‘Verslag bevestig ANC is misdaadsindikaat’

Itumeleng Mosala, sekretaris van die Zondo-kommissie (links) oorhandig die derde deel van die verslag aan Phindile Baleni, direkteur-generaal in die presidensie (1 Maart 2022) (Foto: Siyabulela Duda/GCIS)

Die ANC is nou weinig meer is as ’n georganiseerde misdaadsindikaat wat hom as ’n politieke party voordoen.

Die opposisieleier John Steenhuisen het dié gewaagde stelling gemaak in reaksie op die derde deel van die verslag van die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping wat Dinsdag aan pres. Cyril Ramaphosa oorhandig is.

Maroela Media het vroeër berig dié deel van die verslag handel spesifiek oor die ongerymdhede by Bosasa sowel as geld en geskenke wat aan verskeie ministers oorbetaal is.

Oudpres. Jacob Zuma word ook vir die soveelste keer direk geïmpliseer en daar word breedvoerig uitgewei oor sy ontmoetings met senior amptenare by Bosasa en Nkandla.

Die Jacob Zuma-stigting ontken egter die bevindinge en meen hy is nooit die geleentheid gebied om sy kant van die storie voor die kommissie te stel nie.

“President Jacob Zuma verwerp enige beweerde bevindinge deur regter Zondo wat gemaak is sonder om aan hom die mees basiese menseregte te verleen om aangehoor te word.” Dit ten spyte daarvan dat Zuma verskeie kere geweier het om voor die kommissie te getuig.

Steenhuisen sê egter die ANC is die “een gemeenskaplike draad” wat al drie volumes van die kommissie se verslae saambind.

“Die verdoemende bevindinge in die derde deel van die verslag maak dit dringender as ooit dat alle Suid-Afrikaners die DA se hangende parlementêre mosie van wantroue in die kabinet moet steun.”

Die VF Plus-leier Pieter Groenewald sê op sy beurt verdere ondersoek behoort ingestel te word aangesien verskeie hoës in die politiek geïmpliseer word.

“Die VF Plus wil sien dat die ondersoekdirektoraat die ondersoeke doen. Indien dit nie gedoen word nie, was die Zondo-kommissie ’n klug en ’n vermorsing van R1 miljard van belastingbetalers se geld.”

Steenhuisen sê dit is uiters belangrik dat die ANC se greep van politieke mag verwyder word.

“Die oomblik van waarheid het vir president Cyril Ramaphosa aangebreek. Gaan hy sy eie politieke party en sy talle politieke bondgenote wat deur die verslag by korrupsie geïmpliseer word, tot verantwoording roep?

“Gaan hy die kabinet afdank wat ons land gefaal het?” wil Steenhuisen nou weet.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

Tikkel Tokkel Jimpels Gogga ·

Die weet ons al lankal, vraag is, wat gaan die klomp skelms doen met die klomp skelms?

Kokerboom ·

Doen die eerstye klomp skels iets aan tweede klomp skelms dan is eerste klomp skelms uiters bang wat die tweede klomp skelms na-ure aan hul kan doen wat eerste klomp skelms hul lewe en luukshede kan kos. Hond gaan hond eet. Dus rede vir Ramaphosa om soos ‘n kat op ‘n warm plaat te loop

Swerwer ·

Gee kans die skelms sal die skelms uitroei. Hul hou mos nie daarvan om in eie munt terug betaal te word nie.

Christine ·

Ek hoop dat ‘n burgerorganisasie soos Afriforum die regering in die hof kan daag dat alle munisipaliteite wat nie skuld betaal en dienslewering lewer nie, weggeneem moet word van daai spesifieke politiekeparty in beheer, en oorgegee word aan Afriforum of ‘n ouditeursfirma om die finansies en dieste oor te neem.

Swerwer ·

Natuurlik weet almal dit want die kommunistiese neigings wat in hierdie land heers is alles te danke aan die ANC. Van die President tot die laagste een op die grond is deurtrek van kommunisme. Slegs ons geloof in Christus kan ons deur dra.

gatgogga ·

Nee, dis te maklik. Slegs daadwerklike optrede kan ons deurdra.

Hennie ·

Vir wat lag daai twee op die foto? Is daar is snaaks wat ek gemis het? Gemors!

Nie Verbaas ·

Laat hulle maar lag. Mens kan sien die krag is aan maar die ligte is af in daai gesiggies. Of dalk het iemand n opmerking gemaak en gesê hulle moet begin werk vir hulle salarisse.

