Verskeie paaie om Jhb en Pta versper in taxi-staking

Foto: Verskaf.

Talle motoriste is Donderdag weer geraak deur stakende taxibestuurders wat die snelweë in en om Pretoria en Johannesburg versper.

Volgens die jongste inligting beskikbaar is die N1 se Allendale-afrit en New Road-afritte gesluit.

Brakfontein en Buccleuch is ook gesluit en word geblokkeer deur taxi’s wat langs mekaar staan. Daspoort-tonnel, DF Malan, Soutpansbergweg, Visagiestraat asook Kerkstraat is glo ook gesluit.

Die R21, R55 asook die Ou Johannesburgpad is volgens Twitter-gebruikers gesluit.

Tot dusver blyk die optogte vreedsaam te wees.

Die Tshwane- en Johannesburg-metropolisie het Woensdag ʼn waarskuwing vir Gautengse motoriste en pendelaars uitgereik.

Dít volg nadat die taxi-organisasie Santaco kennis gegee het dat taxi-pendelaars alternatiewe vervoerreëlings moet tref vir Donderdag weens ʼn grootskaalse betoging teen, onder meer, die “hoë koste van minibustaxi-aankope”.

“Geen taxi’s gaan dienste lewer nie en pendelaars moet alternatiewe reëlings tref. Ons vra om verskoning vir enige ongerief wat hierdeur veroorsaak word,” het Ralph Jones, Santaco se woordvoerder, gesê.

Taxibestuurders gaan van vroegoggend uit verskeie rigtings in Gauteng na die kantoor van die South African Taxi Finance in Kerkstraat in Midrand beweeg waar hulle om 10:00 hul beswaar aan die direkteurs van die maatskappy gaan oorhandig.

Die Tshwane- en die Johannesburg-metropolisie het in ʼn verklaring gesê hulle is bewus van die beplande protesoptog.

Die Tshwane-metropolisie het gesê die betogings is nie goedgekeur nie en erge verkeerontwrigtings word tussen 04:00 en 08:00 in Pretoria verwag. Sr.supt. Isaac Mahamba, woordvoerder van die metropolisie, het gesê die hoofweë waar vertragings verwag word, is die Mabopane-snelweg, R21, N1 en N4.

Sr.supt. Wayne Minnaar, woordvoerder van die Johannesburgse metropolisie, het gesê vertragings word veral op die N3- en N1-snelweg in die rigting van Midrand verwag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

41 Kommentare

Giepie ·

Mens raak gatvol vir al die stakings en optogte hulle wilnalles verniet he mense wat belasting betaal word verontrief en ons belasting moet hulle dan weer susidieer vir goedkoper voertuie vat laaigrawe en stoot die………..uit die pad uit
Geen idee van volhoubaarheid en opbou nie,kan afbreek
.

Michael ·

Skande… skande n regering wat dit toelaat verdien n belasting boikot

Johannes van Staden ·

Raak gatvol dat die polisie net kyk en dat dit toegelaat word deur die regering …no work no pay …nou hoe moet mense wat reeds so sukkel net dit aanvaar en kyk terwyl belastinggelde so gemors word …dink dis REGTIG tyd vir n belasting boikot ook !

Mossie ·

Ek wil ok n anner kar hê maar dis te duur kan ek maar seblief die straat hier voor my huis toe maak seblief oom zuptapie

Johanna Botha ·

So pas ons vlug gemis . Dankue anc en polisie wat niks doen nie !

SoWhat ·

Ander mense het nie kos om te eet nie en jy worry oor ‘n vlug!

Chrisagie ·

Kom ons kyk bietjie hoekom het die quantum se prys met R200000 in 10jaar opgegaan. Die rand was redelik stewiger voor die Zupta bewind en nou in sy glory in. Dis nie SA Taxi se skuld nie dis die regering en sy korrupte kronies wat die skuld moet kry. Ek wonder wat is die verlies uit die ekonomie wat deur elke staking veroorsaak word?

Mens kan net jou kop skud oor die logika wat toegepas word met stakings.

