Verskeping van skape uit SA voorlopig gestaak

(Argieffoto ter illustrasie: Yolandi Kruger)

Die verskeping van lewende skape na die Midde-Ooste sal voorlopig nie meer vanuit Suid-Afrika plaasvind nie.

Die internasionale uitvoermaatskappy Al Mawashi sê Australië is nou die primêre voorsieningskettingvennoot vir lewende uitvoere na Koeweit nadat hulle enkele “uitdagings” hiermee in Suid-Afrika ervaar het.

JP Roodt, Al Mawashi se woordvoerder in Suid-Afrika, het in ’n verklaring bevestig hulle het Saterdag ’n besending skape in Wes-Australië gaan haal. Hy sê Koeweit sal na alle waarskynlikheid sy Australiese filiaal kies vir die verkryging van lewende diere “totdat Suid-Afrika se regering en nywerheid sy huis in orde kry”.

“Australië se veebedryf is geskaal om te reageer op die eise van die Midde-Ooste. Suid-Afrika is ’n opkomende mark en moet ’n vennoot van Koeweit word,” het Roodt gesê.

“In Suid-Afrika is daar sistemiese kwessies wat verband hou met voorsieningskettings en regulasies, asook ondoeltreffendheid van Transnet.”

Volgens Roodt hou die Suid-Afrikaanse regering aan om sy voete te sleep met betrekking tot riglyne vir die vervoer van diere oorsee. “Dit is nou amper ’n jaar nadat belanghebbendes genooi is om kommentaar te lewer en voorleggings oor konsepriglyne te maak, en steeds is die riglyne nie vasgestel nie.”

Die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (NDBV) sê op sy beurt hy veg sedert 2019 onverpoos om Suid-Afrika se diere te beskerm teen lewende verskeping en beskou die nuutste verwikkeling as ‘n reuse oorwinning. “Ons is verheug om te hoor dat skape uit Australië verskeep sal word, en ons is so dankbaar vir almal wat aan ons kant geveg het,” het Marcelle Meredith, uitvoerende direkteur van die NDBV, gesê.

Die DBV se hofsaak teen Al Mawashi duur al twee jaar. Die appèlhof het verlede jaar die NDBV se aansoek om verlof tot appèl oor die verskeping van lewende skape van die hand gewys. Die NDBV was vanjaar weer terug in die hof om te vra dat daar ’n permanente verbod op die verskeping van lewende hawe geplaas word.

Die NDBV meen die skape word in onmenslike toestande aangehou en uiteindelik geslag. Die organisasie wil hê dat die vervoer van lewende skape na die Midde-Ooste verbied word en dat skape eerder in Suid-Afrika geslag word.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

63 Kommentare

VaalDonkie ·

Miskien kan skaapvleis nou weer goedkoper word. Waar in jou lewe het jy gedink jy kan meer vir tjops vra as vir Ribeye?

Stofdonkie ·

Reeds nie, dit gaan nou nog duurder word, want boere moet nou al hulle oorhoofse kostes dek net deur die verkope in die plaaslike mark.

VaalDonkie ·

Ja hulle gebruik altyd daai verskoning. As daar minder vleis is, moet die prys op. As daar meer vleis is, moet die prys OOK op.

Dan moet hulle maar lekker self al daai vleisies eet as hulle nie wil afkom met die prys om meer verkoop te kry nie. Ek het in die verlede maklik R1000 per maand aan skaapvleis bestee. Maar deesdae koop ek net hoender en beesvleis.

Robert ·

Hoogtyd, daar is geen nodigheid om vee per skip te vervoer.

Stofdonkie ·

Jy is beslis nie ‘n verskepings-spesialis nie. Die mark soek vars vleis en die dbv maak dit nou onmoontlik

Chris dupreez ·

Ek verstaan ook nou nie wat is die DBV se probleem. Skape mag nie uit SA op see vervoer word nie, maar skape uit Australië mag. Gaan dit regtig oor die skape. Besef die DBV wat hulle aan die skaapboere doen met hulle gekerm. En hoeveel van die wat so kerm eet te lekker aan die skaapvleis

Leon ·

Wel die mark kan ook nie altyd kry wat hy wil hê ten koste van diere welsyn nie

Willem ·

Hopelik daal die prys van skaap en lamsvleis nou. Sal maar wag en sien.

Stofdonkie ·

Dit kan nie daal as die boer nog steeds oorhoofse kostes het wat gedek moet word maar sy mark word skielik beperk nie. Inteendeel gaan hy nou meer moet vra per kg om net sy kostes te kan dek

VaalDonkie ·

Kyk hier man, dis nie nodig vir die boere om minder te verkoop net omdat die mark beperk is nie. Hulle mis uit op R12000 per jaar net van my af want ek het in 2019 laas skaapvleis gekoop vir die maand (ek koop gewoonlik ‘n kombinasie van skaap, hoender, en bees). Ek het ‘n week gelede vir die eerste keer in maande ‘n skaapribbetjie gekoop. En ook net omdat my ma verjaar het en dit haar gunsteling is.

