Verskeie studentebetogings in Pretoria verwag

Betogings by die Tshwane Universiteit van Tegnologie (Oktober 2015) Foto: @artindira/Twitter

Betogings by die Tshwane Universiteit van Tegnologie (Oktober 2015) Foto: @artindira/Twitter

Die #OutsourcingMustFall-beweging het Sondag gesê betogings sal vandeesweek by die Tshwane Universiteit van Tegnologie (TUT) hervat, indien die instansie steeds “bestaande ooreenkomste” gaan verontagsaam.

“Ons het ʼn ooreenkoms waarvolgens betogings opgeskort is dat werkers se lone met onmiddellike effek tot R5 000 verhoog sal word,” het Mametlwe Sebei, woordvoerder van #OutsourcingMustFall, aan verslaggewers in Pretoria gesê. Hy het gesê die instansie sal ook begin inkontrakteer en die kwessie van R10 000 wat hulle eis, sou ook na ʼn taakspan verwys word.

Sebei het gesê die ooreenkoms sluit ook klousules in dat geen werknemers, wat deur privaat kontrakteurs aangestel is en dienste aan TUT lewer, gestraf of geviktimiseer sal word vir hul betrokkenheid in onlangse betogings op die kampus nie.

“Die sekuriteitskontrakteur en ander spysenieringskontrakteurs weier egter om aan dié ooreenkoms te voldoen. Hulle het gesê hulle was nie deel van die ooreenkoms nie, aangesien die ooreenkoms met TUT aangegaan is,” het Sebei verduidelik. “TUT het ʼn verpligting en ooreenkomste wat vrywillig aangegaan is, moet gerespekteer word. Indien TUT nie doelbewus optree om seker te maak dat hierdie werkers weer begin werk en dat alle TUT-kontrakteurs aan die vereiste sal voldoen nie, sal ons van Dinsdag af weer met ʼn massabetoging by TUT begin.”

Sebei het die afgelope week gesê die #OutsourcingMustFall-beweging sal koppe stamp met die departement van hoër onderwys oor toestande by Tshwane-Noord en Tshwane-Suid-kolleges. “Die departement het nog nie sy kant gebring nie. Alhoewel universiteite outonoom is en hul eie sake bestuur, val kolleges direk onder die departement. Ons stryd is direk met die departement,” het hy bygevoeg.

“Al ons betogings oor die volgende twee dae sal gemik wees teen die departement van hoër onderwys,” het hy gesê. “Ons het met die leiers en studente van hierdie twee kolleges vergader. Ons ondersoek ʼn algehele sluiting van die twee kolleges en hul kampusse totdat die departement bereid is om sy kant te bring en die kwessies met ons te bespreek.”

Die veldtog steun glo ook alle studentebetogings op kampusse, insluitend by die Universiteit van Pretoria (UP).

Vusi Mahlangu, nog ʼn woordvoerder van die #OutsourcingMustFall-beweging, het gesê ʼn reeks betogings sal die Pretoriase middestad Maandagoggend tref wanneer UP-studente, wat verlede week in hegtenis geneem is ná ʼn openbare vergadering oor die taalbeleid op dié kampus, in die Pretoriase landdroshof verskyn. “Die 27 studente wat [Vrydag] in hegtenis geneem is, sal Maandag in die hof verskyn, so daar sal betogings wees. Studente sal met busse van die Universiteit van Pretoria na die landdroshof aangery word,” het Mahlangu gesê. “Ons was betrokke in volle ondersteuning vir studente by UP in hul struggle, en ons sal ander werkers en studentebewegings ook aanmoedig om in hul getalle op te daag om die betoging te ondersteun wat ook Maandag by die UP sal plaasvind.

Die universiteit het Vrydag gesê alle akademiese bedrywighede by sy Hatfield- en Groenkloof-kampusse is opgeskort ná studentebetogings oor die taalbeleid. “Dit is in die belang van studente en personeel om die kampusse te sluit, weens dreigemente oor ontwrigting van akademiese aktiwiteite,” het die universiteit gesê. “Die universiteit sal ook toelaat dat ʼn konsultasieproses oor die taalbeleid voortduur.”

