Verslag oor dubbelstandaarde wat geld by rassisme kom

Argieffoto

Die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI) stel sy verslag getiteld “Rassisme, haatspraak en dubbelstandaarde: Geensins ʼn eenvoudige swart-en-wit-saak nie” vandag (4 April) by ʼn perskonferensie in Pretoria bekend.

Die SNI het gesê dié verslag vorm deel van die vakbond Solidariteit se landswye veldtog teen selektiewe rassisme en bestaan uit ʼn grondige bespreking oor die selektiewe hantering van rassisme in Suid-Afrika.

Volgens Connie Mulder, hoof van die SNI, is rassespanning in 2016 in Suid-Afrika opnuut aangeblaas deur onder andere Penny Sparrow, Velaphi Khumalo, Matthew Theunissen en Julius Malema. In die lig van hierdie verhoogde rassespanning ondersoek die SNI verskeie van hierdie hoëprofielsake en hoe dit hanteer is. “Met die hulp van die seepkissie wat sosiale media bied, stereotipeer en misbruik rassiste van alle kleure en oortuigings mense van ander rasse. Sommige gaan selfs so ver as om haat en geweld aan te blaas teen andere, veral minderhede,” het Mulder gesê.

Mulder voer aan dat Suid-Afrika ʼn wanbalans ten opsigte van die hantering van rassisme beleef. “Dit is belangrik om te kyk hoe daar in Suid-Afrika met rassisme gehandel word in die lig van die skade wat dit aan sekere mense en ook die gemeenskap as ʼn geheel kan aanrig. Op die oomblik sien ons dat verskillende standaarde vir verskillende groepe geld. Politici en staatsamptenare is tans die grootste aanstokers van selektiewe rassisme en hulle gebruik hul gesagsposisies om die massa te beïnvloed,” het Mulder gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Wicus Jansen Van Vuuren ·

Soos altyd word daar net teen die blankes op getree. Wat verwag julle van regering wat ons as indringer​s beskou.

Kaspaas ·

Daar was onlangs veslagte dat it aangeblaas word deur PR maatskappye in die buiteland (wat deur sekere party in SA betaal word) – het julle dit ingelsuit in julle ondersoek?

Soek nuus aanlyn oor: Campaign to name and shame Bell Pottinger…. (Citizen)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.