Verslag oor grond ‘voorspel probleme vir landbou’

plant-plantjies-grond

Foto: Binyamin Mellish/Pexels.com.

Agri SA sê hy is baie bekommerd oor verskeie aspekte van die presidensiële adviespaneel oor grondhervorming en landbou se verslag, wat insluit omstrede voorstelle soos die wysiging van die Grondwet en grondplafonne.

Omri van Zyl, Agri SA se uitvoerende direkteur, sê Agri SA ondersteun geen beleid of wetgewing wat inbreuk maak op eiendomsregte of enige ander fundamentele reg wat deur die Grondwet beskerm word nie.

“Indien die voorstelle in die verslag ingestel word soos dit uitgestippel is, sal dit voedselsekerheid vir elke Suid-Afrikaner in die weegskaal laat hang.

“Belegger- en sakevertroue is reeds laag en die laaste ding wat ons nou nodig het, is nóg druk op die ekonomie en die landbousektor.”

Dan Kriek, Agri SA se president, was ʼn lid van die adviespaneel. “Dit het egter mettertyd duidelik geword dat daar fundamentele verskille tussen paneellede is in opvattings en benadering ten opsigte van grondhervorming.” Kriek en sy medepaneellid, Nick Serfontein, het daarom ’n alternatiewe verslag saamgestel wat veral op privaatsektor-oplossings fokus.

“Die alternatiewe verslag bied sinvolle oplossings vir grondhervorming, wat nie in besonderhede uitgespel word in die paneelverslag nie,” het Annelize Crosby, Agri SA se beleidshoof oor grond, gesê. “Ons is van mening dat grondhervorming in plaasgebiede vooruit sal kan beweeg met die daarstel van ’n landbou-ontwikkelingsagentskap waar die privaat sektor in die bestuur en finansiering van volhoubare grondhervorming die voortou kan neem.”

Tydrowende konsultasieprosesse wat na verwagting op die bekendstelling van die paneelverslag sal volg, kan die inwerkingstelling van grondhervorming kniehalter.

“Ons moet nou eerder saamwerk en betekenisvolle projekte in werking stel tot voordeel van die sektor,” sê Crosby. “Indien die konsultasieprosesse wel begin, sal Agri SA daaraan deelneem en seker maak dat die ekonomiese werklikheid, wat nie in die paneelverslag genoegsaam in ag geneem word nie, ook aangeraak word.”

Agri SA is ook bekommerd oor die mosie in die parlement wat Donderdag bekendgemaak is. Dié mosie dui op ʼn duidelike voorneme deur die regerende party om voort te gaan met die onnodige en potensiële skadelike wysiging van die eiendomsklousule.

“Dit word duidelik net om politieke redes gedoen, aangesien dit nie geregverdig is nie en geen oplossing vir grondhervorming bied nie,” het Crosby gesê.

“Agri SA bly verbind tot ons lede en die volhoubaarheid van die landbousektor. Agri SA wil benadruk dat ons teen enige wysiging van die Grondwet gekant is en geen steen onaangeroer sal laat om die regte van boere te beskerm nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Werner ·

Agri is so ver agter die tyd as hulle se ons het probleme is ons in ons ….

Gatvol ·

Jammer om te sê hoe gouer ons val hoe gouer kan ons weer opstaan

Chrisjan ·

Ek stem saam met jou “Gatvol”. Ek kyk al klaar uit vir geleenthede hoe ek uit hierdie gemors sal kan geld maak. This is Africa … ons moet aanpas en nuut dink en die foute wat gemaak is/nog gemaak gaan word uitbuit en innoverend dink. Anders gaan ons ons $#@% solidly sien.

D Meyer ·

Jy is 100% reg, Afrika het ditself bewys as inferior. Dit weet nie wat wereldleierskap beteken nie en volg maar net wereldmoondhede en leiers na. Kyk na die belaglike Afrika Unie met sy Pan Afrika Parlement, Mbeki se Afrika Renaissance (wat nooit sal gebeur nie) ensovoorts. Afrika (uitgesluit Noord Afrika) is gedoem tot mislukking. Dit is tot niks instaat nie. Dit kan nie behoorlik ontwerp en innoveer nie. Dit kan nie behoorlik bestuur en regeer nie. Dit is die vakuum wat benut, oorheers en uitgebuit moet word tot die westerse voodeel. As die Weste nie die geleentheid benut nie, gaan die Ooste inspring, wat hulle reeds besig is om te doen.

