Verskeie optogte teen Zuma vandag gehou

Die Demokratiese Alliansie se March for Change-optog

Verskeie organisasies, politieke partye en ondersteuners gaan na verwagting aan verskeie optogte landswyd deelneem om aan te dring dat pres. Jacob Zuma uit sy amp bedank.

In Pretoria is die polisie op hoë gereedheid in die middestad en is beamptes reeds by die Uniegebou ontplooi.

Dit volg nadat die Tshwane-metro die betoging in die stad aanvanklik geweier het aangesien die organiseerders glo nie aan al die voorwaardes voldoen het nie. Die drukgroep Save South Africa het ter elfde uur die hooggeregshof genader en ʼn hofbevel bekom om die verbod om te keer.

Solly Msimanga, Pretoria se burgemeester, het egter ná die uitspraak laataand in ʼn verklaring gesê die Tshwane-metro ondersteun die massa protesaksie teen staatskaping en korrupsie.

“Ek as burgemeester verwelkom die besluit van die hof om die verkeerde besluit van die metro [om die optog onwettig te verklaar] om te keer. Die optog het nog altyd die ondersteuning van die DA-beheerde administrasie van die stad gehad, so ook Suid-Afrikaners se grondwetlike reg om wettiglik te betoog.”

Msimanga het gesê die besluit om die betoging nie goed te keur nie was weens “ontevrede” wetstoepassingsbeamptes in die polisie en Tshwane-metropolisie “wat onbehoorlik verkies het om besluite te neem op grond van partypolitieke oorwegings van die ANC”.

Hy het die polisie en metropolisie gewaarsku om hul plig uit te voer en seker te maak dat die betogings nie ʼn gevaar vir deelnemers en omstanders inhou nie.

Khomotso Phahlane, die waarnemende nasionale polisiekommissaris, het tydens ʼn laataand perskonferensie in die stad gesê die polisie sal alle optogte as wettig hanteer.

Die optogte word gereël nadat Zuma se omstrede middernagtelike kabinetskommeling verlede week tot gevolg gehad het dat die kredietgraderingsagentskap Standard & Poor’s (S&P) Maandagaand Suid-Afrika se kredietgradering na rommelstatus afgradeer het. Verskeie organisasies, politieke partye, vakbonde en ander groepe, onder meer die SAKP, Cosatu en die ANC-veterane, het ʼn beroep op Zuma gedoen om te bedank.

Die regering het laataand ʼn persverklaring uitgereik waarin hy gesê het hy is bewus van die beplande optogte en dat dit vreedsaam moet geskied.

Hier is sommige van die verwagte protesaksies wat Vrydag 7 April gehou sal word:

Gauteng

  • Die DA se nasionale optog sal Vrydag om 10:00 by die Westgate-stasie, suid van die Johannesburgse sakesentrum, begin.
  • Die organisasie Save SA sal Vrydag om 12:00 van Kerkplein in Pretoria ʼn optog na die Uniegebou lei. Optoggangers word versoek om reeds teen 11:00 op Kerkplein bymekaar te kom.

Wes-Kaap

  • Belangstellendes wat by die optog wil aansluit wat deur die DA gereël word, kan Vrydagoggend by die Kaapstad-stadsaal in Darlingstraat in die sakesentrum bymekaar kom. Die optog begin om 11:30. Skakel 021 482 4300 vir meer inligting.

Vrystaat

  • ʼn Optog sal begin om 11:30 op die Hoffman-plein in Charlotte Maxeke-straat in Bloemfontein.
  • ʼn Optog wat ook deur die DA gereël word, sal om 10:00 by die munisipale kantoor in Statewaystraat 319, Welkom, begin.

KwaZulu-Natal

  • Die DA reël ʼn optog wat om 10:00 begin by die sirkusterrein op die hoek van Argylestraat en die M4 in Durban.
  • Die organisasie Save SA het aangedui hy reël ook ʼn optog in Durban wat Vrydag sal plaasvind. Besoek orgom meer hieroor uit te vind.

Mpumalanga

  • ʼn Optog in Mbombela (Nelspruit) begin Vrydag om 11:00 op die hoek van die R40 en Samora Machelweg.

Noordwes

  • Volgens die DA begin ʼn optog om 10:00 by die Klerksdorpse Ontspanningsklub. Optoggangers kan voor 10:00 by die klub agter Milner High School bymekaar kom.

