Die spesiale ondersoekeenheid (SOE) se ondersoek na die omstrede grensdraad 20 km weerskante van Beitbrug op die grens van Zimbabwe het uitgelek en dit lyk nie goed vir die minister van openbare werke, Patricia de Lille, nie.
Die verslag is Vrydag per e-pos aan die voorsitter van die parlement se staande komitee oor openbare rekeninge (Skoor), die IVP-LP Mkhuleko Hlengwa, gestuur.
Dit is onder lede van die komitee versprei en Samantha Graham-Mar, DA-LP, het ʼn gedeelte daarvan bekend gemaak. Daarvolgens het De Lille op 16 Maart ʼn opdrag aan adv. Sam Vukela, direkteur-generaal van openbare werke, gegee dat die hele tenderproses binne vier dae afgehandel moet word en dat sy weekliks op die hoogte gehou moet word.
Die probleem vir De Lille is dat daardie opdrag uitgereik is twee dae vóór die afsonderingstydperk se regulasies van krag geword het, wat beteken haar gedrag was onwettig.
Voorts word ernstige vrae gevra oor die rol en betrokkenheid van Melissa Whitehead, spesiale raadgewer en jare lange vertroueling van De Lille, by die hele grensdraad-fiasko.
Die verwagting is dat Skoor die verslag binne die volgende paar dae sal bespreek.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
10 Kommentare
Die tannie moet solank ‘n draai by die apteek gaan maak.
Hierdie tannie het darem baie om te sê as hulle haar aanvat. Lekker glad met die mond en probeer alles systap. Hoop hulle het darem nou die regte handskoene aan om haar ‘n bietjie in te trek wal toe, want sy ‘n darem glad soos ‘n paling
Kom ons wag vir die verskonings uit die ANC handboek.
Ai Tog… skryf maar n ou briefie aan Aunty Mona en kry maar raad van haar af….
Ne? Anti Trish? No way! Sys dan SO above all en alles as dit kom by niks verkeerd doen nie? Lekker uitverkoop aan die ANC so moenie worry nie…sys deel van die onaantasbare kader.