Verslag bevind glo wanbestuur by Robbeneiland

Lugfoto van Robbeneiland vanaf Tafelberg (Foto: Jeanine Smal/Pixabay)

Die DA in die Wes-Kaap neem met kommer kennis van berigte van wanbestuur van fondse en hulpbronne by die Robbeneiland-museum. Dit het tot beweerde verwaarlosing gelei van die eiland en senior bestuurslede wat glo salarisverhogings van meer as 250% ontvang het.

“Ons neem ook kennis dat die Robbeneiland-museum gepoog het om die eiland se agteruitgang uitsluitlik toe te skryf aan die impak van die Covid-19-afsonderingsperiode, ondanks berigte van wanbestuur wat al oor minstens 11 jaar strek toe bewerings van bedrog aanvanklik aan die lig gekom het,” het Reagen Allen, die DA se provinsiale woordvoerder oor kulturele sake, in ʼn verklaring gesê.

Die bewerings van wanbestuur is vervat in ʼn verslag wat aanvanklik deur die nasionale departement van kuns en kultuur versoek is en daar was bewyse dat ʼn dissiplinêre proses van stapel gestuur moet word. “Desondanks het die nasionale regering geweier om die verslag vry te stel, terwyl daar beweer is dat hy 100% deursigtig is oor die Robbeneiland-museum,” het Allen bygevoeg

“Ek sal die eiland vandeesweek besoek om eerstehands die toestande te sien en te bepaal watter stappe volgende gedoen moet word om die bestuur van die Robbeneiland-museum en die nasionale departement aanspreeklik te hou.”

Allen sê hy besef dat Covid-19 erge druk op die kuns- en kultuurbedryf geplaas het, maar “ons kan nie toelaat dat die pandemie as ʼn verskoning gebruik word om ʼn verslag oor ʼn Wêrelderfenisgebied so fundamenteel soos Robbeneiland, in ʼn sluier van geheimenis te hul nie”. “Die museum word per slot van rekening deur die belastingbetaler gefinansier.”

Allen sê die DA doen ʼn beroep op minister Nathi Mthethwa om dringend die regte ding te doen en die verslag vry te stel en die stappe bekend te maak wat gedoen gaan word om kwessies op die eiland te takel. “Dit is belangrik dat die publiek weet wat by die museum gebeur. Die museum bevat ʼn berg geskiedenis en die voortgesette geheimhouding bedreig sy reputasie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Porseleintjie ·

Tsjk tsjk… Nog n plek in SA besmet met korrupsie.

SjN ·

Anc is baie dom maar super slim as dit by wanbestuur, korrupsie en skelmstreke kom.

Hennie ·

Ja ja, gee weer vir covid die skuld. Mag wag ‘n bietjie, hoelank is die DA in die Kaap, en val die bestuur van Robbeneiland nie onder julle dan nie?

Kobus ·

Vreemd dat die ANC altyd weet van die probleme maar het hulle nooit oplossings nie. Kan ook nie voorkomend optree nie. dan vlieg die beskuldigings heen en weer maar niemand neem verantwoordelikheid nie

Kokerboom ·

Wys my een ding wat die kaders in 27 jaar kon bestuur?!!!

Blikkies ·

Vrot van die Korrupsie, wanbestuur, kan nie eers ‘n ou tronk skoon hou nie. Maak toe die plek, wie wil in elk geval geld mors om na daai verdraaide stories te gaan luister.

Anoniem ·

Stoot die plek plat, verkoop dit aan ‘n privaat eiendoms ontwikkelaar en rig ‘n luukse hotel/ontspanningsoord op wat kan geld genereer. Buitelandse toeriste sal baie betaal vir sulke verblyf.

Keith ·

They should close the whole Island down and turn it into a …. nothing. Problem solved.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.