Verslag oor private gesondheidsorg bekend gemaak

(Foto: pixabay)

Die uitslag van die jare lange ondersoek na die stand van mededinging in die private gesondheidsorgsektor, is uiteindelik bekend gemaak.

Die Mededingingskommissie het in November 2013 ’n besluit geneem om ʼn markondersoek te doen ná waarneming dat pryse in die private gesondheidsorgsektor “op vlakke is wat slegs ’n minderheid van Suid-Afrikaners kan bekostig”.

Die kommissie het bevind dat die private gesondheidsorgsektor gekenmerk word deur hoë en stygende koste vir gesondheidsorg- en medieseskema-dekking.

“Ons het kenmerke geïdentifiseer wat alleen of in kombinasie, kompetisie kan voorkom, beperk of verdraai. Die mark word gekenmerk deur sterk gekonsentreerde befondser- en fasiliteitsmarkte, ontmagtigde en oningeligte verbruikers, ’n algemene afwesigheid van waardegebaseerde aankope, mediese praktisyns wat aan min regulering onderworpe is en mislukking van aanspreeklikheid op baie vlakke,” lui die verslag.

Daar is verder bevind dat die private gesondheidsorgsektor gebrekkig bestuur word en dat die departement van gesondheid nie sy bestaande wetgewende bevoegdhede gebruik om die private gesondheidsorgsektor te bestuur nie en dat dit tot gevolg gehad het dat gereelde hersienings soos deur die wet vereis word, nie gedoen is nie en reguleerders nie voldoende aanspreeklik gehou word nie. “As ʼn gevolg is die private sektor nie effektief of kompeterend nie.”

Die ondersoek het bevind dat die drie hospitaalgroepe Netcare, Mediclinic en Life die bedryf oorheers. “In 2016 was hul markaandeel gegrond op beddens (en opnames) 31% (33%); 26,8% (28,6%); en 25,3% (28,5%) onderskeidelik.

“Ons het gevind dat die drie groot hospitaalgroepe, individueel en gesamentlik, jaar tot jaar konstante en beduidende winste kan behaal. Die hospitaalgroepe maak dit baie moeilik vir nuwelinge en randspelers om te groei en op meriete mee te ding.

“Die drie groepe kan mededinging verdraai en voorkom deur die beste mediese spesialiste aan hul hospitale te bind met winsgewende induksieprogramme en met gepaardgaande uitsluitingseffekte op innoverende nuwelinge.”

Volgens die verslag veroorsaak dit twee redes tot kommer. Eerstens is gekonsentreerde markte meer kwesbaar vir samespanning, beide formeel (kartelle) en informeel, en is samespanning in hierdie uiters komplekse gesondheidsorgmarkte baie moeilik om op te spoor. Tweedens beperk die plaaslike konsentrasie die mate waarin befondsers aangewese diensverskaffer-netwerke kan gebruik om hospitaalgroepe doeltreffend te dissiplineer.

Die kommissie het gesê ’n meer mededingende private gesondheidsorgmark sal lei tot laer koste en pryse, meer waarde vir geld vir verbruikers en moet innovasie in die lewering en befondsing van gesondheidsorg bevorder.

Die volledige verslag kan hier besigtig word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Johan ·

Dit gaan blykbaar treurig in die private mediese sektor. (spesifiek kostes) Maar in die geheel gesien, is dit honderd maal erger in die staat se mediese sektor….. (korrupsie en wanadministrasie)

Hartseer ·

My magtag, lees ek reg dat die private sektor nie effektief bestuur word nie. Ag sug, met wat vergelyk hulle die bestuursvernuf van die private sektor? Met die staatshospitale? Hierdie is lagwekkend, en meer die nuwe NHI wat hulle wil inbring. Standaarde en kwaliteit is so laag soos slangspoeg, en al wat hulle sien is die privaatsektor se foute. Pateties.

Hendrik ·

Wel so tussen die lyne kan mens lees dat die Dept van Gesondheid nie enige aspek van gesondheid kan beheer nie. Ons is gewoond aan die totale wanbestuur van die land in ALLE departemente en voordat AA en BBBEE nie gestaak word nie sal hierdie land dieselfde paadjie loop as Zimbabwe.

Bertie ·

Niemand het ooit meer waarheid gepraat as jy nie, Hendrik. 25 jaar later en elke liewe dag ‘pop’ daar een of ander ding uit oor die land wat nie geld het nie. Ek lees nou net dat die lugmag nie geld het om nuwe vliegtuie te bekostig nie en nou praat ek glad nie van die ander staatsinstellings soos Eskom, SAA, Denel en derduisende ander firma’s wat dit nie gemaak het nie en dit oor diefstal en korrupsie.

marous ·

En waar gaan die hoofman , sy ministers , die hele staats diens en al die kaders en hul families heen ? Na staats hospitale ? Hoekom nie ? Bang hulle kom nie weer daar uit nie ?

