Verskuilde agenda agter Nene-besluit, sê opposisiepartye

Pres. Jacob Zuma. Foto: DoC

Pres. Jacob Zuma. Foto: DoC

Opposisiepartye het Donderdag teen pres. Jacob Zuma uitgevaar, verenig in hul mening dat die president die ware redes vir Nhanhla Nene, minister van finansies, se afdanking verdoesel.

Die Demokratiese Alliansie (DA) het in ʼn verklaring die besluit as “roekeloos en irrasioneel” bestempel en gesê dit doen net verdere skade aan Suid-Afrika se ekonomie. “Aangesien daar geen redes vir so ’n drastiese skuif is nie, kan ʼn mens tot die gevolg kom dat dit net nog ʼn voorbeeld is dat pres. Zuma homself eerste stel en die land tweede,” het die DA gesê.

Die party het gesê dit is algemeen bekend dat Nene oormatige regeringsbesteding wou inperk en dat dit ʼn te groot struikelblok vir Zuma was met betrekking tot die  kernkragverkrygingsooreenkoms en die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL). “Zuma het dit baie duidelik gemaak: As jy in my pad staan as minister van finansies en probeer om fiskale omsigtigheid in te stel, sal jy herontplooi en eenkant toe geskuif word. ʼn Zuma-ANC-regering het geen agting vir sinvolle finansiële beleidstellings wat Suid-Afrika eerste stel nie.”

Dr. Pieter Mulder, leier van die Vryheidsfront Plus, het die DA se sentimente ondersteun deur te sê dat Zuma se besluit oorhaastig en ondeurdag was. “In ʼn tyd van groot finansiële probleme vir die regering toon pres. Zuma met hierdie besluit dat hy alle kontak met Suid-Afrika se finansiële werklikheid verloor het,” het Mulder gesê.

Nhlanhla Nene, minister van finansies, tydens sy mediumtermynbegroting (Oktober 2015). Foto: Elmond Jiyane

Nhlanhla Nene, minister van finansies, tydens sy mediumtermynbegroting (Oktober 2015). Foto: Elmond Jiyane

“Die ekonomiese prys wat die land en alle Suid-Afrikaners hiervoor gaan betaal, gaan onherstelbaar wees. Min. Nene se standpunte oor regeringsbesnoeiings en finansiële dissipline tydens die onlangse mediumtermyn-begrotingsrede het ʼn groot rol gespeel dat Suid-Afrika nie heeltemal deur die internasionale graderingsmaatskappye afgegradeer is nie. Die groot vraag is of dit nou so sal bly. Die onmiddellike trefkrag van die besluit sal op die rand se wisselkoers en die aandelebeurs gesien word.”

Die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) meen ook die ware rede vir Zuma se besluit is omdat Nene nie vir die SAL ʼn finansiële reddingsboei wou toestaan, nie die kernkragverkrygingsooreenkoms wou goedkeur en nie vir die president ʼn nuwe luukse straler wou aankoop of Zuma se personeel toelaat om in duur hotelle te bly en eersteklas te vlieg nie.

“Zuma het [David van Rooyen] in Nene se plek aangestel omdat hy weet Van Rooyen sal hom nie teëgaan wanneer hy verkeerde goed wil doen nie. Van Rooyen gaan so ewig dankbaar en ‘starstruck’ wees dat hy enigiets sal doen wat Zuma beveel,” het die party gesê.

“Ons het nog altyd gewaarsku dat jy met Zuma óf korrup moet wees óf buite sy guns moet val. Niemand kan ʼn politieke leierskap vertrou wat ʼn kabinet en ministers van finansies soos onderklere omruil nie. Daar kan nie meer skokkende nuus uit Suid-Afrika kom om aan te dui dat ons land in ʼn krisis is met geen benul van wat môre mag kom nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

49 Kommentare

Amanda ·

Kyk verder noord in Afrika en sien die ooreenkoms. As die president van die land teengestaan word sal jy jou pos verloor ten koste van sy burgers. Demokrasie se voet.

Johann Marx ·

Alles wat hier staan is korrek, behalwe die laaste sin. Ons het al in 1992 geweet wat “môre gaan kom”………..ons het toe al beswaar gemaak, maar is deur ‘n “demokratiese” proses gekortwiek. Al wat ons nie geweet het nie, is hoe lank dit gaan neem om te gebeur nie. (ek het gister deur ‘n paar bokse gekrap…..en wat kry ek? Zimbabwe dollars. Tydens Ian Smith se bewind? TWEE DOLLAR NOOT. Tydens Mugabe se bewind? VYFTIG TRILJOEN DOLLAR NOOT. Wag maar en kyk….binne vyf jaar het ons ook so ‘n noot (nood).

