Verslag oor swak diens in hospitale saamgestel

Argieffoto: http://www.jameschesley.com/

AfriForum het die publiek genooi om hul ervarings van treurige dienslewering en behandeling by hospitale en klinieke met dié organisasie te deel in ʼn poging om die swak plekke in die Suid-Afrikaanse gesondheidstelsel bloot te lê.

Dr. Eugene Brink, strategiese raadgewer vir gemeenskapsake by AfriForum, sê die organisasie word toenemend met klagtes van swak behandeling en growwe nalatigheid by veral staatsgesondheidsinstellings oorval. “Hierdie klagtes wissel van mense wat deur ongekwalifiseerde dokters behandel word tot personeel wat op pasiënte skree, hulle hardhandig behandel en dalk uiteindelik ook hul dood veroorsaak,” sê Brink.

Die organisasie het besluit om ʼn veldtog van stapel te stuur in ʼn poging om verantwoordbaarheid in die gesondheidsektor te verhoog. Dié veldtog is vandag bekendgestel met ʼn uitnodiging aan die publiek om hul ervarings te deel sodat dit in ’n omvattende verslag opgeneem kan word.

“AfriForum besef dit is ’n wydverspreide probleem wat dringende, maar langdurige aandag verg. Daarom sal hierdie verslag met sowel die minister van gesondheid as die betrokke plaaslike owerhede bespreek word en by die Wêreldgesondheidsorganisasie ingedien word,” sê Brink.

“Benewens die bewusmaking wat dit sal skep, sal dit ook as klinkklare bewys dien dat die regering se beoogde nasionale gesondheidsversekering eenvoudig nie kan werk nie. Dit is die begin van ’n voortdurende, veelfasettige proses.”

Hy het bygevoeg daar is wel voorbeelde van uitnemendheid in die openbare gesondheidsektor en baie werknemers probeer hul bes ondanks groot uitdagings, maar korrupsie, onbevoegdheid en ’n gebrek aan verantwoordbaarheid vier helaas hoogty. “Die openbare sektor word toenemend deur sistemiese, geldelike, arbeids- en politieke probleme verlam en die publiek trek uiteindelik aan die kortste ent. Terselfdertyd word die private sektor, wat die oorgrote deel van die wêreldklasdienste uitmaak, deur die regering geboelie,” sê hy.

Lede van die publiek wat graag hul ervarings wil deel, kan AfriForum se webtuiste besoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

marous ·

Gaan vra vir die hoofman in die parlement hoe dit opweeg teen 730 mil wat op matte en twak in regerings huise gespandeer gaan word .

Hanna Hoekom ·

Afrika se hoofmanne word oorsee gevlieg vir mediese behandel. Dus laat die situasie in hul eie lande hul koud. Feite.

Leoné ·

Sukkel al van Januarie af om pille by kliniek te kry. Voorskrifte is ingedien by Hospitaal maar hul het glo nie voorraad nie. So moet jy maar elke 2e week gaan vra in rye sit en wag net om te hoor.daar is nog niks. Dis pateties. Die toilette is so flenters higiëne het by die deur uitgevlieg. Die sekuriteit lê op hul 3e rugwerwel en dik word. Die persoon wat die telefoon antwoord verstaan nie n woord Engels en sê heeltyd huh? Dis pateties. Onder al die verpleeg personeel is daar seker 2 of 3 wat hul werk met trots doen die res is so ongeskik jy wil nie eers daar ingaan.

Daan ·

Ek pesoonlik by n staatshospitaal kosvoorraad afgelewer, self gesien watse goeie kos daar vir pasiente is. Maar dit wat daar is en wat die pasiente kry om te eet stem nie ooreen nie, Gaan en kyk dan watse fantastiese kos die personeel eet wat eintlik vir pasiente bestem was. Ook sal jy sien die vetgatte sit 90% van die tyd rond en klets terwyl daar n werklike 10% is wat wel omgee en help.

Hanna Hoekom ·

Ek was n studente verpleegster by n bekende psigiatriese hospitaal in Gauteng in 2008. Die bree stert staff het altyd 80% van die vleis vir hulself uitgeskep tydens etes, want hulle wou probeer verhoed dat die pasiente “gout” ontwikkel. Arme pasiente het selde vleis gesien…

Gert van Wierdapark ·

Julle sal maak dat nog ekstra bome afgekap sal moet om aan die DIK verslag se papierbehoefte te voorsien!!!