Bekommerd ·

D Meyer – dit is juis die Ooste wat die Afrika-leiers omkoop om sulke dom besluite te neem. Afrika-leiers is so gierig en selfbehep, dat hulle net China se geld sien en nie deur hulle planne om Afrika oor te vat nie. Ek hou van julle denkwyse van wees innoverent en beplan hoe om buit te slaan op hulle foute. Ons moet nou net die arm witmens ook weer ophef.

D Meyer ·

AgriSA en ook by name die Serfontein-vent uit die Vrystaat het die graf help grawe vir Suid Afrikaanse kommersiele boere omdat hulle , toe hulle die regering die rug moes keer, gedink het hulle kan saam met die klomp skurke van die regering in die spreekwoordelike bed klim. Hulle was gewaarsku gewees, net om later te ervaar hoe hulle in die bek geskop word. Was die voorbeelde wat ou Piet Retief en ou FW en sy trawante gestel het dan nie voldoende om tot die besef te kom dat Afrikaners en in besonder boere nie hierdie mense kan vertrou nie? Kruipery gaan ons nerens bring nie en ek wens die idiote in ons midde wat dink hulle gaan spesiale voordeel trek deur hand om die blaas met die vyand te verkeer, wil dit in hulle koppe kry !

Johanna Botha ·

Almal waarsku en slim mense lewer kommentaar …en DIT is die uitkoms ….niemand luister nie !

Francois le Cochon ·

Gelukkig kan kos goedkoper ingevoer word as wat dit plaaslik geproduseer word. Goedkoper kos is dus ons voorland. Hoe sleg kan dit wee

Werner ·

Wel as jy van ander lande se weggooi kos hou en hoenders wat vol water gespuit word seker nie te sleg nie

Geskok ·

Francois ek hoop jy bedoel dit sarkasties. Party produkte word goedkoop in SA “gedump” maar ander sal jy ten duurste moet aankoop.
Het jy mooi gedink aan die gevolge van die stelling?
Landbou lewer ‘n groot bydrae tot die BBP. Verder verdien dit buitelandse valuta met uitvoere. Indien ons nie kan produseer nie sal daar nie genoeg valuta wees om invoere mee te betaal nie.
Werkloosheid en daarmee saam misdaad gaan erger wees.
Kom ons verbeel ons al die produsente kan vir 2 jaar niks plant nie.
Al die arbeid in die landbou werkloos.
Al die mense by verwerkingsaanlegte werkloos.
Varsprodukte markte maak toe en alle agente en personeel werkloos.
Kunsmis en chemiese maatskappye werkloos
Al die werklose mense kan nie kos koop, paaiemente betaal, krag betaal, medies betaal ens ens nie.
Supermarkte maak toe want omset raak te min.
Die lys kan aangaan en aangaan.
Die regering se belastinginkomste neem af.
Sien jy regtig kans om om te verduidelik hoe jou stelling tot enige voordeel kan wees?
Voor jy weer rustig ‘n glasie wyn skink of kos op ‘n vurk skep raak ‘n oomblik stil en besef dat dit met moeite en uitdagings geproduseer is.
Die proses het ook inkomste vir baie gesinne voorsien.

Jimmy ·

Met ‘n rand wat waarde verloor sal ons dan ‘n fortuin vir substandaard voedsel betaal.

Judge Dredd ·

En as die rand verswak soos in Zimbabwe?
Dan is daai goedkoop buitelandse hoendertjie ewe skielik nie meer goedkoop.

Gatvol ·

Ons is al klaar n 2De Zimbabwe. Ons voedsel ketting gaan in n groot situasie verander en hongerte gaan ons in die oe staar

Al ·

Die ANC regering is so gewoond daaraan dat belastinggeld ñ sagte kussing en buffer is, dat hul totaal uit voeling is met die realiteit van jan alleman op straat. En hoe om ñ land ekonomies sterk te bestuur.
Hierdie is weer so ñ geval.

Jan ·

Julle is verkeerd. Die anc weet presies wat hulle doen. Hulle gaan almal veral die blankes verarm sodat hulle alleen ryk kan wees…

Penellope Jones ·

Die regering aan die ander kant is nie bekommerd nie omdat hulle nie realisties is nie.
Dit gaan meer oor vat wat hulle kan as dink voordat hulle doen.

Johanna Botha ·

Net geweet die anc sou van dit ook n gemors maak …noem net EEN ding wat die anc kon regdoen behalwe plunder ! ?