Noord-Kaap

  • ʼn Optog word in Kimberley gehou. Dit begin om 09:30 by die Perseverance-kollege in Barkleyweg, Homestead.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

Jan maak n plan ·

En as julle nou daarin geslaag het om jz te fire, wat van sy maatjies en wat gaan dan met hom gebeur – net mooi niks nie wat die DA is heeltemal te slap…..

Sw ·

Https:\\noconfidence.co.za petisie teken.
Ek sien in Berlyn en in Londen is daar ook protesoptogte.
Die regering gaan nie besef ons is ernstig as ons nie ons stem laat hoor nie.

Reinhardt ·

Dit is ‘n stap in die regte rigting. Dit gaan vir seker nie ons probleme op los nie. Ek sien nie dat jy met enige oplossings vorendag kom nie.

Anoniem ·

Maak dan ‘n plan… Jan… wys ons wat kan jý doen. ;-)

Cherokee ·

Reinhardt, ek hoor wat jy vir Jan sê. Jy gee egter toe dat dit nie die problem gaan oplos nie en sê dat dit ‘n stap in die regte rigting is. Met dit alles is ek eens – ek stem daarmee saam. Het ook die petisie geteken om Zuma uit die stoel te kry.

Dit kan (en sal waarskynlik) probleme vererger want Zuma is die enigste een wat daarin slaag om die ANC manalleen stukkie vir stukkie af te breek. Deur Zuma het ondermeer die EFF weggebreek (waarskynlik Cope ook) en as hy afgedank word sal hulle heelwaarskynlik weer saamsmelt en dan elke verkiesing met meer as 2/3rde meerderheid wen en die grondwet buig en vou soos hulle wil. Hierdie is steeds net Afrika – miskien moet ons maar ander woonplek gaan soek.

Johanna ·

Jan maak ‘n plan-jou naam beteken niks-want jy is seker die eerste een wat se “iemand moet iets doen?”

apie ·

jy sal jou verbaas! dit was ongelooflik vandag – nasiebou soos nog nooit!

Loxton ·

Help nie om opgewonde te raak, jouself dood te loop om ‘n papiertjie te oorhandig wat hulle in die asblik gaan nie. Die President is demokratiese verkies, gaan stem reg om ‘n verskil te maak.

My tweesent bydrae ·

Vandag gaan Zuma seker n skare toespreek oor nuwe toilette . Die man is op planeet Venus en die res van die land op planeet Mars .

Anoniem ·

MissDemeanour, jy is vandag in ‘n verwoestende bui! :-) Ek stem, hoop hulle word ‘n slag goed gegooi met al die ekskrement wat uit hulle monde vloei!

John ·

Kan daar nie asseblief sterkers karakters na vore tree as die oppertunistiese DA-opperhoof nie. Hy ry net op die golf van die probleme en word regop gehou deur sy slim raadgewers… soos Zuma. Waar is die VF- ?

MissDemeanor ·

Miskien moet jy hul eerder bel. Die kanse is skraal dat al die sterk leiers nou besig is om die komentare hier te lees. As jy so saggies vra gaan niemand jou hoor nie.

Loeis ·

John, loer gerus na VF+ se Facebook blad – “VF Plus deel van optog na Uniegebou”.

Jy sal natuurlik nie hierdie in die hoofstroom media lees nie, maar die inligting op sosiale media.

Freddie ·

Ten minste wys die S A Ners dat hulle oor IETS saamstem en dit is positief.

Skim ·

NET so wonderlik soos dit vir my is dat mense oor kleurgrense heen vandag optogte gaan hou, het ek nogsteeds my reservering omtrent die uitslag daarvan. Dink enigeen dat Zuma gaan uittree agv die optogte? Dieselfde mense wat hom ‘n week gelede gekritiseer het staan nou bankvas agter hom, tot kerkleiers het hulle tune verander (gee die Keiser wat hom toekom). Onthou met Std 3 het jy nie die beste insig of enige sensitiwiteit tov enige aanslag op jou nie. Jy roep Umkhonto Sizwe nader om jou te beskerm, en sit heerlik vandag in die Jacuzzi en sing “kill the boer” terwyl die werkers vir jou drankies aandra. Vandag is niks anders as ‘n HOES teen ‘n baie sterk wind nie. EK ondersteun die optogte, maar ek twyfel of dit vir Zuma die dikvellige diktator gaan verander. Ek sien hom as die tweede Mugabe. ONgelukkig gaan daar bloed vloei vandag as die MK en EFF slaags raak, en ‘n paar wittes gaan ‘n paar bakstene teen die oor kry .. asdromme gaan omgekeer word, rubberkoeels gaan geskiet word, en vanaand slaap almal weer in hulle eie huise, ry met hulle eie karre en gaan na hulle eie werke toe …niks gaan verander tussen vandag en more nie.