Lou ·

Ek dink die swak toetande in die staat se mediese sektor dra by tot die hoë koste in die privaat mediese sektor. Mense is so bang om van staats hospitale en dokters gebruik te maak dat hulle maar betaal vir privaat dokters en hospitale maak nie saak wat hulle vra nie.
Ek hoop die versla se bevindinge sal ‘n verskil maak aan die koste van privaat mediese sorg.

Magda ·

Dit kan werk – daar moet net mense aangestel word wat eerlik is – anders is dit net nog n NES van Korrupsie – ANC raak ontslae vd mense wat nog in hoe posisies is wat genoem word in Korrupsie – Wys dat julle eerlike werk wil doen – anders gaan die net nog meer stakings bring – EN DAN IS DIT JULLE SKULD ANC., as dit gaan gebeur hoop ek dit gaan gebeur by die regte mense en nie onskuldige mense wat weer daar onder moet ly nie.

Johan ·

Daar is bitter min staatsdiens instellings wat sonder korrupsie funksioneer. Kyk as voorbeeld na die staatshospitale. Waarom sal hierdie “blink” plan werk?

Stof ·

Dankie, Magda. Ons wat al jare der jare dien waar ander net kritiseer, sien daagliks hoe dinge regloop. Anders as van ons respondente wat verkies om enkele kere waar daar menslike foute voorkom, hierdie geïsoleerde insidente op te blaas asof dit die norm is. Of dalkies net, is broer galbraak grootbek net nooit aktief betrokke nie, en kry hy nie die geleentheid om al die toewyding, genesing en hoop te sien nie…

Arie ·

Ek stem dit kort aandag maar solank die anc net nie probeer om dit reg te maak nie, dan is daar binnekort geen medies oor in ons land nie

Malletjie ·

Ag asseblief. Dalk kan mededingingskommissie ook kyk hoek n R145 pakkie pille op n mediese fonds n R209 bybetaling het en dan sê die mediesefonds net eenvoudig “It’s by government decree. Maar kom ons raai wie die innoverende nuwelinge is. Reeds vandag gehoor die ANC stel alweer ondersoek in nadat n hele klas internis te gedruip het. Die 20% sal seker daar ook nou van toepassing wees. Dit mede burgers, is die dokters wat NGV ons heen gaan swing.

Wielspore ·

Tussen my en my vrou betaal ons R6200 pm aan medies, dienste is beperk, ek kan nie eers ‘n tandarts gaan sien want die koste word van my savings afgetrek. Ek het alle respek vir Dr’s en Spesialiste maar R900 vir ‘n 15 minute afspraak is net te veel. Vriende van ons se seun praktiseer nou 3 jaar as GP. Hy trou op ‘n eiland, gaste word soontoe gevlieg en blyplek vir die naweek, familie kuier vir ‘n week saam met die pas getroudes.

Connie ·

Ek is moeg en siek en sat om elke maand al my geld virdie mediese fonds te gee. Ek is ‘n pensioenaris en hoop hul maak al die mediese fondse tot niet. Daar moet iets beters wees.

Maddy ·

Gaan gerus na die staatshospitaal as jy niks wil betaal nie, want as wat jy voorstel die oplossing is, is dit waar jy gaan. Gaan maar gerus.

Mens ·

Maddy ek gaan na n staatshospitaal. Het nog net goeie behandeling gekry en sonder goggas daar uitgekom. Dieselfde kan nie gesê word vir my buurman wat met n gebreekte enkel in die privaat hospitaal opgeneem was en uitgekom met net sowat n kwart van die been. Ander een is in private hospitaal opgeneem om n stent is sy hart te sit, dis nou ses weke later en hy is steeds in n koma. Met rekeninge sonder einde wat soos water bly instroom.

Assenlief! ·

Natuurlik kan hulle hulle pryse maak!! Wat is die verbruiker se alternatief in hierdie land??? Goeie genade, ek moes my seun edn slag uit nood uit by Karl Bremmer laat opneem om sy kaak wat uitgehaak het weer terug te kry. Ek’s net dankbaar ons is lewend daaruuit!!! Betaal liewers vir Medi-Clinic vir die res van my lewe af!!!

