Verskeie omstrede voorstelle in EFF-manifes

Foto: EFF

Met die slagspreuk “Ons grond en werkgeleenthede nou” gaan die EFF tydens vanjaar se verkiesing probeer om Suid-Afrikaanse kiesers se harte en kruisies stormenderhand te verower.

Die party se verkiesingsmanifes – gedoop die Klein Rooi Boekie, in waarskynlike navolging van die Viëtnamese sosialis genl. Vo Nguyen Giap se Klein Groen Boekie – loop oor van soortgelyke uitgesproke beleidsaanbiedinge vir die Suid-Afrikaanse kieser.

Benewens die opruiende hoofslagspreuk wat deur die partyleier, Julius Malema, uitgebasuin is voor ʼn gehoor van ongeveer 20 000 ondersteuners by die bekendstelling van die manifes Saterdag in Soshanguve, noord van Pretoria, was daar verskeie ander beleidsvoorstelle wat die oog gevang het.

Die belangrikste voorveronderstelling van die EFF-leierskap is dat hulle ʼn nuwe generasie verteenwoordig wat hom nie gebonde ag aan die grondwetlike ooreenkoms van 1994 nie, en wat dus die huidige grondwetlike bestel op sy kop wil draai.

Julius Malema. Foto: EFF

Dit verskaf die raamwerk wat die EFF-manifes van alle ander partymanifeste in die Suid-Afrikaanse hoofstroompolitiek onderskei.

Sommige nuwe voorstelle van die EFF sluit in om die Nasionale Vervolgingsgesag tot ʼn artikel 9-instelling te verklaar sodat die parlement eerder as die president die leierskap van die organisasie aanstel.

In ʼn sterk aanduiding dat die EFF binnekort vervolging van sy leiersfigure verwag, het Malema te velde getrek teen die nuut aangestelde nasionale direkteur van openbare vervolgings, adv. Shamila Batohi. Malema se stellings in hierdie verband is reeds deur die ANC veroordeel.

Foto: EFF

Voorts is daar van die EFF se kant ʼn voorstel om die stemreg-drempelouderdom te verlaag van 18 na 16 jaar. Die voorstel is meer as 25 jaar gelede ook deur oudpres. Nelson Mandela gemaak en wyd verwerp.

Die EFF wil provinsiale regerings afskaf sodat Suid-Afrika slegs uit twee regeringsvlakke sal bestaan, naamlik nasionale en plaaslike regering.

Die grootste deel van die Klein Rooi Boekie word gewy aan ekonomiese beleid. Soos in sy program van beginsels onderskryf die EFF opnuut die sosialistiese beginsel dat staatsbeheerde industrialisering die kern van ekonomiese ontwikkeling moet vorm.

Foto: EFF

Dieselfde geloof in die effektiwiteit van die Suid-Afrikaanse staat straal – ten spyte van die staatsdiens en staatsbeheerde maatskappye se vertonings – uit die EFF se aandrang op ʼn staatsbank, ʼn staatsmaatskappy wat farmaseutiese middels moet vervaardig, ʼn staatsmaatskappy wat beton moet vervaardig, die nasionalisering van die Reserwebank, nasionalisering van grond, met spesifieke fokus op wildplase, nasionalisering van padkonstruksie, en die nasionalisering van die konstruksie van behuising.

Die EFF is Suid-Afrika se derde grootste politieke party, wat in 2014 6% van die stemme gekry het en in 2016 sowat 8% steun getrek het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

legens ·

EFF leier kry 20 k mense in `n stadion ……..meer as wat die FF+ by die stemlokale gaan behaal .

Chris Ws ·

Nou gaan stem vir die EFF legens!Die VF+ het NIE jou stem of “ondersteuning” nodig nie.

Wat wou... ·

Sprekende voorbeeld van BS baffles….in die geval 20 000 op n slag want almal is honger vir beloftes en mooi praatjies totdat daar werklik gegee moet word……round and round we go, 1994 all over again!

Andrew ·

Die FF+ gaan ook nie pakkies by die stemlokale uitdeel nie.

CW ·

Kyk die werklikheid in die oe my mens. Dis vir n gillende gek maklik om soveel van hulle bymekaar te kry. Maar stem jy maar vir die da , as jy oud genoeg is het jy seker ja gestem ook vir die gemors wat aangerig is. Weet net dat VF+ duisendmaal meer vir minderhede in die land doen as die da. Hopelik raak jy eendag volwasse en stem dan ook VF+

I rest my case ·

Dit is regtig ‘n baie dwars trekkerige party. Alles wil hulle “verniet” hê, alles kom hulle toe, want hulle kry hulself so jammer dis om van siek te raak. Soek eerder werk en doen iets nuttigs met jul tyd. Klink soos ‘n plaat wat heeltyd vashaak.