Wielspore ·

Ek was self ‘n jaar terug in ‘n privaat hospitaal vir 7 dae om deur middel van ‘n drup antbiotika te kry. Die diens en plek was nie na wense, stukkende papier houer, tv werk nie reg, badkamer (deel badkamer) is vuil. Daar is verskeie kere naalde in my gesteek vir ‘n aar ten spyte daarvan dat ek groot are het. Albei my hande was opgeswel soos die naalde in die weefsel ingedruk is. Dit was ‘n nagmerrie.
Is onlangs by dieselfde hospitaal opgeneem vir ‘n been besering en nood operasie, hierdie keer was die diens puik om die minste te sê. Die oorslaap was eersteklas en ek kan net met lof praat van die ervaring.
Na my mening kan mens goeie en slegte diens binne dieselfde hospitaal ervaar.

jakes ·

As mense hul gru stories begin vertel sal dit etlike duisende bladsye bevat. Staatshospitale is pateties verby en weereens sal dadels daarvan kom as Afriforum daaroor klae. Die swak gehalte ten opsigte van dienslewering in alles wat in SA onder die spul idiote (ANC) plaasvind is die beste wat hulle kan doen gegewe die graad van geletterdheid waarmee ons hier te doen het.

Sterretjie ·

Steve Biko se Ginekologiese saal het 1 bad vir 36 vroue. En meeste van die tyd is daar net koue water. Dis pateties vir so groot hospitaal. Jy moet maar was in n skottel, en hoop jy kry nie n kiem in jou wond. En dan moet jy letterlik smeek vir n bietjie warm water. En die kos is aaklig groente is altyd rou. Hul mors regtig baie want mense kan dit nie eet nie. Die Staat moet kyk na hul bad geriewe by STEVE BIKO.

Ivorine ·

As gevolg van die uiterse swak diens en ervarings in die Kraamsale, nood dit nou om die privaat Ginekoloe te noop om vooraf vir jou te se hy sal net die bevalling doen as jy of jou medies R40 000 betaal. Hulle versekerings premies is so hoog dat hulle nie meer kan bekosig om te prakiseer nie. Die eise vir nalaigheid oorskry die premies by ver.

Hanna Hoekom ·

Afrika se hoofmanne word oorsee gevlieg vir mediese behandel. Dus laat die situasie in hul eie lande hul koud. Feite.

Anoniem ·

ek en my vrou het ook al by staatshospitale aangeklop en kan eerlik se die diens by Edenvale was uiters swak maar Pretoria Akademies baie goed. Ongelukkig word mens beperk tot watter gebied se staats hospital jy mag gaan maar het ook al gesien dat as jy gaan en gedra jou soos n buffel dan kry jy maar slegte behandeling. Dus wees maar vriendelik en beleefd want jy het hul hulp nodig nie hulle joune nie. Respek kom van alle partye. Ja daar is van hulle wat nie die skoonste is nie maar ons het n reeling gemaak sonder enige probleem my vrou het haar eie beddegoed gevat en ek het kos van die huis gevat.

Joyce ·

Ek my ma Desember 2019 na Potch Hospitaal toe geneem die verpleeg personeel was baie goed vir haar maar die omstandighede was vreeslik daar is nie kussings in die hospitaal nie daar is nie n waaier innie saal nie dis onuithoudbaar warm geen koel lug nie die kieme broei konstant geen water in kraffies nie asseblief verbeter daar dis erg

nannie ·

Gaan kyk bietjie by Sebokeng en Kopanong hospitale hoe dit daar lyk.

Isabel ·

My 26 jarige seun het erge nierstene moes gaan viŕ n stent daar was nie n bed vir 4 dae beskikbaar nie hy moes in die gang op vloer met kombers lè by rustenburg se staatshospitaal . Waar my pa weer laas jAr puik diens gekry het in kaspstad se staats hospitaal

Adel ·

Dié instellings word lam gelê met ongeveer 65% van pasiente as immigrante, onwettig of nie, en dit is dus ons belasting wat hierdie dienste aan hulle verskaf. As ons land se eie mense die enigste pasiente was sou dit reeds beter gaan, maar ons grense is oop, en ons reeds sukkelende stelsels staan gebuk onder hordes wat na ‘n beter lewe kom soek.