Johan Strauss ·

Zimbabe (en Mugabe) se rampokkery lyk nou soos ‘n Sondagskooluitstappie.

Paul ·

Die mense wat die malligheid in 1992 goedgekeur het, het nou so skaars geword dat hulle beswaarlik een rugbyspan vol sal maak. Terloops ek sou seker ook skaam gekry het as mense moet weet ek het vir die gemors gestem.

Avrril Schutte ·

Zuma het nie goed op skool gevaar nie, maar hy het baaie goed by sy Kubaanse “comrads” geleer. Kyk hoe lyk Kuba en jy sien Suid Afrika in die toekoms.

Loeis ·

Gee die EFF dit: hulle se dit soos dit is!

VF+ verwys na die ekonomiese omstandighede – en ja: kyk bietjie wat met die Rand gebeur het! Ons het almal pas bietjie armer geword.

Dalk onthou ‘n paar mense (wit, swart, almal) dit volgende jaar wanneer hulle hul kruisies trek.

Bach ·

Woede oor jy sien jou pragtige land gaan oor die afgrond en jy voel jou hande is afgekap. Kan die enkele sterkes in die ANC nie nou asb hul stemme verhef nie. Cyril mens verwag darem meer van jou.

Gerhard v D ·

Hulle sal ok net summier vervang en ge-“redeploy” word

Mariana ·

Dis om van naar te word. Hy gaan net voort met sy eie korrupte agenda ten koste van hierdie land en sy mense. ‘n Tweede Mugabe.

Schalk ·

Enige besluit wat die regering neem het n verskuilde agenda! En nog is daar diegene wat volhard en spog met hoe wonderlik hierdie derde wereld land van ons is.

Anti ·

Geen mens met n effense gewete kan in Zuma se kabinet oorleef nie

PJ ·

Slim de klerk en trawante kom nou asb dringend tevoorskyn met dai wigte en teenwigte ons het moeilikheid of dink julle nie so nie ?

Johannes ·

PJ, ek begin nogal saamstem. Dit is tyd om De Klerk en sy maatjies amptelik tot verantwoording te roep.

Boetman ·

Hierdie “check” “balance” glad, nie maar FW sal ons probeer wysmaak dat dit nie “onoorkomlike probleempies” is nie.

Loeis ·

Goeie punt. En sommer ou Helen ook wie so hard met hard Black Sash geveg het om die spulletjie in die eerste plek aan die bewind te bring!

Fanie ·

Stem met julle PJ, Loeis. Ons hele volk wit, swart, bruin soek verantwoording van FW de Klerk. En Amerika sit en lekker kry en lag lekker saam met Ou Zettie!!
Laat FW en Amerika hulle brouwerk kom regmaak!!!

Paul ·

Die klompie mag natuurlik nie die genade ontvang om geblinddoek te word nie. Hulle moet die waarheid in die oe kyk.

Boetman ·

Wel, dis wat die destydse meerderheid wou gehad het en wat die huidige meerderheid wil he. Dis hoe demokrasie werk.

chrisp ·

Boetman.
Netso.

Die meerderheid van die verlede is mense wat nog steeds nie verstaan nie.Hulle kan dit op ‘n onverklaarbare wyse nog steeds nie insien nie.Die mense sien mense soos Cyril ,Phosa,Sexwale en andere as die reddingsboei.Dit terwyl baie van die meningsvormers juis van Mbeki ontslae wou raak en gedink het Zuma is beter.Nou skree hulle weer ten hemele dat Zuma moet gaan om dan net oor 5jaar plus weer te skree?

i smit ·

Ok laat ek weer probeer;Mnr deKlerk sit rustig by die huis !!!!!! daarvoor het sy mede suid afrikaners gesorg…… dankie Mnr de Klerk ,,,,,,

Paul ·

Ja, die booswig geniet sy dertig sikkels silwer in groot veiligheid.

alida ·

Natuurlik het Nene in Zuma se pad gestaan met betrekking tot die stelery. Dit is tog duidelik dat Nene altans ek hoop so, gesien het waarheen dit gaan en wou dit stop. Nou jaag hulle hom sommer weg !!! SIEK !!!

Nettie ·

Nene het gesê “Nee-Nee” vir Mshowerlozi se R4m straler, nee-nee vir nóg ‘n spul belastingbetalersgeld vir SAL en al die ander semi-staatsinstansies wat reeds van die wal af in die sloot lê. Hy het ook nee-nee gesê vir befondsing van die beplande kernkragverkrygingsooreenkoms.

Strek dit enige iemand tot verbasing dat Nene dan toe die “boot” onder die boud gekry het? Hierdie is diktatorskap á la Mugabe op sy beste. En die hele tyd, wanneer Mshowerlozi darem die moeite doen om ‘n Parlementêre V&A sessie by te woon, is sy standaard-antwoord: “He-he-heeeeee …….”.

