins bekostig om in hierdie rigting gestuur te word.

Pensioenaris ·

Lekker vet salarisse vir dieselfde kroeks. Kan net aanhou bid vir ons land.

Gert van Wierdapark ·

Joemat moes al lankal van ekonomiese sabotasie aangekla gewees het mbt die olie-reserwes wat sy feitlik “weggegee” het – wat n flippen skande!!!!!!!

John ·

Sjoe, as mens nie al iets ergs aangevang het nie, sit jy nie aan die tafel van die ANC-bevrydingsbende nie. Hulle moet ‘n erge houvas op Cyril hè wat maak dat hy alles so gelate aanvaar of hy is kop in een mus… of albei. Mòre is ‘n erge dag. Hou maar ‘n glasie met ietsie sterk naby die koffiekan want die prozac gaan nie die gemoed genoeg lig nie… Daai lig in die tonnel was toe ‘n trein…

Kobus ·

Wat ʼn verdomde skande sg. President! Hoe op dees aarde laat jy toe dat die Zumaniste jou so beheer? Ons het werklik begin glo jy gaan die land van hierdie duistere figure met hulle duister agenda’s nou aan die pen laat ry, maar steeds hou jy aan om die bedrieërs op ons hardwerkende belastingbetalers se geld in poste te sit ten nadeel van ons en die land! Maar ja, ons weet. Die cANCer eerste dan die land is mos julle motto. Skande, skande, skande!

Johann ·

Net ingeval iemand gedink het Zuma en sy selfvergrypende Zumaikies is in die bek geruk. ANC LEGACY van kernkorrupte onaantasbaarheid. Ter wille van die ZUPTA koningkryk…ten koste van n land!

Hans, ·

Al wat ek hieruit kan aflei is dat die ANC steeds nie gereed is om te regeer in n demokrasie nie en ook nie die beginsels daarvan verstaan nie. Hul word ingestem deur n bevolking wat nie kan onderskei tussen reg en verkeerd nie en dan glo hul dat dit beteken die land en sy hulpbronne is vir die termyn hul persoonlike eiendom om op te vreet.

Leon ·

Joemat Pietersen het seker haar mondjie gepruil en toe raak die manne se bene lam en toe kon Zuma sy mense indruk.

Willie ·

Ag ou CR, jy is so uit jou diepte uit, die ANC beheer jou, jy is maar net n pion, wat gouer as later ge-Ace gaan word!

Peet ·

Oorlede P G du Plessis het geskyf van die ” Fees van die Ongenooides”. Voorwaar daar was nog ‘n boek uitstaande – ” Fees van die Onbevoegdes”. Mens kan net jou kop skud in ongeloof!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.