Die universiteit het gesê ʼn taaltaakspan het voorgestelde wysigings aan die instansie se taalbeleid voorgestel, waaronder dat Engels die primêre onderrigtaal in alle lesings moet wees, en dat Afrikaans en Sepedi gebruik moet word om addisionele ondersteuning aan studente in tutoriale, praktika en besprekings te bied.

Personeel en studente word versoek om hul terugvoer in ʼn e-pos aan die taakspan te stuur.

Intussen het die vakbond Solidariteit wat werknemers van die Universiteit van Pretoria (UP) verteenwoordig en wat ook duisende oud-Tukkies as lede het, vandag ʼn referendum oor die voorgestelde wysiging aan die UP se taalbeleid van stapel gestuur. Lees meer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Rynhardt ·

Alle betogings teen universiteite word agter die skerms beplan deur die Anc.Eise vir groter salarisse word al hoe groter totdat dinge uit se nate begin bars! SA is die wereldkampioen van betogings en stakings in die wereld!!!

John ·

Dat ‘n mens darem so graag nie in jou moedertaal onderrig wil word nie, is onbegryplik, nogal Engels die taal van die’ koloniale moontheid wat deur die eeue die meeste minerale vir eie gewin in Suid-Afrika gemyn het en skatryk daaruit geword het; die taal van die man wie se beelde hulle onlangs so gegrief het. Onbegryplik.

Trolle ·

John praat jy nou nie die waarheid nie.Something must be wrong upstairs.

Dirk ·

Anc reël betogings? Maar het Anc woordvoerder nie op tv gesê sis Amerika nie? Of wat het hy gesê?

Renier ·

Word daar ooit belanggestel om te studeer. Lyk nie so nie. Lyk my n sekere bevolkingsgroep moet maar hulle eie opledingssentrum stig omvan die gemors ontslae te raak.

Trolle ·

Ek gee moed op met die mense,daar is nie hoop vir hulle nie want lyk nie of hulle regtig belangstel om te leer nie.

Liewe heksie ·

Ek is seker hulle punte op hul jaarpunte gaan bepaal hoeveel optogte hul bygewoon het nice bou n nasie

Lies ·

Stem saam Liewe Heksie! Maar dop hulle, omdat hulle getoi-toi het, het hulle weer ‘n rede om nie klas toe te gaan nie

Chris ·

Skuim! Pleks dat hulle eerder hulle aandag aan hul studies gee!

Chrizelle ·

Sons most saamstaan en plekke soos centurion akedemie gebruik in dalk deur die pos studeer all grenade vir goeie opleiding

DPJ ·

Ek is bly die mense vernietig hulle eie drome met betogings.
Vanneer die kos teen Junie maand op raak gaan hulle weer betoog dat wittes geen kos mag koop want hulle sal dit nie kan bekostig nie.

Veritas ·

TUT sal voortaan bekend staan as die ‘Universiteit waar jy graadkry met betogings klaarkry’. ‘. Dit sal natuurlik deursuurdeeg na hoërskole waar matrieksertifikate op dieselfde wyse geëis gaan word. Ai, hoe wens ek, ek was nou op laerskool.

Daan Naude ·

Stem 100% saam dat al hierdie #Whatever must fall optogte deur georganiseerde optrede veroorsaak is. ‘n Sekere party was baie senuweeagtig omdat soveel steun tydens SR verkiesings op verskeie kampusse verloor was die afgelope tyd. Moes ‘n plan maak om weer steun terug te wen dmv mobilisasie om eensgesindheid oor ‘n gemeenskaplike “cause” te verkry. Die groot verloorders na alles verwoes, vertrap, verdraai en verfomfaai is? Die stomme sheeple.

