Verslag oor Phiyega aan Zuma oorhandig

Pres. Jacob Zuma saam met regter Neels Claassen tydens die oorhandiging van die verslag in Pretoria. Foto: GCIS

Pres. Jacob Zuma saam met regter Neels Claassen tydens die oorhandiging van die verslag in Pretoria. Foto: GCIS

Pres. Jacob Zuma het Donderdag ʼn finale verslag ontvang oor genl. Riah Phiyega, geskorste nasionale polisiekommissaris, se geskiktheid om haar amp te beklee.

Zuma het in September 2015 ʼn kommissie van ondersoek aangestel om Phiyega se bevoegdheid te ondersoek op aanbeveling van die Farlam kommissie van ondersoek, wat die Marikana-sterftes ondersoek het. Die Farlam-kommissie se verslag het aangedui Phiyega moet die grootste deel van die blaam dra vir operasionele flaters wat uiteindelik tot die dood van 34 mynwerkers gelei het. Phiyega is in Oktober 2015 met volle betaling geskors, hangende die uitkoms van die ondersoek.

Dr Bongani Ngqulunga, Zuma se woordvoerder, het gesê regter Cornelis Johannes Claassen, voorsitter van die kommissie van ondersoek, het Donderdag die finale verslag aan Zuma oorhandig. “Pres. Zuma sal die verslag en sy aanbevelings bestudeer en die nodige stappe doen.”

Van links is adv. Anusha Rawjee, regter Neels Claassen, pres. Jacob Zuma, adv. Liza Tsatsi en adv. Bernard Khuzwayo. Foto: GCIS

Van links is adv. Anusha Rawjee, regter Neels Claassen, pres. Jacob Zuma, adv. Liza Tsatsi en adv. Bernard Khuzwayo. Foto: GCIS

Die oorhandiging van die finale verslag kom nadat City Press vroeër vandeesmaand berig het die verslag is reeds op 13 November voltooi. Die Sondagkoerant het verder berig die kommissie het bevind Phiyega is nie geskik vir haar pos nie en moet afgedank word. Daar is ook berig die soektog na ʼn nuwe nasionale polisiekommissaris het reeds begin.

Die kommissie moes onder meer ondersoek of Phiyega, in samewerking met ander lede in die SAPD se leierskapstruktuur, die kommissie “mislei” het deur die feit te verberg dat hulle die taktiese operasie gedurende ʼn bestuursvergadering goedgekeur het ʼn dag voor die skietery. Die kommissie moes ook ondersoek of Phiyega, toe sy besluit het om die taktiese roete te volg, die “tragiese en katastrofiese gevolge” kon voorsien het.

Indien Zuma besluit om Phiyega in die pad te steek, sal sy die derde agtereenvolgende nasionale polisiekommissaris wees wat afgedank word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Kobus ·

Kom ons hoop van die beste….dalkies verbaas Nr 1 die nasie en gee haar die pad uit die polisie uit….net nie weer in n ander gemakstoel waar sy weereens n salaris verdien met geen bestuursvernuf ASB!!!

Lance ·

Ag vader wat gaan dit tog nou eintlik help …from one mess to the next !

Vlugteling ·

Hahaha, ek is jammer om so te lag, maar die vorige 2 komentare het my laat lag. Genade! Is dinge al so vreeslik moedeloos in Suid Afrika??? Ek kry julle almal REGTIG jammer. Ek mis my land (Suid Afrika) vreeslik baie, maar ek kan myself nie sien terug kom terwyl dinge so agteruit gaan nie. Sterkte aan julle almal. Ek bedoel dit opreg.

vytjie ·

ASSEBLIEF!!!! Solidariteit se HOOF as kommissarisis. Dis mense met Regte drake en integriteit

zahn ·

Wat hulle eintlik moet doen is om die persoon wat haar aanstelling goedgekeur het, ook te vervolg. Sy was van dag een af nie geskik vir die pos nie, maar ‘n sekere nambawhan het besluit dit die geskikte pos vir een van sy kaders.

Koos1 ·

Zahn, ek stem. Dis soos om ‘n elektrisien aan te se om ‘n loodgieter se werk te doen, en dan te kla as die pype lek. En dan nog erger, om dan die elektrisien te blameer daarvoor. Maar dis mos nr.1 se styl daai!

Andre ·

Sy het die korrekte werksrekord om her ontplooi te word as hoof van ‘n ander departement. Geen probleem vir Zoempie!

Peter Simpson ·

So n duur kommissie om Sus Riah se bevoegtheid te bepaal… Ons het geweet sy is nie bevoeg nie, want sy is nie n polisievrou nie. Sy moes in die eerste plek nie aangestel geweet het nie. Dis bietjie onregverdig om haar die meeste van die skuld te gee. Die minister is reeds n politieke aanstelling. Hou op om ons prestige pos ook te verpolitiseer.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.