Verskerpte polisiesigbaarheid nou nodig

Argieffoto (Pixabay)

Argieffoto (Pixabay)

Agri SA het gesê hy doen ʼn dringende beroep op die polisie om in hulle beplanning ʼn verskerpte poging in werking te stel om sigbare polisiëring in die landelike boerderygebiede toe te pas.

“Die pas afgelope maand is gekenmerk deur ʼn hoë voorkoms van plaasaanvalle wat verskeie landelike huishoudings ingrypend geraak het,” het Johannes Möller, president van Agri SA, verduidelik. “Op navraag het die polisie aan Agri SA bevestig dat hulle beplanning ten opsigte van misdaadvoorkomende operasies reeds in plek is, in aanloop tot die feestyd en daarna.”

Möller het gesê dit is belangrik dat boerelede op plaaslike vlak nou saamwerk met die polisie en verdagte misdaadaktiwiteite rapporteer. “Ons verwag van die polisie om elke saak wat gerapporteer word deeglik te ondersoek binne die bepalings van die Strafproseswet en bestaande polisie instruksies en met ‘n goed voorbereide klagstaat verdagtes voor die hof te daag.”

Hy het bygevoeg ʼn verhoogde vlak van paraatheid en veiligheidsbewustheid deur die boeregemeenskap in die tyd is noodsaaklik, gevolg deur die toepassing van basiese beveiligingsmaatreëls soos onder andere om deure gesluit te hou; veiligheidshekke en diefwering aan te bring; te weet wie jou eiendom betree; die doeltreffende toepassing van die protokol vir plaastoegang en nie in die donker uit te gaan sonder die ondersteuning van ʼn buurman nie. “Dit is ons ervaring dat waar boeregemeenskappe paraat is, ‘n kleiner kans bestaan vir misdadigers om toe te slaan,” het Möller gesê.

Volgens hom vrees Suid-Afrikaners huisinbrake die meeste, gevolg deur huisrowe. Dit is ook die misdade waaraan die boerderygemeenskap die meeste blootgestel is tydens ʼn plaasaanval. Hierdie bevinding volg na aanleiding van die Misdaad Slagofferpeiling, waarvan die uitslag pas deur Statistiek Suid-Afrika bekend gestel is en waar bevind is dat Suid-Afrikaners onveilig voel in die land. Dit stem ooreen met die onlangse misdaadstatistiek van die polisie wat aangedui het dat geweldsmisdade toegeneem het.

November is verder gekenmerk deur verskeie optredes deur die boeregemeenskap ter ondersteuning van die polisie, waartydens verdagtes wat met plaasaanvalle verbind word, in hegtenis geneem is. Möller het gesê hy is “dankbaar vir die vlak van ondersteuning deur die boerderygemeenskap”, maar wys daarop dat dit die polisie se verantwoordelikheid bly om misdaad te bekamp deur toepaslike optrede. “Daar is waardering vir die talle polisielede wat onder moeilike omstandighede voortgaan om ‘n goeie diens aan die boerderygemeenskap te lewer. Ons maak staat op die voortgesette professionele samewerking,” het hy afgesluit.

Lees alle vorige berigte oor Agri SA op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Flippie ·

Regtig!!

Die polisie is nie in gebore staat om sigbaar te wees nie. Hulle is net sigbaar op videos waar hulle afwesigheid is of waar hulle die bevolking terroriseer.

Ek is ‘n boer en uit ondervinding wil ek net sê dat die polisie weg van my plase af moet bly. Al my probleme het by die plaaslike polisie stasie ontstaan.

chris ·

Flippie , ek ondersteun jou 100 % jy kan nie meer op die SAPD staatmaak nie !! Boer sal maar net eenvoudig eie verantwoordelikgeid moet neem vir hulle veiligheid. Sterkte.

Gerhard Bezuidenhout ·

Die enigste plek waar die polisie werklik sigbaar is . is by Kentucky.

Sarie ·

@ Flippie. Ek verstaan jou frustrasie; maar ek sal maar bid dat hulle beter sal funksioneer terwille vd boere se veiligheid. Ek was ook ‘n plaaskind & sou bitter graag op ‘n plaas wou gaan “rus”, maar ek val nou in die geteikende ouderdomsgroep & voel maar uitgelewer.

Flippie ·

Jy verstaan my verkeerd. SA sal beter fungeer sonder die polisie. Vandat ek hulle my plaas verbied het,het ek vrede. Ek lewe in vrede met bure op Trust grond. Al waar daar moeilikheid is op ‘n besette plaas deur polisie se families,vanwaar hulle ‘n dagga besigheid bedryf en losies aan ongeregistreerde buitelanders verskaf,wat dan sekere takies vir hulle moet verrig.

Max Berg ·

Polisie sigbaarheid is tans bewusteloos en /of korruptief. Van Voorkomende sigbaarheid is daar geen sprake van nie !

Johann Marx ·

In die ou Suid Afrika het ons diensplig gedoen, dan kampe gedoen, en dan by die kommando aangesluit…………en ons eie veiligheid bewerkstellig. In die nuwe Suid Afrika is dit alles van ons weggevat………en nou word ons uitgemoor teen ‘n tempo.

Peet Schabort ·

Watter polisie? Hulle kan nie eers basiese klagtes hanteer.
My innige simpatie met diegene wat nog hart en siel hul werk wil doen.

Johannes Meintjes ·

Praat, praat, praat, gorrel, praat, warmlugborrels, praat … Ek dag Plan B en ‘n volle nasionale plan vir Burgerlike Beskerming, kompleet met ‘n GOS en deelname van alle sekuriteitsverwante instansies, asook randeier-groepies, is nou al reeds in werking gestel sodat boere kan boer en ons mense kan leef?

Nico ·

Agri-SA is tog so bang om die regering te antagoniseer, hulle doen ‘n beroep, hulle praat, hulle kruip en prys. Politisie verstaan die manier van doen glad nie. Agri-SA kan gerus by POPCRU gaan kers opsteek hoe om ‘n saak te hanteer met lede wat vermoor word. POPCRU het nooit gesê dit is misdaad se skuld nie, nie dat hulle lede korrup is nie, nie dat hulle lede agterlosig is nie, nie dat hulle lede onopgelei is nie, hulle het van die regering verwag om die Polisie te beskerm. Agri-SA swem maar nog ‘n bietjie kruipslag, nog ‘n bietjie versuipslag en die uitkoms is Zimbabwe. Verstaan ek verkeerd of is dat wat ons wil hê?

andre de kegel ·

weet wat die boere moet doen es blanke Afrikaners die nie werk he op hulle plaats aanneem vir die rovers op te wag en neer te skiet

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.