Michael ·

Die instansies gee te gou in,vat lohnmin as ‘n voorbeeld na die 5 maande staking het die meerderheid stert tussen die bene terug gegaan werk toe verhonger en verslete

Charmaine ·

Teen die tyd wat my kind klaar maak met skool,sal daar seker geen universiteite meer wees nie.Afgebrand en opgemors en dit net omdat studente nie wil leer nie.

Theresa B ·

Hierdie spul moet nou ophou met hul twak en begin werk (leer). Hulle rig soveel skade aan dat ons land nooit weer daaruit gaan kom nie en dit gaan ook seker weer ons skuld wees en more plunder hulle en verwoes hulle weer alles omdat dit wat hul alreeds verwoes het nie reg is nie.
Wanneer gaan die klompse oë oopgaan?

Ronel ·

Hierdie klomp betogings is n klomp bog. Hulle is so 2 strydig. Fees must fall. En dan salarisse moet styg. Waar is die balans. Dit is n wipplank ry. Die hele tyd. Waar gaan die geld vandaan kom. Hulle wil ne he he he …………… Daar is nie genoeg breinselle om te verstaan dat die ontwrigtings help nie hul saak nie.

Josua Keys ·

Ouers dit het tyd geword om jul voet neer te sit, net soos wat enige ander student die reg het om te studeur het jou kind ook die reg daarvoor julle betaal immers daarvoor!!!!! Kry regshulp in en vat die bestuur van die Universiteite asook die regering hof toe, daar is genoeg sekerheids magte in Suid Afrika wat se hulp ingeroep kan word om die barbare van die Kampusse te verwyder en weg te hou. Dit is die verskil tussen die gedissiplineerde ou SA en die nuwe, die weermag moes lankal in en om die universiteite ontplooi gewees het aangesien die polisie nie in staat is om hul werk te doen nie. Onthou net een ding, geen goeie pak slae het enige kind skade gedoen as hy of sy sout was nie, daarom het dit tyd geword dat diegene wat net wil ontwrig en afbrand ‘n goeie pak slae moet kry anders gaan hulle nie luister nie, hier moet die weermag baie gou intree want mense se lewens word bedryg, geboue en eiendom word verbrand en dit in my oë is genoeg om ‘n nood situasie af te kondig.

neelsie ·

Wat gaan gebeur as hulle nou alles uitgebrand het ,waarvoor gaan hulle dan betoog? Om alles weer op te bou?
Die gedrag van dwase.

Hannelie ·

Gee vir hulle hul eie universiteit. Dat hulle die ding afbreek en afbrand…..want dit kan hulle goed doen. Jy kan in elk geval nie vir sulke mense geleerdheid gee nie. En bou vir die Afrikaanse studente ‘n eie universiteit. Dan sal ons sien wie is opleibaar en wie nie.

Lies ·

Wens dit was moontlik, maar dan is dit weer rassisties. Ons sal nooit ooit wen nie

Dawie ·

Kort voor lank het ons nie meer Universitieite nie. Ook glo ek die volgende probleem is dat eersdaags ons kwalifikasies nerens in die wereld meer gaan aanvaar word nie.Ek dink nie die mense het die intelek om die probleem oppad in te sien nie.Ons wil mos net he en he en he,he,he.Ek het nog altyd geglo as jou kind klaar gestudeer het moet hy maar oor die water gaan en sy lewe daar gaan vestig.Nou begin ek al wonder gaan sy kwalifikasie aanvaar word of gaan ek my tyd en geld mors om hul hier laat studeer.Hier is n vet gemors oppad en die leiers het nie meer die moed om op te staan teen die mense nie.Sieklik wat hier besig is om te gebeur.In my tyd was jy te bang om te bank.AFRIKA dit lyk nie meer vir my na die antwoord vir die toekoms nie.

david ras ·

Ek wil, amper teen my beterwete, my beroep op die grondwet.
Ek soek die klousule daarin waar dit geskryf word dat dit wettig is om iemand te verhoed om met sy wettige aksie voort te gaan, soos om onderrig te ontvang waarvoor hy reeds betaal het.
Ek kry gladnie so ‘n klousule nie.
Is hierdie nie ‘n geleentheid vir die ouers van die studente wat so verontrief word om ‘n KLASAKSIE , soos die Spoorweg pensioenarisse , teen EFF en enige organisasie wat studente weerhou van hulle wettige aktiewiteite, in te stel nie.