Piet parys ·

Die pryse wat die boer kry is minder as die helfte wat jy betaal in die handels winkels en slaghuise. Nog nooit gehoor dat mense kla oor drank pryse nie maar daar is nooit geld vir kos nie.

VaalDonkie ·

Ek kla jare lank oor drank pryse. Maar in dieselfde asem hou ‘n R200 bottel brannewyn my ‘n hele maand, maar R200 se skaaptjops vreet ek sommer in een dag op.

VaalDonkie ·

Of, hulle kan aan my verkoop. Ek koop al vir 2 jaar nie meer skaapvleis nie want dis eenvoudig net te duur.

Nommer 7 ·

Kairos, ek dink nie so nie. Met die drankverbod in 2021 is daar gese^ dat baie mense in die wynbedryf hul werk daan verloor, en dat kelders gaan toemaak. Nou in 2022 hoor ons dat die wynbedryf ‘n 22% groei in 2021 gehad het. Ek het al geleer dat as iemand in ‘n spesifieke bedryf iets se^ oor daardie bedryf, dan is dit heel moontlik nie waar nie, maar misinformasie om empatie by die verbruiker te win.

Chris dupreez ·

Die wynbedryf het net so gegroei omdat ons al die verlore wyntyd moes inhaal na die inperkings.

Stofdonkie ·

Ek dink dalk onderskat mens die invloed hiervan, nie honderde nie maar honderde duisende dalk

Grassie ·

Dit is goeie nuus. Ek hoop dit bly so. Ek het al vergeet hoe smaak skaapribbetjie.

Stofdonkie ·

Grassie, na die besluit van die dbv gaan jy maar jou kar moet verkoop om ‘n ribbetjie te kan bekostig. Hierdie gaan beslis ‘n styging in prys veroorsaak.

VaalDonkie ·

Jong, ek het mos eenkeer so ‘n “skaapribbetjie” gekoop wat so bietjie aan die donker kant was. Toe onthou ek die dae toe ons met Angora-bokke geboer het en bokvleis geeet het. Nie noodwendig sleg nie, maar as ek vir skaap betaal wil ek nie bok he nie. Ander keer het ek ‘n “skaaptjoppie” gekoop wat nog boerbok-hare op gehad het.

Nommer 7 ·

Ek wou ook op ‘n dag bokvleis koop, het gedag dit sou goedkoper wees. Het rond en bont gesoek. Vind toe uit dat die Zulu’s ‘n groot aptyd vir bokvleis het. Dit is ‘n tradisie. Die vraag is meer as die aanbod. Bokvleis, as jy dit kan kry, is nou duurder as skaapvleis.

VaalDonkie ·

Hei, probeer Spar. Hulle hou partykeer bokvleis aan. Kyk daar in die skaap-afdeling vir ribbetjies en tjops wat ‘n bietjie snaakse vorm het of dalk effe donkerder as normaal is XD

Boon ·

weer eens is dit regering wat nie rompslomp kan verwyder nie, en sakelui en DbV wat daaronder ly.

Stofdonkie ·

Daarsy! Mag elke skaapboer en sy familie en vriende ook sommer hulle donasies aa DBV’s met onmiddelike effek staak. Dankie DBV, daar verwoes julle nog ‘n paar boere se lewens. Asof droogtes, plaasmoorde en grondhervormings-dreigemente nie al reeds erg genoeg is nie, nou moet boere nog teen die DBV ook probeer veg.

Leon ·

Jy het duidelik nie ‘n idee waaroor dit gaan nie. Carte Blanche het ‘n paar programme gedoen oor die halglike omstandighede van daardie skepe. As die Arabiere van ons skaap vleis wil hê, moet hul maar plan maak om dit bevrore daar te kry.

Stofdonkie ·

Australië se boere glimlag vandag van oor tot oor! Hulle het sopas die hele skaap mark van SA persent gekry.

krodedil ·

Ek is bly hieroor. Jy kry goedkoper skaapvleis van Australia as by die plaaslike skaapboere. En dan proe die aussie tjops nog lekkerder

Anoniem ·

Daar is niks lekkerder as ‘n Karoo tjoppie nie, hy vreet sy speserye van die veld af.

Leon ·

Dis fine, laat die Aussies dan maar hulle skape mishandel! Alles gaan nie net oor geld nie!

domheks ·

Eet die vleis te lekker! Maar intussen is daar diere mishandeling!

Piet parys ·

In SA word mense mishandel . Wat sal jy daaroor sè
Jou agbare minister loop bree bors rond nadat haar varke sonder kos en water gevrek het en dbv moet hulle bepaal by sulke mense . Sonder ordentlike uitvoere sal die boere ondergaan en beplande rompslomp is die manier om dit te doen

Leon ·

Die uitvoere kan steeds gebeur, net nie lewendige hawe nie. Hoekom moet die diere so mishandel word?

