Verslag oor grondhervorming nou by Ramaphosa

Pres. Cyril Ramaphosa, dr. Vuyo Mahlati, voorsitter van die paneel en adjunkpres. David Mabuza tydens die oorhandiging van die verslag. (Foto: Elmond Jiyane, GCIS)

Pres. Cyril Ramaphosa en sy adjunk, David Mabuza, het Dinsdag die verslag van die presidensiële adviespaneel oor grondhervorming en landbou ontvang.

Die paneel is in September verlede jaar aangestel om die inter-ministeriële komitee oor grondhervorming, waarvan Mabuza die voorsitter is, te adviseer oor ʼn wye verskeidenheid beleidsake soos restitusie, herverdeling, verblyfreg en landbousteun.

Dit moes maniere hersien, navors en steun sodat die regering ʼn regverdige en gelyke grondhervormingsproses kan implementeer om historiese ongeregtighede reg te stel, landbouproduksie te verbeter, ekonomiese groei te versnel en voedselsekerheid te beskerm.

Die paneel moes ook ʼn uiteensetting gee oor grondbeleid gesien in die lig van voortslepende ongelykheid, onbevredigende grond- en landbouhervorming, asook ongelyke stedelike grondontwikkeling.

Dr. Vuyo Mahlati, president van die African Farmers’ Association of South Africa (Afasa), was die voorsitter van die paneel, wat uit verskeie kenners bestaan het.

Paneellede het ingesluit die leierboer Nick Serfontein, Dan Kriek, president van AgriSA, adv. Tembeka Ngcukaitobi van die Johannesburgse balieraad, en prof. Mohammed Karaan, verbonde aan die Universiteit Stellenbosch.

Die inter-ministeriële komitee en die adviesraad het oor ʼn tydperk van agt maande met rolspelers in verskeie sektore vergader.

Ramaphosa het die span vir hulle werk bedank.

Die presidensie het gesê die verslag is ʼn belangrike stap om ʼn unieke Suid-Afrikaanse oplossing vir probleme te vind en ʼn samelewing te bou waar almal in die land se skatte deel.

Die verslag word nou eers aan die kabinet voorgelê, waarna dit bekend gemaak sal word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

James ·

Vat nou maar al die grond. Weet julle wil en net die as n formaliteit beskou.

Regs! ·

Nog ‘n stappie nader aan totale ekonomiese ineenstorting en burger oorlog!

Judge Dredd ·

Ek sien die die paneellede bestaan uit ‘n klomp ANC meelopers.

Wees maar gewaarsku – die gewone wit boer gaan onder die bus gegooi word, veral die waar daar moontlik gemyn kan word – die suksesvolle megaboere sal grootliks beskerm word, sal net miskien gevra word om so nou en dan ‘n ongebruikte stukkie grond te skenk – dis nou om die illusie van ‘n gelukkige en vreedsame grondoorname te toon.

marous ·

Laat die verorberaars vat en klaarkry . Sorg net dat daar geen gebou , dam of selfs ‘n buite toilet staan nie .

Karin ·

Ai, daai gevaarlike “boer” is weer daar ook!!!!!
Ek hoop en bid, hy luister na sy.gewete!
Mag genade en vrede ons toekoms wees!

chrisjan ·

Ek glo boere met meer as een plaas is die’ wat eerste geteiken gaan word.Dan boere wat grootskaal gemeganieseer het en minimum werk verskaf sal volgende wees.Maar laat ons nou nie die kar VOOR die perde inspan nie.Kom ons wag en kyk waarheen gaan dit : Vrede en ekonomiese groei en vooruitgang vir die land of burgeroorlog en ineenstorting van alles.Ramaja het nie ‘n wye keuse om te maak nie.

Juanita ·

Ek dink dat hulle baie teen kanting gaan kry. Grond eise is n moontlikheid maar dit gaan nie so maklik wees vir hulle nie hulle kan maak wat hulle wil.

Frm ·

Die laaste deel van hulle opdrag weet almal mos dis die negatiewe maar deur propoganda maak hulle dit die doel. Ai hierdie ouens is slim hoor. Dis hkm die staatskas ook leeg is omdat hulle so “slim” is.

JohanL ·

Wel as hulle die “ongeregtighede van die verlede” wil regstel, onthou dan net dat geen grond aan enige swarte gegee mag word in die area wat ons geken het as die ou Kaapkolonie nie, uitgesluit grond noord of noord-oos van die Visrivier (deel van Oos-Kaap). Geen swarte het ooit “in die verlede” daar grond besit nie.

Wonder van watter jaartal af reken die swartes is hul “verontreg”. Kan die klein handjievol San mense wat tans nog lewe, nie dan ook aanspraak maak op die “hele Suider-Afrika” nie? Die swartes het tog van Sentraal-Afrika suidwaarst gemigreer en die San se grond hier kom afvat. Of is dit nou seker weer aanvaarbaar?

Of wat van Mzilikazi se Matabeles? Kan hulle nou ook terugkom en grond terugeis wat hulle verloor het met die Mfecane?

Kleuters ·

Die regering van ouds, onder leiding van Verwoerd gee aan ons mede Suid Afrikaners lande sonder vergoeding. Hulle huil. Ons maak toe die land een. Nou huil hulle, hulle soek land sonder vergoeding…

cc van pr ·

KLEUTERS,JY IS DOODREG. GAAN LEES DIE BOEK ” DIE LAASTE BLANKE AFRIKANER LEIERS” DAN SAL JY SIEN HOE VERWOERD DIE MENSE PROBEER BEMAGTIG HET IN DIE VOORMALIGE TUISLANDE.DESTYDS IS DIE BLANKE BOERE OOK ONTEIEN. WEL MET VERGOEDING.EKONOMIESE GROEI IS VANAF 6% PER JAAR GREDUSEER NA MINDER AS 3% NA TWEE JAAR EN NA DRIE JAAR IN ‘N NEGATIEWE SYFER IN. STEEDS WOU VERWORD HULLE HELP MAAR IS DEUR DIE REGERING VAN DIE DAG HALT GEROEP. PERSOONLIK GLO EK TOT VANDAG TOE DIE REDE AGTER VERWOERD SE MOORD HET NIKS MET APARTHEID TE DOENE GEHAD NIE MAAR WEL MET SY BEMAGTIGING EN ONAFHANKLIKHEID VAN SWART MENSE.

Dries Moolman ·

Nou gaan Ramaphosa seker ‘n komitee saamstel wat ‘n tweede komitee moet saamstel om die verslag te lees, en dan ‘n verdere komitee om die tweede komitee se bevindings te ondersoek, en so gaan ons al in ‘n sirkel soos by die sirkus.

Janine ·

Kom vat maar jul grond…dis al wat hier gaan wees as jul kom vat…ons swoeg en sweet sal jul nie kry nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.