Verskeie parlementêre kopsere vir speaker Modise

Thandi Modise, speaker van die parlement. (Foto: Phando Jikelo/ANA)

Thandi Modise, speaker van die Nasionale Vergadering, het Donderdagoggend tydens ʼn virtuele vergadering van die parlement se programkomitee toegegee dat ʼn paar politieke partye se versoeke vir parlementêre debatte oor kwessies van openbare belang haar hoofbrekens besorg.

“Dit is goed en wel dat politieke partye hierdie kwessies op die agenda wil plaas, maar ons het ook ʼn  land om na om te sien,” het Modise aan die hoofswepe van politieke partye gesê.

Een van die versoeke is deur die EFF gerig, vir ʼn debat oor die #BlackLivesMatter-beweging, en ʼn ander deur die DA om die regering tot verantwoording te roep oor plaasmoorde.

Die EFF het ʼn versoek aan die voorsitter van die portefeuljekomitee oor samewerkende regering, Faith Muthambi, gerig dat die Stad Kaapstad ingeroep word om aan die portefeuljekomitee te verduidelik hoekom ʼn naakte man helder oordag uit sy plakkerswoning in Khayelitsha geruk en rondgestamp is – en dit tydens die grendelstaat.

ʼn Ewe belangrike maar minder omstrede versoek tot ʼn debat wat Modise oorweeg kom van die IVP, en gaan oor die stand van onderwys en die terugkeer van leerlinge na klaskamers te midde van die koronavirus-pandemie.

Die parlement is voorts op die punt om verhore na aanleiding van petisies deur inwoners van Letsitele (oor beeste wat in die dorp rondloop) en Knysna (oor beweerde wanbestuur) af te handel.

Volgende week sal die minister van gesondheid, dr. Zweli Mkhize, ʼn voorlegging aan die parlement doen oor die gesondheidsaspekte van die regering se hantering van die koronavirus, wat waarskynlik deur ʼn veelpartydebat oor die kwessie gevolg sal word.

Die uitgestelde winterreses van die parlement is vasgestel vir 3 tot 17 Augustus, hoewel vergaderings van portefeuljekomitees ook tydens die reses sal plaasvind.

Die volgende verskyning van adjunk-pres. David Mabuza vir mondelinge vrae en antwoorde in die Nasionale Vergadering is vasgestel vir 30 Julie, terwyl pres. Cyril Ramaphosa weer op 27 Augustus vrae in die Nasionale Vergadering sal beantwoord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

tweeling ·

Raak ontslae van die vrou sy is nie bevoeg om in die pos te sit nie

Fedup ·

You have a country to run?
We see it falling apart.
Take a compral.

Leon ·

Natuurlik sal plaasmoorde vir haar ‘n kopseer gee. Die ANC sê mos dit bestaan nie. So waar kom die DA dan aan iets wat nie bestaan nie.

Jdb ·

“Winterreses”? Waarom? Hulle het dan sooas ‘n lang Corona-reses gehad?

Genis ·

Miskien moet ons se #VBS Money Matter- ready for jail? Sy moet tronk toe vir diere mishandeling en sommer daar aftree

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.