Mens kan seker jou kind se daaglikse studie geld bereken ? En elke dag wat hy/sy nie onderrig kan ontvang nie as onnodige verlore uitgawes eis ?

Ek meen as die betrokke ouers hier saamstaan, kan dit ‘n aardige bedag uit EFF se bankrekening beteken.
Die punt is eenvoudig—–ons kan nie vir altyd weghardloop van “moontlike dreigemente” van geweld nie. Dis tyd dat die wat so maklik dreig moet besef dat daar gevolge van hulle optrede gaan wees, duur gevolge …..
EFF rek sy invloedsfeer nou baie wyd—dis tyd om die draadjie bietjie korter te maak.

Magda vd Westhuizen ·

Maroela, gaan kyk bietjie in jul “in box”. Ek het so pas vir julle n epos met n video clip gestuur waar n swart ” student” n wit sekuriteitsman van agter af aanval terwyl kampus sekuriteit by hulle is. Sit dit bietjie op twitter en al die ander media, dat die wêreld kan sien hoe n klein groupie n instansie soos TUKS op sy kniee dwing. Waarom kan die SAPD nie ingryp nie?
Wit studente is gevra om kampus te verlaat omdat die 27 wat verlede week in hegtenis geneem was, blykbaar oppad terug is. Waarom word hul nie net doodeenvoudig die kampus verbied nie? Lyl my ons is bang vir hulle..

Karma ·

#StudentsMustFall – Viva Blade Mzimandi, Viva! As jy nie op Universiteit is om te studeer nie -VOERTSEK en maak plek vir iemand wat kan betaal, sal betaal en wil studeer. Pre-1994 was daar nog wet en orde in dié land; toe ek gaan studeer het, moes my ouers die geld uitvurk en vooraf betaal vir my studies en koshuisgelde. Ons moes self ons studie materiaal en handboeke aankoop en moes tevrede wees met die kos in die koshuis (toegegee, dit was glad nie sleg nie, want dit is gemaak deur mense wat hul bedryf geken het).

Hierdie betogery is sommer ‘n klomp boel – as dit nie is vir studiegeld wat opgeskort moet word nie, is dit vir die verandering van taal- of toelatingsbeleid; nou betoog hulle al weer oor die bestuursbeleid t.o.v. uitkontraktering van personeel. Het enige iemand al daaraan gedink dat die uitgekontrakteerde werkers ‘n KEUSE het of hulle by die Universiteit op uitgekontrakteerde basis wil werk of nie? Niemand staan seker met ‘n geweer agter enige uitgekontrakteerde werknemer se rug en dwing hulle om daar te werk nie. Waaroor sal hulle volgende week weer betoog?

Theresa ·

Unitversiteite en kolleges van sinkplaat. Geen pragtige grasperke en bome op kampus nie. Beslis geen gemaklike sitbankies en kafeterias nie. O ja, geen biblioteke nie – dis mos nie belangrik nie?!
Dié wat regtig in studies belangstel, studeer via korrespondensie (ongelukkig – maar darem ‘n beter opsie as om die heeltyd vasgevang te sit in die minderwaardige sotlike bespotting).
Kursusse wat prakties vereis, sal ander plan moet maak.
Reiskostes sal hoog wees, want jy sal dalk jou prakties in ‘n land moet gaan doen wat betogings in die kiem smoor en betogendes onwelkom laat voel in die grootmens wêreld.
Of hoe??

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.