Johann ·

Van wat ek bewus is, en ek het Maroela ‘n tydjie gelede, toe die eerste stakings in die OosKaap by die Toyota aanleg begin het, gevra of hulle dit kan verifieer. Ek het destyds vir ‘n Vers Mpy gewerk en dit het toe onder die aandag gekom dat die Quantum was toe ontwerp as paneelwa, dus was die onderstel nie geskik om die voertuig na Taxis toe om te skakel nie. Dit is tog gedoen sonder om die onderstel aan te pas, die sitplekke is toe op die vloer vasgeboud en daar moes gate in die bak gesny word vir vensters, wat die Taxi verder verswak het. Dit was dus lewensgevaarlik om passasiers in daardie voertuie te vervoer. Ek weet nie of die situasie intussen reggestel is en wat juis ook bygedra het tot die verhoging in pryse nie. Wat ek wel weet is dat die Quantum was daardie jare, sommer baie goedkopers as enige ander soortgelyke voertuig.

marlene ·

Hulle is gevaarlik en is sekerlik almal gewapen. Die polisie is bang vir hulle……
Ekt iewers gelees van ‘n skietery tussen hulle. Duisende mense sit gestrand orals – die land is regtig op sy einde. Dit het nie lank geneem om als af te breek nie.

Wallie ·

Waar is die dae wat die weermag hulle Caspers gebruik het om die paaie ooptemaak… dis omdat niks gebeur dat hulle dit Weer en weer doen. Soos n stout kind wat nie pak kry nie.

Jan ·

Wallie, die owerhede is bang vir die stout kinders, veral as hulle in hul massa betoog, ook kan dit net die land in vlamme laat opgaan as hulle te hardhandig optree en daardie mense nie ruimte gee nie. Die getalle is aan die betogers se kant.

Mariette Hammann ·

Aangesien die staking NIE goedgekeur is nie en hulle GEEN reg het om ander motoriste te verontrief nie, MOET die polisie met geweld, indien nodig, optree om die staking te beeïndig. Hulle is nou so bang om weer beskuldig te word van ‘n 2de Marikana, waar die mense ook gewapen was en glad nie onskuldig nie, dat hulle eerder niks doen nie en die res van die land se inwoners moet die spit afbyt. SKANDE!!!

Willemien Brits ·

Hulle moet met padskapers uit die pad gestoot word. Dit is sommer nonsense dat hulle altyd met als weg kom!!

Jurie ·

Die probleem is dat ons as Suid Afrikaners nie wil saam staan nie, betaal vir 3 maande nie belasting nie en dit sal die regering vorseer om drastiese besluite te neem tov die ZUPTA regering. Waar is die jare wat ons alles self vervaardig het en werk geskep het.

Anoniem ·

Jurie. Jy is reg. Maar, een ding wat ek nie verstaan nie, en hier kan jy en andere wat so redeneer, aan my verduidelik hoe jy vir 3 maande nie gaan belasting betaal nie. Jy werk, neem ek aan, vir iemand anders wat onder wetlike verpligting is om belasting van jou te vorder. Hoe gaan jy hierby verbykom? Ek lees graag julle reaksie.

Will i am ·

Ek wil ń Amarok hê maar kan nie daai prys betaal nie. Ek dink ek moet die snelweg toemaak tot ek een het

B-man ·

Hulle het darem al klaar mini-busse. Ons moet die ouens wat klaar groot duur voertuie het kry om vir ons armes laer pryse te betoog.

Cel ·

Ek hoop iemand met ‘n groot voertuig sal hulle net so effens uit die pad skuif. ..??

o ·

Hierdie gemors kos miljoene der miljoene in ‘n ekonomie wat alreeds op die grond is!! En die clown lag en dans nogsteeds onverpoosd voort.

Johan ·

Dis belaglik…..as dit onwettig is hoekom gryp polisie nie in en begin die voertuie wegsleep en neem die drywers inhegtenis nie……die beteken die polisie kan nie wet en orde handhaaf nie….ons moet daai polisie hoof knaap ….hof toe neem hy kan nie sy werk doen nie….

Kerneels... ·

Soos gewoontlik gaan daar nie opgetree word deur die metro nie terwyl die sogenaamde landswette verbreek word? En soos gewoontlik oor redes duister aan my gaan die kommentaar nie geplaas word nie!!! Gatvol

A ·

Ek is absoluut woedend!! Ek het al 5 uur vanoggend gery om van Centurion na Edenvale te gaan. Ek het werk en spertye en hulle dink net daaraan hoe om alles en almal te ontwrig.