Hele Land ·

Dis nie net hospitale nie, dis die hele land. Afrika hool. En daarom sal dit nie regkom nie. Emigrasie is die beste opsie.

Tokkelos ·

Holy Cross Hospitaal in Oos-Kaap, mense julle wil nie daar wees nie. My dogter doen haar gemeenskapsjaar daar. Meeste v die tyd geen water nie, katte op beddens in sale, kokorotte oraloor, geen toerusting vir die professionele personeel nie.
Hierdie is n uiters “rural” gebied. Afgeleë en arm gebied, die gemeenskap en mediese personeel verdien beter. Sal dankbaar wees as daar na die standaarde gekyk sal kan word.

Anoniem ·

Ek werk in die hospitale. Daar is viruse wat al die netwerke kripel en al die rekenaar vam die sesteme in gedrang plaas. Volgens my gesprekke met die IT bestuurder ban een hospitaal het hulle al meer as 800 rekenaars wat in die slag gebly het.

Sue ·

Ja kyk,

My Dad is dood aan dehidrasie na hy n beroerte gehad het, sy drup sakkie was ingeprint in sy rug toe ek dit eers agter kom en vra wat “eet” hy. Hulle het my geskel en die leers weg gevat en gese om te loop. Dad is volgende oggend dood. Ekt my Dad se leer gaan soek en hyt spoorloos verdwyn. – Polokwane Provincial 2013

My Mami was volgens ander vrouens in haar saal al etlike ure besig om te sterf gedurende die nag en die gemors het net die gordyne om haar toe getrek dat my Moedertjie kon dood gaan. Hulle het ons eers 2ure na hulle agter gekom het Mami was dood, ons laat weet. – Polokwane Provincial 2014.

Skoonma is nou vandag n maand terug oorlede. Die studente Drs het nie eers moeite gedoen om ons te se, na honderde navrae, dat Skoonma terminaal siek was nie. Dis by Helen Joseph. Skoonma was geintubate en het eyelid paralysis gehad (heelaas uitgevind) agv haar brainstem wat gefail het. So, confidentiality se voet!!! Ek is nou besig met verdere ondersoek. Hulle het skoonma gebruik as n proef konyn. En dis nie ras gedrewe nie, haar hele span was spier wit.

Maar jah, wat gaan Afriforum regtig doen. Hulle gaan dekades vat om deur al die klagtes te werk.

Belinda ·

Ek is n kanker pasient by Steve Biko Hospitaal in Pretoria vir meer as n jaar al. Ek het die grootste lof vir die personeel daar. Nog net alles van die beste behandeling daar gekry. Uistekende diens en respek daar ervaar. Vir hulle se ek baie dankie, julle is puik !!!!!!!! Hospitaal is skoon en netjies. Geen klagtes.

Cathy ·

Wens ek kon die selfde se van ward 4.5 neurosirurgie. Nog net die een teleurstelling na die ander en meeste personeel so ongeskik en ombeskof

Sue ·

@Belinda, jy is voorwaar baie geseen en vreeslik jammer vd rede waarom jy mediese behandeling kry en spoedige beterskap.

My vriend, Chris, is gister oorlede in George Mukhari Hosp in Pta, na hy vir baaaaie lank in Steve Biko Hosp was. Hulle het hom vir die een na die ander ding behandel en heelaas besluit hy het Lymphoma. Agg, laaang storie kort, hy was nie sleg behandel nie maar hyt sepsis opgedoen en van daar af was niks ooit weer reg nie. Hys ontslaan, hier in Pietersburg opgeneem, baie baie lank siek gebly, is laas week George Mukhari toe gestuur en laat middag sy laaste asem uit geblaas. Nie eers 40jr oud gewees nie.

Hulle is nie so “bright” met diagnoseer nie wil dit vir my voorkom.

Anoniem ·

Begin sommer by Polokwane se deur. Dokters is baie behulpsaam, maar verpleegsters en staf baie onbeskof en geen simpatie met die pasiente wat ure in rye sit en wag om gehelp te word nie. Sodra mens ongelukkig raak roep hulle sommer die sekeriteit om mens te verwyder. Eks n onkologie pasient wat vrees vir mens se lewe of mens werklik die regte hulp gaan kry. Mens word tot toegesnou “so bly jys klaar nou kan jy loop en ons nie pla nie” Dis skandelik waarvoor is hulle dan daar? Om heeldag net te sit en te se daar nie tyd vir dit of dat nie. As hul dalk minder sit sal die proses soveel makliker gaan.

