Verslag oor ‘persgesig’-ondersoek nie beskikbaar

swartgesig-herrie-by-US-Maties

Een van die meisies wat valslik daarvan beskuldig is dat sy haar gesig “swart” gesmeer het. Foto: Facebook

Die uitslag van die ondersoek na die sogenaamde “persgesig”-aangeleentheid by die Universiteit Stellenbosch (US) was nie Woensdag beskikbaar soos verwag nie.

Die US het twee weke gelede gesê dat ʼn kommissie van ondersoek aangestel is om die manier waarop die omstrede saak hanteer is te ondersoek. Twee studente is vroeër vanjaar geskors nadat ʼn foto op sosiale media versprei is waarin dit voorkom asof hulle hul gesigte swart gesmeer het.

Poekie Briedenhann (20) en Jo-Anne Cloete (19) se skorsing is opgehef nadat dit aan die lig gekom het dat hul gesigte eintlik pers geverf en met blinkertjies bedek was met die oog op ʼn partytjie met ʼn sterreruim-tema.

Die US het vroeër gesê dat die verslag van die ondersoek, wat deur adv. Renata Williams gelei word, op 30 Maart beskikbaar sal wees. Martin Viljoen, woordvoerder van die universiteit, het Woensdag egter aan Maroela Media gesê die verslag is “ongelukkig nog nie beskikbaar nie”. Hy het alle verdere navrae na die kantoor van die prokureursfirma wat die ondersoek hanteer verwys.

Maroela Media het Woensdag ʼn e-pos na die relevante persone by die Stellenbosse prokureursfirma gestuur, maar wag steeds op terugvoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Klaas ·

Daar is niks om te ondersoek ni. Die US het n gemors van die voorval gemaak en te agterbaks om dit te erken. Klink vir my so baie soos ons “agbare pres”!

Kaspaas ·

Die ANC universiteit is net so agterlik soos hulle hoofman oor 100.

wynand ·

Ek het niks anders verwag nie.Die klomp lamsakke.Hulle ken nie die woord “jammer ” nie.Dit kry jy nou van n hopelose leier -ene Wim.Hy stel tog die voorbeeld dat dit reg is om wit studente ts viktimiseer.

Andre ·

Dis hartseer dat ons oorgekwallifiseerde akademisie nie die integriteit en insig het om wat waar en reg is na te jaag nie, maar eerder hulself probeer beskerm deur leuens en bedrieglike slim verduidelikings.
Hulle sal hul mede afrikaners verraai en uitverkoop.
Walglik!!!

Mielie ·

Niks anders verwag nie, nou so stil soos n muis na al die bohaai. Wim, silm vang ook sy baas…..

Andrè Du Plessis ·

Wat nou de villiers, is jy te geel, of pers om ekskuus te se, oppas jou rassistiese onderrok hang ver uit

Joann ·

Ag weet jul die storie is die mees kinderagtigste wat ek gehoor het. Party van ons mede broers en susters smeer gesigte wit en dra blonde pruike en daarvan word niks gese nie.

Oom kalahari ·

Is dit dan so moeilik om te erken dat daar gefouteer was in die hele spektakel en hierdie twee studente meisies onvoorwaardelik om verskoning te vra vir al die ongerief en vernederings wat hul moes deurmaak. Dit is onnodig om te gaan sif vir ‘n gepoleerde antwoord om alles net onder die mat in te vee. Wim se karakter het pragtig na vore gekom in hoe hierdie debakel gehanteer was en hoe ‘n vervolgings waansin sonder die nodige meriete van ondersoek gedoen was.

Rupert Ashford ·

Julle moet die US ry oor hierdie een Maroela. Die bevindinge maak hulle en sekere individue blootgestel vir ten minste siviele eise en nou wil hulle die verslag terughou.

Genie ·

Ja asseblief Maroela, hou ons op datum met hierdie saak. Ek is baie ge-interesseerd in hoe die US hierdie flater gaan verduidelik!!!!

m ·

Dink nie hulle weet so lekker wat om te se nie want hulle het oorreageer om die wit student te verneder en af te kraak. Jammer gaan nie hierdie storie regmaak nie. Hoop die kinders se ouers is besig met die dagvaardigingsproses…

wynand ·

Andre , jy praat ware woorde . Ek stem 100% met jou saam. Hulle het ons lankal uitverkoop en voel ‘n veer. Hoe meer hulle die wit Afrikaanse studente kan te na kom – hoe beter voel hulle.
Rugraatloos en sonder integriteit is maar ‘n klein manier om hulle te beskryf.

Pieter ·

‘n Mens sou tog seker van so ‘n hoogs aangeskrewe (Engels ANC)) universiteit wat binne een dag twee onskuldige studente kan skors , tenminste om met dieselfde ywer die waarheid sou wou agterkom. Die omslagtigheid en vertragings getuig net van verskuilde agendas en jammer maar eintlik van akademiese armoede

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.