Hendrik ·

Privaat mediese sorg en versekering is buitensporig duur as gevolg van die beperkte kompetisie. Hulle maak buitensporige winste ten koste van ander ellende en dit behoort aangespreek te word. Die oplossing is egter nie die staat se NGV program nie.

Philippus Janse van Rensburg ·

Eerstens,privaat hospitale het monopolisties geword, daar is geen alternatief buiten de 3 grotes nie.
Tweedens, die diens in hierdie hospitale hang van die personeel af. Met die werksetiek van ‘n groot gedeelte in ons land, ly die gehalte van die diens daaronder.
Derdens, dokters vergeet te maklik hulle is ook sakemanne in privaatpraktyk, daarteenoor word te maklik teruggeval op die mitiese begrip dat hulle halfgode van ‘n geheime bo-wêreldse orde is.
Laastens, mediese fondse is harteloos ingestel op wins, dus gee hulle die minimum diens met die maksimum voordeel op die “belegging”. Toe fondse nog binne die beheer van lede, en aan die lede self behoort het, was, kon daar beduidende inspraak op sake gelewer word.

Potjie ·

Ek was 2 maande terug in n Netcare kliniek opgeneem in Alberton. Verskeie onnodige toetse was bestel deur die dokter wat my opgeneem het. Die behandeling vanaf die nagskof verpleegsters was uiters swak en het my in trane gehad. Ek het duisende rande betaal vir swak diens. Na ñ week se lê daar was ek ontslaan met geen verbetering nie en het myself “reg gedokter” met alternatiewe medikasie. Wat n ontnugtering!

Susna ·

Potjie, ek weet presies waar jy opgeneem was, dit is nou een plek wat my of enige van my familie wat in Alberton woonagtig is nooit heen sal gaan nie. Swak, uiters swak soos jy noem nagskof personeel is pateties. Ek persoonlik sal van hier af slegs na een hospitaal in Pretoria toe ry indien ek enigsins in n hospitaal opgeneem moet word.

Peet ·

Syfers is verdag maar wat kommerwekend is die tydsberekening mbt die NGV poging.
Die tentakels van staat krap nou oral rond veral as inaggeneem word dat die ondersoek jarre geneem het en nou skielik so die haas uit die spring.

Ouma B ·

Ek betaal my as af vir behoorlike mediese sorg wat ek terloops slegs by die dokters kry; gèèn verpleegster nouse dae het tyd vir pasiënte nie. As daar is, is hulle dun gesaai. Oumense word soos varke behandel, asof ons breindood is en nie weet wat om ons aangaan nie en hulle het geen geduld nie. Ek was nog nooit in my lewe ‘n moeilike pasiente of het personeel onnodig gepla nie. Mag die Here my genadig wees sodat ek nie in ‘n hospitaal moet le en sterf en aan swart personeel se ‘genade’ oorgelaat word nie want ongelukkig is dit hulle. Doen navorsing dan sal julle sien, teenoor die blanke personeel wat ons jare terug verpleeg het.

Attie. ·

Algemene praktisyns vra R500 of meer vir ‘n ondersoek van gemiddeld 15 min. Dus R2000 per uur. Dit Is so R16000 per dag. Hulle moet beskerm word want hul belasting dra die hele soustrein. Wat maak een mens met soveel geld? Ek glo vas dis hul straf om geld te maak tot dit by hul ore uitloop.

GL ·

Kan julle nog onthou die dae voor privaat hospitale. Uitstekende kwaliteits diens regte mense wat rerig omgegee het. Verlang ek nou na die ou dae.

Cheryl Mostert ·

Die Florence Nightingale Eed wat afgelê word dra nie meer krag nie. Ek en my seun was behandel in Vosloorus Hospitaal soos “another nuicanse cases”, na ‘n lelike ongeluk veroorsaak deur ‘n Mercedes Benz Tanker Trok op die R59 is ons nie eers gewas nie, 3 dae in die hospitaalgange deurgebring, al die mediese apparaat was foutief en so kan ons aangaan…. Wat ‘n skande… Ek wil eers nie daaraan terugdink of oor praat nie. Ek is dankbaar dat ons eindelaas ordentlike mediese sorg kan geniet.

Manna ·

Ek betaal amper helfde van my inkomste aan medisie fonds dan praat ek nie van R1450.00 wat ek maandeliks vir medikasie betaal. My vrou was twee keer in hospitaal .Koste was amper R1 miljoen en ek moet nog R75,000.00 in betaal. Dan praat ek nie van reis koste en verblyf. Dis absurt. Ek het my hele lewe gespaar maar dis alles vir dokters en hospitale. Die hele medisie bedryf stink. Dis korrupte spul.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.