Dries du Toit ·

Legens as dit so gaan wees sal dit tragies wees of sal jy baie bly wees

jaco ·

darem 1 ligpunt: hulle is BAIE krities op die ANC. Solank die 2 partye kwaad is vir mekaar is daar nog so bietjie “leefruimte” vir ander minderhede in SA

Joe Olivier ·

Jaco, het jy gesien hoe kwaad hulle vir mekaar was laas jaar toe hulle in parlement moes stem om grondwet te verander oor grondgrype? Hulle het saam ver meer as 2 derde meerderheid en het dieselfde einddoel. Dit is beslis iets om oor bekommerd te wees. Slegs die vf+ staan nog vir ons Afrikaner regte.

Johan ·

Iegens, dit is seker so, omdat daar mense is wat weier om te stem maar eerste op die bandwagon wil spring en skree as dinge nie reg loop nie. Dit sal beter wees as mense egter hulle stem vir iemand uitbring wat wel iets vir ons wil doen en dan ‘n sterker basis het om dit uit te doen, as om die hele tyd vingers te wys terwyl jy self op die draad sit.

legens ·

Johan , stem volkome met jou saam . die land kort nie toetsbordstryders of braaivleisvuurtjie politikuste nie . die mense moet stem ,ookal is dit vir die VF+

Sanet ·

Aggge…nee WÁT!!!???
Stel nou regtig nié in dié spul NARRE belang nie

Jongboer ·

Ek het so n gevoel dat Zuma by die eff gaan aansluit voor die verkiesing.. 9 lang jare was teveel Vir hom. Eff mag dan dalk nog DA verby vat

Dries du Toit ·

Omstrede voorstelle is n sagte manier om te sê vernietigende, haat gemotiveerde voorstelle

Wilma ·

Die valse beloftes van n kommunis. Beplan maar net vir sy eie bankrek. Boom

Jannie ·

Wonder waarom kom die woordjie “drone” onwillekeutig by my op toe ek die foto sien!!!

PJC ·

Die klomp woon dit by omdat hulle gewoond is daar word kospakkies uitgedeel. Sommiges gebruik dit om uiting te gee aan hulle haat vir die wittes.

Francois ·

EFF is n dekmantel vir die ANC om skadebeheer toe te pas. EFF bied tuiste aan radikale buite die ANC. Indien EFF nie die funksie in die ANC kan vervul nie sou radikale na partye soos BLF beweeg. ANC het stategies opgetree deur liewer in kwalisie te regeer met die” better the devil you know “. ANC begeer om baie van die Klein rooi boekie te implimenteer, maar kan NIE die prys by die stembus bekostig NIE. In kwalisie kan hulle. Onthou die komministiese strategie van stadig gewoontmaak aan n idilogie.

Realis ·

Jan-Jan – Die klein rooi boekie is maar net ‘n herdruk van Mao Tse-tung se “Little Red Book”. Dis soos ‘n handboek vir kommunisme. Is in 1964 die eerste keer gedruk en was verpligte leesstof vir almal. Juju het nie die vermoeë om met sulke idees op te kom nie. Hy en sy trawante probeer baie hard om guns by regte kommuniste te wen. As jy gaan kyk na die ANC se idees is dit presies dieselfde. Hulle verwoord dit net anders.

Chris Ws ·

Ek voorsien dat die EFF BAIE anc stemme gaan afvat met die’ verkiesing.Soveel so dat hulle die DA gaan onttroon as die amptlike Opposisie.Wag en kyk!Hier kom sports!
DAN kan ons kyk met hoeveel groei die VF+ – hulle GAAN groei ongeag die paar doemprofete op straat wat hier hulle monde kom uitspoel.Nie alle blankes en blanke Afrikaners is onnosel nie!Dis immers die ENIGSTE party wat die blanke Afrikaner se belange werklik op die hart dra EN wat ‘n blanke Afrikaner as leier het.Maar as jy skille op jou oe het . . . . . . .

jakes ·

Ou Julius leef in n droomwereld en sy uitsprake en verwagting dat hy eendag SA sal regeer is meer as lagwekkend. Waar gaan die geld vandaan kom as net 12% van die bevolking belasting betaal en sodoende die ander 88% onderhou? Limpopo is vrot van onwettige buitelanders wat daar of wegkruip of daar plak. Hoekom het Julius nie vir elk van die 20000 toeskouers elkeen n rooi overall gegee met n rooi pet nie?

Mary ·

Afrikaners ( ongeag kleur) sal ‘n keuse moet maak en stem vir VF+ (FF+) sodat hulle werklik vir ons tot aksie kan oorgaan. Help almal sê: Hulle het ‘n punt beet, maar is te klein om iets te vermag, so ek stem liewer vir …..
Ons het mos nou al almal gehoor tot die DA leier maak uitsprake wat nie vir ons as Afrikaners iets goed kan inhou nie.

carel ·

My twee oudste kinders het uiteindelik geregistreer. VF+ kry hierdie jaar 4 stemme meer. Die DA, twee minder.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.