Verslag oor ‘redaksionele inmenging’ by SAUK binnekort bekend

Die SAUK gaan Maandag ʼn verslag vrystel oor die bevindings van ʼn kommissie van ondersoek wat al ʼn jaar lank redaksionele inmenging by die openbare uitsaaier ondersoek.

Die SAUK het in Mei verlede jaar twee hoëvlakkommissies van stapel gestuur. Een daarvan moes bewerings van redaksionele inmenging ondersoek, terwyl die ander kommissie na bewerings van seksuele teistering moes kyk. Die kommissies is op die been gebring ná aanbevelings van ʼn parlementêre ad hoc-komitee.

SAUK-werkers het anonieme klagtes ingedien oor inmenging in die nuuskantoor en persoonlike gunste wat in die werkplek gedoen word.

Nomsa Philiso, die destydse waarnemende groephoof, het toe gesê die kommissies is deel van die openbare uitsaaier se deurlopende korporatiewe pogings wat daarop “gemik is om die korporasie te help om ernstige voorvalle van magsmisbruik” te hanteer.

Philiso het gesê dit is ʼn poging om die SAUK na sy grondwetlike mandaat te laat terugkeer, asook om die vertroue van aandeelhouers en die publiek terug te wen.

Die ondersoek na beweerde inmenging is gelei deur die afgetrede uitvoerende hoof van die Persraad en veteraanjoernalis Joe Thloloe.

Thloloe sal sy bevindings Maandag bekend maak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Keelvol ·

Net nog ‘n kommissie van ondersoek.
Gaan die verslag nou enigsins help dat die SAUK se finansies verbeter?
Ontbind die kommissie en spaar ten minste hulle vergoeding.

Johanna Botha ·

Weet maar dit is ook n gemors …geen verrasing nie !

Johan ·

En saai vir n slag regte nuus uit. Julle nuus is nie nuus nie. Dit is politieke berigte en oorsese nuus. Wat n blerrie grap

org potgieter ·

Joe Tholoe is ‘n uitsonderlike mens – een van die weiniges.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.