Verslag oor e-tol vandag bekend

Argieffoto

Argieffoto

David Makhura, premier van Gauteng, en sy uitvoerende raad sal Donderdag die adviespaneel, wat die sosio-ekonomiese impak van die e-tolstelsel op die provinsie se snelweë moes ondersoek, se finale verslag bekend stel.

Die premier se kantoor het in ʼn verklaring gesê die verslag sal Donderdag om 12:00 tydens ʼn mediakonferensie bekend gemaak word.

Makhura het die paneel in Julie op die been gebring om die ekonomiese en maatskaplike impak van die e-tolstelsel te ondersoek. Die ondersoek het met openbare verhore gepaard gegaan.

Die paneel het sy verslag op 30 November aan Makhura oorhandig maar die inhoud daarvan is nie bekend gemaak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.