
Pres. Jacob Zuma saam met regter Neels Claassen tydens die oorhandiging van die verslag in Pretoria. Foto: GCIS
Pres. Jacob Zuma het Donderdag ʼn finale verslag ontvang oor genl. Riah Phiyega, geskorste nasionale polisiekommissaris, se geskiktheid om haar amp te beklee.
Zuma het in September 2015 ʼn kommissie van ondersoek aangestel om Phiyega se bevoegdheid te ondersoek op aanbeveling van die Farlam kommissie van ondersoek, wat die Marikana-sterftes ondersoek het. Die Farlam-kommissie se verslag het aangedui Phiyega moet die grootste deel van die blaam dra vir operasionele flaters wat uiteindelik tot die dood van 34 mynwerkers gelei het. Phiyega is in Oktober 2015 met volle betaling geskors, hangende die uitkoms van die ondersoek.
Dr Bongani Ngqulunga, Zuma se woordvoerder, het gesê regter Cornelis Johannes Claassen, voorsitter van die kommissie van ondersoek, het Donderdag die finale verslag aan Zuma oorhandig. “Pres. Zuma sal die verslag en sy aanbevelings bestudeer en die nodige stappe doen.”

Van links is adv. Anusha Rawjee, regter Neels Claassen, pres. Jacob Zuma, adv. Liza Tsatsi en adv. Bernard Khuzwayo. Foto: GCIS
Die oorhandiging van die finale verslag kom nadat City Press vroeër vandeesmaand berig het die verslag is reeds op 13 November voltooi. Die Sondagkoerant het verder berig die kommissie het bevind Phiyega is nie geskik vir haar pos nie en moet afgedank word. Daar is ook berig die soektog na ʼn nuwe nasionale polisiekommissaris het reeds begin.
Die kommissie moes onder meer ondersoek of Phiyega, in samewerking met ander lede in die SAPD se leierskapstruktuur, die kommissie “mislei” het deur die feit te verberg dat hulle die taktiese operasie gedurende ʼn bestuursvergadering goedgekeur het ʼn dag voor die skietery. Die kommissie moes ook ondersoek of Phiyega, toe sy besluit het om die taktiese roete te volg, die “tragiese en katastrofiese gevolge” kon voorsien het.
Indien Zuma besluit om Phiyega in die pad te steek, sal sy die derde agtereenvolgende nasionale polisiekommissaris wees wat afgedank word.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
10 Kommentare
Kom ons hoop van die beste….dalkies verbaas Nr 1 die nasie en gee haar die pad uit die polisie uit….net nie weer in n ander gemakstoel waar sy weereens n salaris verdien met geen bestuursvernuf ASB!!!
Ag vader wat gaan dit tog nou eintlik help …from one mess to the next !
Hahaha, ek is jammer om so te lag, maar die vorige 2 komentare het my laat lag. Genade! Is dinge al so vreeslik moedeloos in Suid Afrika??? Ek kry julle almal REGTIG jammer. Ek mis my land (Suid Afrika) vreeslik baie, maar ek kan myself nie sien terug kom terwyl dinge so agteruit gaan nie. Sterkte aan julle almal. Ek bedoel dit opreg.
ASSEBLIEF!!!! Solidariteit se HOOF as kommissarisis. Dis mense met Regte drake en integriteit
Denke. Jammer vir spelfout