Maar steeds is daar 62% van ‘n sekere rassegroep wat tóg weer ANC gaan stem in 2016-munisipale verkiesings en in 2019 se nasionale verkiesing. Hulle is soos Biléam se donkie: stamp hul koppe herhaaldelik teen dieselfde klip, maar leer niks daaruit nie!

EMK ·

Maryna ja, dis soos die Engelse sê “wishful thinking” maar kan jy dink wat se lekker kersfeesgeskenk dit aan die land sou wees??

Thys ·

Ja Genis

Soos dat ons onafwendbaar op totale anargie afstuur, en hy nou als in sy vermoë moet doen om so veel moontlik geld uit die staatskas in sy sak te kry.

Piet Pompies ·

Ek voel hoe bars die are in my kop as ek sien hoe skryf party mense dat die huidige toetstand van ons land deur PW of de Klerk veroorsaak is, veral met verwysing na die sogenaamde “ja” stem.
Ag nee wat, word wakker, gebruik jou stem, jou geld en invloed om ‘n verskil te maak, as die publiek eTol kon laat val, as baie meer moontlik. Hou op kla en sit skouer aan die wiel.

freek ·

zuma is vasbeslote om suid-afrika te verwoes totdat daar niks oorbly nie, behalwe n kraal met die naam nkandla

Gertjie ·

Soos ons kan saam staan om te BID vir reën so kan ons almal saam staan en BID dat die man uit ons lewe uit verdwyn.

charmaine ·

Omdat dit sy sak raak en sy maatjies weggewys is nou ontgeld iemand dit wat wel sy werk wou doen . Hy kan nie eers n bedrag wa in miljoene geskryf is “ontsyfer” nie maar as sy sak geraak word dan spring hy op en af. Dit is nou korrupsie op swart en wit en nogals in die media!

Neels ·

Hier is geen verskuilde agenda nie, in teendeel, ek dink die regerende party / staat is baie openlik oor hulle plundering. Ons het net weereens geleer om enige iets te verwag.

anna ·

Ek het niks beters verwag nie.
Nuwe planne om meer te steel.
Waar is De Klerk nou?
En ou Roelfie?
Kruip seker weg met sakke vol geld
Het geen respek vir enige-een van hulle nie.
Lankal dit verloor.

h ·

Hoekom haal die ANC nie vir Zuma uit sy stoel nie. Hy beteken niks vir die land nie. Is hulle almal blind om te sien wat aan gaan. Wonder maar net.

Christo Visagie ·

Hulle steel net so lekker saam met hom, hoekom sal hulle nou ontslae raak van die Gans wat die goue eiers lê vir hulle,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,

Petro ·

Ag jacob ek wens iemand wil jou uitskop as president dan gaan help jy vir mugabe in zim glo my ek weet sommer julle gaan n groot gemors maak daarvan.GAAAPPPPPPP ek dink die nene is uit want hyt dalk probeer vir Zuma vertel dat dit dalk eleven is en nie eleventy nie

Dries ·

Hoekom plaas MAROELA MEDIA nie my kommentaar nie ? Julle stel telleur.

Sune van Heerden ·

Dagsê Dries

Jou kommentaar is ongelukkig afgekeur omdat dit nie aan ons bepalings en voorwaardes vir lesersdeelname voldoen nie.
Vergewis jouself gerus van dié riglyne om seker te maak dat jou kommentaar nie gemodereer word nie.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Fanie ·

Ek stem Christo, maar wie gaan dit doen? Dink jy ons moet ‘n Rus invoer? Wat van ‘n Amerikaner?
Wat is die ander oplossing/s?
Ou Zettie…… Groot Slang!!!

Eina! ·

Dries, ek probeer ook om my se te se, maar Maroela laat dit nie toe nie.

Sune van Heerden ·

Dagsê Eina!

Kommentaar moet soms per hand goedgekeur word en dan neem dit ‘n wyle voor dit op die webwerf verskyn.
Wanneer kommentaar dus nie onmiddellik wys nie, beteken dit nie noodwendig dis afgekeur nie.

Wanneer kommentaar egter nie aan ons bepalings en voorwaardes vir lesersdeelname voldoen nie, word dit wel gemodereer.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Neels ·

Dit is verbysterend hoe vinnig ons vrede gemaak het met onderpresteerders. Die land gaan aan asof Nene die beste finans minister ooit was! Feit is dat Nene pateties was en dat Van Rooyen nie beter sal wees nie.

Erna ·

Kan iemand my se wat beteken die nuwe finans minister se uitlating dat hy die tesourie meer toeganklik vir almal wil maak?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.