Pierre ·

Skim, die verskil wat vandag gemaak word is om diegene wat te skrikkerig is om vandag se verrigtinge by te woon, moontlik die moed te gee om die volgende mars by te woon en sodoende net sterker en sterker te word. Vir hoe lank soek ons al die geleentheid om saam te staan as Suid-Afrikaners en om ons rasse verskille en watookal die redes is vir ons onvermoë om saam te staan, uit die weg te ruim en iets nuuts te probeer wat kan werk vir almal. Have some faith, Peace ✌

Dankie Pierre (van Skim) ·

Dankie Pierre, ek neem jou kommentaar ter harte, dit maak beslis vir my sin.

jaco ·

Ek smeek wit mense van SA: Bly weg van optogte af. Daars klaar berigte op news24 dat die ANC en Cosatu sê optoggangers teen Zuma is handlangers van wit en buitelandse geldmagte. Die beskuldiging en geweld then swart optoggangers gaan erg genoeg wees. Wit gesigte in die optogte gaan nog erger slagoffers wees.

Anoniem ·

En wie dink jy beheer die media huise? Die einste mense wat vals informasie in die media uitbeeld sodat almal geintimideerd voelen bang word en soos skapies in een rigting foeter. Huistoe. NEE, ek sal NIE tuis bly nie.

MissDemeanor ·

Nee man. Wit mense moet jyis gaan. Die swartmense wat baklei teen onreg wil sien dat witmense saam hul veg vir geregtigheid. Ons moet almal gaan. Ons kan nie sit en kla oor Zuma en dan verwag dat swart mense alleen teen hom betoog nie…

Ouvrou ·

John lyk dit of die VF iets sê of doen. Sit net in parlement en doen ook maar niks, nes almal hier wat boggerol doen, behalwe hulle vingers, wat kla en mor en woorde tik. Ek is oud maar ek gaan loop vandag. Dan voel ek ten minste beter oor myself. My kleinkinders kan eendag se ons ouma was oor die 70 en sy het gaan optog en gaan bid. Ek gaan na Angus in Bloemfontein ook. Wat doen julle jong mense???kerm en dis al.

Hendrik ·

Met n demokraties verkose regering is daar net een manier om van daardie regering ontslae te raak en dit is dmv die stembus.Alles anders is onwettig.

Johann ·

In my oë is dit ‘n mors van tyd, as Zuma sy eie party kan fnuik, hoeveel te meer die res van die Wêreld

Irene ·

Kry ruggraat SUID AFRIKA. Staan saam, groen, pink, wit en swart. Ons wil almal in n vreedsame land bly. Alles in die lewe begin klein. Vandag is n begin.

Ramkat ·

Zuma kan n gevaarlik entries mens word vandag.
Hy het.n tyd gelede die wens uit gespreek dat hy graag vir ses maande lank n DIKTATOR wil wees.
Hy/sy volgelinge wil verseker dat.dit.sal gebeur
Ek is erg bevrees daarvoor dat van sy volgelinge vandag se optogte sal wil keer deur gebruik te maak van DODELIK gevaarlik wapens, soortgelyk as toe die Inkhata party teen Luthuli huis opgetrek het, om dit te kan.bewerkstellig.

Anoniem ·

En soos vele ander diktators, sal hy ook val en sal sy hy en sy diktatorskap vergeete wees.

vermeende ·

Ouvrou ons is amper kallers van die selfde kraal.
Hoe het jy in 92 gestem, Ja of Nee?

Cherokee ·

Ouvrou, ek wag nogal saam met vermeende op jou antwoord.
En indien jy sou sê dat jy ja gestem het, sal ek ook graag (sonder enige verwyte) wou weet wat jou reaksie was op wat die HNP-mense voorspel het. Verras ons met ‘n antwoord.

CAV ·

Ek dink dat slegs n mediese wonderwerk sal kan help om van die man onslae te raak

Cherokee ·

Miskien nie, Pastoors. Lugversorging is weens kolonialisme. Dalk het hy bediendes wat hom met ‘n palmtak koel waai.

Boervrou ·

Bly weg van die optogte…dink ‘n bietjie…is dit nie beter vir die Wit Afrikaner volk dat die ANC in twee geskeur bly nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.