Verslag oor universiteitsgelde binnekort verwag

studentebetogings 2015 feesmustfall fees must fall

Studentebetogings (Oktober 2015) (Foto: verskeie bronne, sosiale media)

Die Heher-kommissie se verslag oor sy ondersoek oor die lewensvatbaarheid van gratis hoër onderwys en opleiding in Suid-Afrika sal na verwagting voor die einde van volgende week vrygestel word, het die presidensie Saterdag gesê.

Pres. Jacob Zuma het ná gewelddadige betogings by talle universiteite in die land die kommissie, onder leiding van regter Arthur Heher, op 14 Januarie 2016 aangestel. Heher is bygestaan deur adv. Gregory Ally en Leah Thembisile Khumalo.

Die kommissie sou na verwagting sy werk binne 18 maande afhandel, het Zuma se woordvoerder, Bongani Ngqulunga, gesê. Die verslag was egter ná 18 maande steeds nie gereed nie en Zuma het die kommissie se termyn tot 30 Junie 2017 verleng. Zuma het uiteindelik die finale verslag op 30 Augustus 2017 ontvang en het intussen die verslag bestudeer.

“Die presidensie finaliseer nou die verslag en die president het met die betrokke ministers vergader om seker te maak dat die regering gereed is om die president se besluit te implementeer sodra hy die verslag vrystel.

“Die konsultasies met die ministers is in ʼn gevorderde stadium en dit sal na verwagting volgende week afgehandel word. Die president sal die verslag direk daarna vrystel,” het Ngqulunga bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.