Verskeie plaasaanvalle binne week in Hartbeespoort

Suid-Afrikaners maak stem dik tydens ‘n betoging teen plaasaanvalle. (Foto: Verskaf)

ʼn Bende mans met pangas terroriseer inwoners van Hartbeespoort, Noordwes, en ongeveer vyf plaasaanvalle is die afgelope week in dié gebied aangemeld. In een só ʼn voorval is ʼn ma en haar vier kinders verlede Dinsdag in hul huis aangehou en beroof.

“Sonja van der Merwe en haar kinders is erg getraumatiseer nadat rowers haar en haar kinders op ʼn plaas in die Broederstroom-omgewing aangehou het. Hulle is deur vier mans met pangas in ʼn slaapkamer aangehou terwyl die ander drie die huis omgekeer het vir waardevolle items,” sê Erna Rossouw, DA-raadslid in die omgewing.

Die groep aanvallers het met die gesin se motor op die vlug geslaan en is weg met verskeie items wat juwele, selfone en ʼn rekenaar insluit. Hulle het te voet gevlug nadat hulle met Van der Merwe se Kia Sportage in ʼn sloot naby die hek gery het.

Romano van der Spuy, voorsitter van die plaaslike gemeenskapspolisiëringsforum, het die voorval beaam en gesê afgesien van die feit dat Van der Merwe geringe beserings in die aanval opgedoen het, is sy en die kinders, almal tussen die ouderdom van drie en 19, erg getraumatiseer.

In nóg ʼn aanval Sondagaand is ʼn 60-jarige vrou op ʼn kleinhoewe naby Skeerpoort aangeval toe sy uit die huis na haar perde gestap het. “Die groep aanvallers het dieselfde modus operandi gevolg en is ook vort met kontant en die vrou se motor, waarmee hulle in ʼn boom vasgejaag het,” het Van der Spuy aan Maroela Media gesê. volgens die polisie het die slagoffer geringe beserings opgedoen.

Daar word vermoed dat die aanvallers ook verantwoordelik is vir drie ander aanvalle op boere en plaaswerkers in die omgewing die afgelope week. Volgens Van der Spuy is geen arrestasies tot dusver gemaak nie, maar die polisie is warm op die aanvallers se spoor. Kol. Adele Myburgh, woordvoerder van die polisie in Noordwes, het bevestig die polisie is bekommerd oor ‘n reeks aanvalle in die omgewing deur wat lyk soos ‘n gewapende bende. Sy het lede van die publiek gevra om speurder a.o. Petrus Makgopela by 082 523 6328 te kontak, indien hulle enige inligting oor dié aanvallers het.

Rossouw sê die polisiestasie in Hartbeespoort is hopeloos onderbeman en het ook ʼn tekort aan voertuie.

“In die lig van die regering se weiering om plaasaanvalle as ʼn prioriteitsmisdaad te klassifiseer, het die DA se woordvoerder oor landbou in die provinsiale wetgewer, Jacqueline Theologo, ʼn debat hieroor aangevra wat môre (1 September) gevoer gaan word,” het Rossouw gesê.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Sarel ·

Rhamaposa het nou al baie gepraat maar niks oor Misdaad soos Plaasmoorde of misdaad teen kinders nie

Stefan ·

Ons kan protesteer tot ons blou word, hierdie ding gaan nie stop onder die huidige regering.
Ons sal dit moet aanvaar en beter paraat wees alhoewel dit onsself in die tronk kan laat beland.

Kokerboom ·

Die ANC bereik hul doelwit deur gekondoneerde stille boewery wat lewe vir Blanke op plase en kleinhoewes onuithoudbaar wil maak. Uitsprake van afkeur deur politici is net oëverblindery

Misky ·

Die resultaat van 19 000 misdadigers vrylaat in n land met so hoë werkloosheid syfer…… Ramamparra en Lamola moet pa staan vir al die moord en misdaad. Daar was n rede hoekom daai duisende mense uit die samelewing verwyder is

Michael ·

Hul aandag is nou op motorfiets ryers en plaas aanvalle verder af op die lys van misdaad.

Vernon ·

Die ANC gee nie n snars om nie. Want min mense wil die waarheid praat of dit aanhoor . Dit gaan oor velkleur,dit gaan nie oor dat swart boere ook dalk vermoor word nie, Solank dit oor die wit boere gaan ,gaan niks gebeur nie. Hier is n ingebore haat wat ons nie gaan keer nie. Ons sal na onsself moet kyk. Ek was Sa deel van die optog teen Plaasmoorde,ons kan doen tot ons blou in die gesig is.Ons is aan ons eie lot oorgelaat.

Jakes ·

Hierdie word die reenboog nasie genoem. N sogenaamde demokrasie. Wat n siek grap want duisende kriminele regeer die land. Dis die norm en almal bly maar stil, self media platforms berig daaroor maar lug nie enige mening nie. Want julle is vrek bang vir die ANC.

Johann ·

Maklik: dis hoe beplande anargie lyk. Jy tyken plekke en persone wat nie opgewasse is teen jou terreur nie en maak seker daar is niemamd om jou te vervolg of teen te gaan nie? Standaard plattelandae terrorisme.

Corne123 ·

Die presedent sal eerder n advertensie oo tv sit oor gweld teen vroue en kinders maar sal nie n woord hieroor sê nie tiepies Ons sal self iets hieraan moet doen SAPD wil niks doen nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.