Verslag oor KZN-onkologie-eenheid dán bekend

Hospitaal_wagkamer_vuurvreters_pixabay-2.jpg

Foto: pixabay.com

Aaron Motsoaledi, minister van gesondheid, het Woensdag laat hoor sy departement sal Vrydag die forensiese verslag ontvang van die oudit oor die redes waarom twee radioterapie-masjiene in die Addington-hospitaal in KwaZulu-Natal gebreek het. Die feit dat dit nooit herstel is nie, het gelei tot die dood van honderde kankerpasiënte.

Hy het die uitlating gemaak terwyl hy die parlement se portefeuljekomitee van gesondheid toegespreek het.

Die oudit is aangevra ná die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK) verskeie bevindings gemaak het. Dit sluit in dat Sibongiseni Dhlomo, LUR, die regte van pasiënte by die Addington- en Albert Luthuli-hospitale oortree het. Die MRK het onder meer geëis dat die masjiene onmiddellik herstel word.

Dhlomo het laat hoor Varian, die vervaardiger van die masjiene, het sedertdien ʼn assessering gedoen en bevind die departement het twee opsies. Die eerste een is om die sagteware te herstel en by te werk en dan ʼn onderhoudskontrak te teken. Die tweede opsie is dat die masjien met die minste skade herstel en ʼn ander masjien met beter tegnologie aangeskaf word.

Daar is besluit op die tweede opsie omdat dit volgens Dhlomo meer kostedoeltreffend sal wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

chris ·

Die masjien sal nie breek as daar onderhoud uitgevoer word , groot woord

chris ·

Die masjien sal nie breek as daar onderhoud uitgevoer word , groot woord

Eish ·

Die voortdurende verval en die ongeêrgde houding teenoor diegene wat in die kruisvuur met hul lewens moet boet, grens aan moord. Eers die psigiatriese pasiënte wat soos n gebruikte sneesdoekie behandel is. So gaan dit van kwaad tot erger. Dis werklik n kwade dag wanneer menselewens so in waarde daal, hetsy deur misdaad of wanadministrasie. Dit is eenvoudig twee kante van dieselfde munt. Verval.

snoefie ·

as daar minder op rassisme gewag word kan die minister van gesondheid sy vingers op die pols hou deur gereeld by staatshospitale op te daag en homself sodoende te vergewis dat alles werk. so mag daar self beter dienskewering by sulke plekke wees. want hulle sal nooit weet wanneer hy hulle hospitaal besoek nie. maar hy is seker bang iets smeer aan sy klere af of sit vas op sy skoen.

G ·

As staatshospitale en klinieke beter diens lewer, gaan minder mense van mediesefondse gebruik maak, en die mediesefondse, die privaatsektor, en die staat gaan BAIE geld verloor. Dus, hoekom sal die regering die omstandighede wil verbeter?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.