Cathy ·

Ja nee kyk ek het was nog nooit so rond geneuk soos wat Steve biko mens kan rond neuk nie. My man het brein tumors en moet opereer word. Sy operasie is al 4keer afgestel vanaf die 27ste Frb 2019

George in Bloem ·

Afriforum probeer regtig hard maar ongelukkig sal dit net nog ‘n verslag wees wat op niks uitloop nie.Die ANC voel bokkerol vir enige iemand of enige iets nie,behalwe natuurlik hulle eie gatsakke.Punt. Soos ou Steve se…”dis hoe dit is.”

lanie ·

My ma was in Steve Biko waar sy oorlede is aan septicaemia en niemand kon ons hoekom sy dit op gedoen het nie. Sy was n diabeet, met cholesterol, hart probleme en hoë bloeddruk. Daar was 13 patiente in n saal vir 8 mense. Nou vra ek hoe werk dit?

Net ek ·

Steve Biko gaan oor jou gedrag. Ons het vanaf Dr’s puik diens ontvang. Saal pateties. Verpleegsorg het ons n been gekos en n permanente kateter gegee Ander moes met hulle lewens betaal in selde saal en geen haan kraai nie. Daar was aan pasient gese “jy het niks gesien nie” toe pasient oorlede is. Personeel was daarop attend gemaak en pasient het n skrobbering gekry van hy is lastig. Ander pasient het in eie fesis gele. Personeel lid ” I am not in the mood now” so kan mens een na ander insident opnoem. Steeds dankbaar vir hulp ontvang. Met persoonlike belangstelling van Dokters hulle het n lewe aan ons terug gegee. Steve Biko het my geleer stap die pad saam met Dokters. Doen jou deel en gee jou waardering aan helpende hande.

Askies ·

GEDRAG SE VOET > as jy ‘n werk aangeneem het moet jy moeilike en maklike pasiente kan hanteer .en dis nie waar van die gedrag nie > babas word soms baie sleg hanteer en watter GEDRAG wil. jy aan hulle toeskryf? Verstaan nie hoe jou GEDRAG bepaal hoe goed of hoe sleg ‘n VERPLEEGSTER haar werk doen nie? Soms is mense onder sedasie, soms het hulle pyn na operasies .. regtig .. ?? Ek se nie jy moet ongeskik wees nie maar hulle moet hulle WERK DOEN WAARVOOR HULLE BETAAL word of dit los vir mense wat WIL WERK … Jy praat vreeslik deurmekaar . eers vertel jy hoe word pasiente geboelie en dan se jy mense moet hulle samewerking gee?

EO ·

My ma was in Eugene Marais hospitaal. Toe ons 11uur die oggend daar kom, was niemand nog by haar om te help was of tande te borsels of hare te kam nie. Toe ek by die diensstasie kom om klag te lê was daar niemand. Almal was op teetyd. ‘n Uur later nog geen hulp. Personeel was nog steeds op teetyd. Ek het haar toe gehelp om tande te borsel en hare te kam. Sy het ‘n heupvervanging gehad en kon haarself nog nie uit die bed kry nie. Patetiese hospitaal. Het al baie klagtes oor hulle gehoor. En hier en daar ‘n positiewe reaksie.

Pensioenaris ·

Ek was ook in Eugene Marias hospitaal en het wonderlike behandeling daar gekry. Sal enige tyd weer soontoe gaan.

Foxi ·

Nee kyk, daar is net een laaaaang woord! Vrot, stank, vuil, patetiese ontvangs en behandelings. Gedragskode uiters skokkend! Sterf eerder as om so behandel te word. Die ergste van die ergstes, as jy n bejaarde is, is jy oorgelaat aan jou eie lot. Wil jy n bietjie beter diens hê en beskerming?…..Gee geld en kos onder die tafel deur….WHALAH……jy kry n bietjie verligting. Hoe weet ek? Ondervinding……ondervinding. Een van my ouers was al in verskeie van DIÉ soort staats hospitale. Hoekom? Omdat ons probeer kyk het, watter hospitaal kan ons n beter diens gee. Tragies vir weerlose mense.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.