Hein ·

So dit is maar Ok as skape van Australië gaan julle is tevrede daarmee. Dbv ir twee gevrete man dis nie ok vanSA nie maar reg van ander lande af. Ons boere verloor nou geld.

Leon ·

Wat moet ons DBV omtrent Australië doen? Hul kan slegs SA se diere beskerm, en Australië het hul eie drukgroepe om hierdie mishandeling daar te probeer stop.

Hein ·

Sal nou maar weer aansoek doen vir invoer permit vir Australië skaap en lam

Johann ·

Ooooo gats! Waarskeinlik n grrooooooot teleurstelling vir die bankrot ANC se sakke

Vrijburger ·

Hierdie geveg van die DBV oor uitvoer van lewende skape per boot na die Midde-Ooste kom al uit Dok Kraai se tyd in 1995.
En hier kom die ANC-kaders se onbevoegdheid en beslis die geveg.

Deon ·

NDBV, weet julle dat die skape in Australie ook skape is? n Lewende dier, nes hier by ons… Ek kan nie verstaan dat julle bly is nie, sien julle nie die groter prentjie raak nie? Ons het so pas n mark verloor, die mense wat op daardie lyn werk, gaan nou regdeur, van die veewagters tot die mense wat die vee op die skip jaag minder gemaak word want die werk bestaan nie meer nie…..

Leon ·

Wat moet ons DBV omtrent Australië doen? Hul kan slegs SA se diere beskerm, en Australië het hul eie drukgroepe om hierdie mishandeling daar te probeer stop.

Die uitvoere kan steeds gebeur, net nie lewendige hawe nie. Hoekom moet die diere so mishandel word?

Deon ·

Baie van dit gaan oor geloofsgoed… Lewende hawe kan nie bederf soos verkoelde vleis nie. Gevriesde vleis en vars vleis se gehalte verskil. Om eers die diere te verwerk voor dit uitgevoer word is meer kostes… Ek is seker die dbv kan beter planne maak soos bv reels om die wel en wee van die diere te verseker, miskien n veearts saam die diere stuur wat vervoer word..

Pieter J ·

Ek dink die meeste mense is nou al so keelvol vir die histeriese spul van die NDBV en die spul groenes.

Leon ·

nee wat, meeste mense is toe nou nie so geldgierig soos jy dink nie

JL ·

Hoe stipsinnig is ons mense nie. Ons boere trek alreeds swaar, honderde mense gaan werkloos wees, met geen vooruitsig van verbetering in ons land se “bestuur” . Almal wil graag ‘n tjoppie oor die kole geniet, maar kyk gerus af! Hoe groot is jóú maag? Ondervoed né. Net nog ‘n bewys van die korrupsie en swak bestuur. Ons hawens is ‘n chaos soos meeste van die besighede en Departement in ons land.

Ettienne ·

Die DBV verhoed dat shape legend verskeep word uit Suid-Afrika, maar is verheug dat dit gedoen word vanuit Australia – die mense dan nou heeltmal kêns?

Leon ·

Wat moet ons DBV omtrent Australië doen? Hul kan slegs SA se diere beskerm, en Australië het hul eie drukgroepe om hierdie mishandeling daar te probeer stop.

FBS ·

Dit is so komies dat die instansies en mense wat geen enkele dollar die land inbring nie altyd die meeste te se het en die so genaamd kenners is. Ons land is bankrot maar die NDBV stop die enigste buitelandse verdienste vir skaap boere ook. Nog nooit gehoor of gesien dat die NDBV of DBV enige werk skepping, buitelandse inkomste vir die land ingebring het nie. Kan net afbreek wonder of hulle dalk meer polities is as enige iets ander.

Leon ·

DBV is nie daar om geld in te bring nie, maar om te verhoed dat geldgieriges diere mishandel in hul tog. Die mensdom het maar bietjie perke nodig, glo dit of nie!

Frederik C ·

Die NDBV se kennis oor die werklikheid is maar redelik beperk. Die skape word na Moslemlande uitgevoer, waar Moslemrituele toegepas word tydens die slagproses van diere. Daarna word die vleis as Halaal beskou. Die skape kan dus nie in SA geslag, en die vleis uitgevoer word, nie. Daar’s ‘n rede waarom die diere lewendig uitgevoer moet word.

Leon ·

Wel dan moet die arme Moslems maar hul dieet verander as hul nie genoeg skape self kan kweek nie, maar hoekom moet ons ander kant toe kyk terwyl hierdie diere so mishandel word?

Jack ·

Die DBV veg net vir suid afrikaanse diere en die in australie maak dus nie saak nie. Dis maar ok.

Leon ·

Korrek, hul magte strek net so ver. Australië het wel hul eie groepe wat hierteen veg.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.