Johann ·

Het jy nog nie agtergekom ons is in Afrika nie? Getalle, vriend, getalle regeer die land, niemand kom vandag by iets verby as dit nie die getalle se goedkeuring het nie.

Johan ·

Dit is sommer lafhartig . Besighede moet nou ook opstaan en sê : NO WORK NO SARS

Johanna Botha ·

En ons weet mos die taxis betaal niks belasting ..en dis hulle wat eendag nogal verniet medies kry en n lekker pension of n toelaag van die staat….Dis ook hulle wat baie ongelukke veroorsaak en die paaie vrot ry en self geen versekering het as hulle n botsing veroorsaak of iemand raakry nie …so betaal maar vir jou bussie dis die ekonomie en as jy nie van dit hou doen iets anders want dit is ook maar ons opsies …of stem reg want dis jou korrupte leiers wat alles gesteel het en SA nou op JUNK status het …so jou bussie gaan NOG duurder word of jy nou daarvan hou of nie …BETAAL !!!

Afrikaner ·

Ek hou van die mense se idee om belasting te boikot. Probleem is hoe? As jy iets koop betaal jy VAT. Jou werkgewer gaan ook nie eweskielik stop belasting aftrek nie, so alhoewel dit goeie plan is gaan dit nie prakties uitvoerbaar wees nie. Ons lewe in n wettelose samelewing waar mense se regte eerste geplaas word ipv mense se veiligheid. Ek is seker SA is die enigste land waar tronke luuks is en elke gevangene tot stem regte het. Ek stem saam alles word duurder – dalk moet iemand vir die knape verduidelik wat “Junk status” beteken. Alles word duurder en jou geld is minder werd as tien jaar gelede. So ja Taxi’s se bou kostes word ook duurder want hulle soek elke jaar belaglike verhogings of hulle strike!! So die probleem het hulle oor hulself gebring saam met hulle regering wat hulle gekies het. Net jammer ons wat onskuldig is aan al hierdie dinge, lei aan die einde van die dag!!

m ·

Hierdie mense maak soveel geld so waaroor moan hulle. Ek sal graag wil sien hoeveel van hulle betaal belasting op hierdie inkomste.

Lee ·

Wat se “MONOPOLY” is dit hierdie?
Hoekom word daar nie teen hulle “onwettige” stakings opgetree nie?
O ja.. die STERT swaai mos die HOND !!
Ek hoef gelukkig nie ‘n snelweg te gebruik nie – my pad was besaai met rose en hartsgeluk – GEEN ongeskikte, arrogante en roekelose taxi’s nie, en my bloedruk mooi onder beheer.
Ek moes wel net 3-4 km stap in Rosebank na my werk toe. – goeie oefenening so voor die langnaweek…LOL
Ek kry die arme pendelaars wat WIL werk en sukkel net baie jammer.

B-man ·

Silwer randjie…baie mense het nou ‘n lekker lang langnaweek.

Johannes van Staden ·

Kan iemand nie dalk n Trust rekening stig en dat mens soos jy moet jou belastinggeld daarin betaal en dit kan bewys aan SARS …en dat die staat dan vra vir die geld van die Trust en hulle deeglike bewyse moet gee waarvoor die gelde aangewend word en dat daar weer beheer kom …nie soos dit nou n ” free for all” gepunder is nie.

Thomas ·

Waaroor die paniek? Dis die NUWE SA! Maak vrede, dis die nuwe manier van doen…

Jan Publiek ·

Die wit mense moet begin om saam met die anderskleuriges taxi te ry!
Haal al die ander motors van die pad af – ondersteun die taxi’s meer en dan kan dr/prof Mooikloof / Waterkloof Rif jou nie uit die hoogte uitkyk met jou gewone ordinere voertuig nie.

Ashlee ·

Ek voel so jammer vir hierdie bestuurders. Geen inkomste vir hulle vandag nie. Hul gesin gaan slaap vanaand honger. Kan ons volkie dalk handevat en n geldelike bydrae gee. Enige bank rek nr dalk? Kom mense, kom ons help.

Anoniem ·

Ons word geforseer om verlof in te sit omdat ons nie by die werk kon kom nie… ek voel dis onregverdig want dis nie ons skuld nie.. ek moes terugdraai huistoe

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.