Nie Verbaas ·

Die verslag bevat seker dieselfde as die boek “Reasons to vote for the ANC”

Swerwer ·

Baie selfvoldaan die 2 , hul geniet die oomblik om die landsburgers die hoenders in te jaag met hul houdings

Blikkies ·

Alles vir hulle is mos ‘n groot Grap, selfs as jy hulle in die gesig vat en reguit vertel hoe sleg hulle is lag hulle net……dit is eintlik van Onnoselgeid.

Yvonne ·

Hulle weet seker die inligting is nikswerd nie….almal is onskuldig in ontkenning eish

Jack ·

Ja dit is een ding om die kabinet af te dank maar waar kry ons nou enigsins ‘n geskikte kanidate om die posisies weer vol te staan.Sekerlik nie in die ANC nie.Van sleg na slegter.

Marina ·

EFF !!! maar stem sleg na slegter, trappe van vergelyking van sleg het ook intussen baie verander

Sobymykoolkop ·

Verstommend!! Dan staan en lag hulle asof hulle een of ander prys gewen het.

Hendrik ·

As ek so na die foto kyk is daar beslis niks om oor te glimlag nie. Geen skaamte hierso nie.

Mier14 ·

Maar wanneer GEBEUR daar nou eintlik iets? Praatjies maar geen aksie.

Nie Verbaas ·

Ramaphosa was Zuma se regterhand en moet my nie vertel hy was nie bewus of deel van al die korrupsie nie. Wat Zuma en sy stigting se grappige kommentaar aanbetref, julle redenasie vermoë en intelligensie is ooglopend n bewys van julle totale skeiding van die realiteit. Wie gee in elk geval om wat Zuma sê. Dit was sy keuse om nie voor die kommisie te getuig nie.

ABDP ·

Waarom die groot “smiles” as hulle die verslag vir mekaar oorhandig?

SjN ·

Regte klomp kader mafias, wat van n staatsgreep, die gereg is in elk geval onbevoeg.

Pierre ·

Die ANC sal aan die verkeerde kant van geskiedenis staan, skaamtelose diefstal van die einste mense wat hulle propageer om op te bou.

Pietertjie ·

Die misdaad sindikaat het homself ondersoek. Die sindikaat gaan homself seker nou ‘n waarskuwing gee om nie weer só uitgevang te word nie.

Kensy ·

SOOOO baie stories oor kurupsie… en tog is dit net die oortjies van die seekoei. Daars nog baie waarvan ons salig onbewus is.

Die bottom line is… GEEN politieke party moet OOIT WEER twee derde meerderheid stemme hê nie… hulle moet verantwoordbaar wees aan die opesiesie partye! TE VEE MAG = SKELM STREKE

Papsak ·

Ja en wat gaan gedoen word met hulle soos gewoonlik niks en weer niks gaan maar net stil verdwyn want bang vir hulle dank almal af

Magda ·

ALL NATIONAL CRIMINALS, DIT IS WAT HULLE IS, HULLE HET SA GEKAAP EN VIR NIEMAND ENIGE BEVRYDING GEGEE BEHALWE HULLE EIE KORRUPTE KADER AANSTELLINGS WAT SUID AFRIKA VERNIETIG HET. HULLE MOET ASAP VERWYDER WORD AS N POLITIEKE PARTY ASOOK EFF, WANT HULLE IS WEER DIE RASSISTIESE KLOMP GEMORS WAT OOK SA GAAN VERNIETIG AS JULLE OOIT DIE KANS SAL KRY, MAAR EK GLO GOD SAL VOORSIEN. AMEN

Blikkies ·

Waarnatoe nou……hulle gaan hulle self nie ondersoek nie en die ondersoekdirektoraat gaan beslis nie hulle koppe op ‘n blok sit nie.

Owlie ·

Dis tyd dat die volle verslag woord vir woord soos deur Zondo uiteen gesit aan die publiek bekend gemaak word, die brlasting veralers wat die land aan die gang hou – weereens ontkenning, bedrog, cover up….Partye moet nou saam staan, ons land moet saam staan – impliseer die hoës wie hulle ookal is, van watter party hulle ookal is en kry klaar Hoekom nog langer uitrek, nog tyd vir meer bedrog en verwoesting Staan nou saam sodat ons as n land kan saamwerk om weer op te bou en te red Hoe langer hierdie nuwe wetse speletjie van ontkenning, uitrek van hofsake, sloer op verslae toe gelaat word hoe groter is die verwoesting

Yvonne ·

Absoluut raak gese…..niks anders as n misdaad sindikaat nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.