Oujongvrou ·

Mense groot asb gaan kyk op google na United liberty alliance en stem vir afstigting. DOEN IETS!!!

jaco ·

toe die AWB en ander regse groepe in die 1980’s reeds gepraat het van Afrikaner/wit afstigting, het die regerende wit Nasionale Party gesê dis rassisties en sal nie werk nie. die regse Konserwatiewe Party en die regse HNP het weer gesê dis onprakties en dit sal nie werk nie. So meeste van ons eie mense en ons selfs regse leiers het nie eens belang gestel nie.
In 1991, NA die ANC gewettig was en almal reeds geweet net hulle sal n veelrassige verkiesing wen, was daar maar net 60 mense (ja 60 soos in sestig) by die stigting van Orania. die droom daardie dag dat daar oor 25 jaar 60duisend mense sal woon, is nie bewaarheid nie. vandag is daar maar 1200 en hulle is verdeel in AG kerke!
Vryheidsfront se stemme daal na elke verkiesing. dit het eers in 2019 weer die vlak van 1994 bereik. ek weier om te glo die wat nie vryheidsfront stem nie is almal dood of weg uit die land of by die DA.
So ons eie mense se apatie en gebrek aan belangstelling help ook maar lekker ons eie ondergang aan

Deon ·

Ek hou van die werk wat die ULA doen. Dis alles behalwe rassisties en is gebou op historiese feite en realiteite. Die weste van die land moet afstig en die ooste behoort aan swart mense. Op die huidige trajek is anargie ons voorland.

Staan saam ·

Oujongvrou, die ANC sal NOOIT instem tot afstigting nie! Hulle is te bang afgestigte area sal die enigste area in SA wees wat vooruitgang toon! Die gepeupel sal na daai area stroom vir werk en kos! Dit sal ‘n oase wees te midde van ‘n woestyn.

Sarel ·

Ja my mede Afrikaner, gaan voort en doen wat ons die beste kan doen, verguis mekaar. Indien daar nie deel name was nie, Vermoedende die uitkoms sou ons na behore kon bydra tot die komende regstryd? Het u al uitgevind waar n finansieele bydra gemaak kan word. Ek vermoed oor daardie deel gaan u stil bly en ander laat om die kostes te absorbeer.

Stand for change ·

Kom sê ons, Sarel…. waar voel jy moet die finansiële bydra gemaak word? Ek werk al vir 40 jaar en het ‘n trok vol belastinggeld bygedra. My bydrae kan ek sien in die paaie, die staatsinstansies wat opgebou was soos SAL, Spoorweë en Hawens, munisipaliteite, poskantore, ESKOM, die ou ISKOR, SASOL, ens. Ens. Ek sien hoe dit afgebreek word deur diegene wat finansieël niks bygedra het nie en jy kom vra wat ek finansieël bydra? Hoe oud is jy, my ou? 18? Jy praat of jy nie weet wat om jou aangaan nie! Ek dra wel nog finansieël by…. vir vriende en familie wat nie werk kry nie, vir wit plakkerskampe en deur vrywillig hulp verleen in my samelewing. Wat dra jy by? Kom sê vir ons.

John ·

Gister terwyl kerkdienste aan die gang is, kom die anti-doktor met die grootse geskrif ter verdoemenis. Haar tydsberekening vertel alles oor die grondgrypbende se wysheid en respek. Hierdie hogere plan wat verkeerd in plaas van reg/geregtigheid kies, gaan erge chaos in eie swart geledere bewerk, want die een groot siekte waarteen geen aardse muti bestaan nie, is jaloesie en gierigheid; Afrika gaan mekaar uitmoor vir dit wat nie aan hulle behoort nie. SA gaan in rekordtyd Zim verbysteek na die pruttende put vol verdriet…

Johan ·

Om eiendomsreg (nogal op grond van ras) te ignoreer is niks anders as grondkaping nie. Dit is en bly verkeerd. Dit is nie alleen bitter onregverdig nie maar maak die deur oop vir verdere grootskaalse korrupsie.

marous ·

Glad nie lekker as die blaas wat jou handjies so knus vasgehou het bars en jou vol spat nie . Sit maar en staar in die onderhandelings potte wat nou net vol brommers is menere sus en so .

Eric Bornman ·

AgriSa dans met die vyand en ondersteun Jesus Ramaposa se beleid, nou wil hulle kerm soos tipiese liberaliste. Verandering is goed, solank dit net nie op my voorstoep is nie.
Val gaan dit val, los die dominoes. Ons sal optel na die Broeders se val.

Grysburger ·

Hoe gouer die grondwet verander hoe beter.

Die oomblik wanneer enige eiendom gekonfiskeer word op grond van ras sal baie van ons kwalifiseer vir politieke asiel in baie lande.

Hierdie land is in elk geval in ‘n afwaartse spiraal.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.