Verslag toon basiese bankkoste is relatief laag

Argieffoto

Argieffoto

Strawwe mededinging onder die vier groot Suid-Afrikaanse banke, het tot gevolg gehad dat die koste van basiese bankrekeninge relatief laag gehou word, terwyl die verskille in die koste van bankrekeninge vir die middelklas steeds klein bly.

Dit is volgens die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI) se sewende bankkosteverslag wat Woensdag bekendgestel is.

Paul Joubert, senior navorser by die SNI, het gesê die strawwe mededinging onder basiese bankrekeninge sluit vanjaar ook Nedbank in. “Anders as in die verlede, ding Nedbank, met sy nuwe Pay-As-You-Use-rekening, nou ook sterk mee met die goedkoper aanbiedings van Capitec, Absa, FNB en Standard Bank. Al Capitec se mededingers boots dus nou Capitec se model van ʼn laekosterekening na,” het Joubert gesê.

Joubert het bygevoeg die laer koste van bondelrekeninge dryf die betaal-soos-jy-gebruik (PAYT) rekeninge feitlik uit die mark op die middelinkomstevlak. “Oor die afgelope drie jaar is die uitfasering van PAYT-rekeninge ʼn merkwaardige verskynsel. Nedbank en FNB het reeds opgehou om PAYT-rekeninge aan die middelklas te bemark en het dit met bondelrekeninge vervang,” het hy gesê.

Bondel-rekeninge het grootliks onveranderd gebly op die middelinkomstevlak, waar almal R100 per maand kos. “Hoewel die kosteverskille tussen die bondel-rekeninge minimaal is, is daar op hierdie vlak steeds sterk mededinging tussen die banke. Naas Capitec se rekening, bly Standard Bank se Elite Plus-rekening, soos verlede jaar, die goedkoopste in hierdie kategorie,” het Joubert gesê.

Joubert meen die sterk mededinging tussen rekeninge wat aan die middelinkomste-mark bemark word, bring mee dat ander faktore, soos beloningsprogramme, toenemend kliënte se keuse van bank beïnvloed.

Dit lyk egter asof die meeste banke hul beloningsprogramme begin inperk, deur dit byvoorbeeld moeiliker te maak om ʼn hoë vlak van verdienste in die programme te bereik. Kliënte wat in hierdie beloningsprogramme belang stel, moet dus bewus wees van die feit dat die bepalings en voorwaardes van hierdie programme dikwels kan verander, soos in die onlangse geval van FNB se eBucks-beloningsprogram.”

Klik hier om die hele verslag te sien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

vermeende ·

En so se die mense wat n vet seslaris verdien!!!!!!
Plaas stel hulle eerder vas wat die wins is wat banke uit bankkostes verdien en of dit geregverdig is.

Rynhardt ·

DIT is n groot leuen dat bankkoste laag is!Absa vra vir transsaksies by sy masjiene R17,00, vir elke transsaksie wat gedoen word!Hou op om op verslae gaan.Gesels met Jan Publiek en jy gaan n ander srorie hoor!!Maria Ramos,hoof van ABSA kry R20,7miljoen jaarliks.Die hoof van Standard Bank kry meer as R27miljoen per jaar!Bankbase in SA se salarisse is buitensporig groot soos hul eweknie in Europa en VSA!Nuwe wereldorde kyk goed na almal terwyl burgers plaaslik en internasionaal deurboor word!Word wakker mense,banke is geldmonsters!!

Paul ·

As dit is wat Absa jou vra, is jy eenvoudig op die verkeerde rekening by Absa, Rynhardt. Banke het verskillende rekeninge, behalwe Capitec, wat slegs een rekening het. Dit lyk nie asof jy die berig gelees het nie…
As jy reken die base van Absa en Standard Bank word “te veel” betaal, hoef jy mos nie ‘n kliënt van Absa of Standard Bank te wees nie?

Kobus ·

Suid-Afrikaanse banke is wêreldleiers as dit kom by aanlyn-internetbankdienste. Hierdie innovasie het sy prys, maar ek dink dis die prys werd.

Rynhardt ·

Paul glo in jou capitech,ek wil hom nie he as bank nie!Die feit van die saak is dat die banke in SA die publiek uitbuit!Daar word nie met mening teen teen banke opgetree nie,maar hul word sagkuns behandel.

Paul ·

Dis nie “die feit van die saak” net omdat jy so sê nie…

Ander Koos ·

Dit is bekend dat SA bankkoste (en selfoontariewe) van die hoogste ter wereld is. Dit is ‘n luukse om bankrekening in SA te bedryf. Ek wag vir die dag dat banke toegangsfooi begin hef!! Hulle is arrogant genoeg daarvoor.

Paul ·

Dit is g’n “bekend” dat dit so is nie. Jy dink dalk so, maar waar’s jou bewyse? Daar’s baaaaie plekke in die wêreld waar mense baaaaaie meer betaal vir basiese bankdienste as in Suid-Afrika.
Maar ja, mens moenie ‘n goeie storie wat mense lekker kwaad maak, met feite bederf nie…

Nico ·

Kliente is bloot melk koeie. Die aandeelhouers maak die geld.

Donald ·

Dink net elke rekening houer betaal R100.00 per maand besighede betaal baie meer. Hoeveel rekeninge het die banke in totaal? Dit is Day Light Robbery. Waar ek bly het ons geen bank kostes. Nie eens op besigheid rekening. Kan ontrekkins doen sonder kostes. Ek het probeer om te spaar. Haha grappie. In die bank het ek geld verloor. Onder die matras het ek nikd verloor. Sê maar net.

Paul ·

Onder die matras verloor jy elke dag, weens inflasie wat jou geld se koopkrag opvreet terwyl dit daar lê en geen rente kry nie.

KLEIN ·

Mens spaar jou bankrot by sekere banke , verdien R1 rente en betaal R40 aan boekgelde en fooie . ABSAlute skande.

Joa ·

As julle te veel betaal aan bankkoste dan het julle rekeninge oopgemaak sonder om inligting in te win. Ek betaal geen fooie om geld te trek by ‘n auto bank nie. Vir my is die beste bank Nedbank want hulle gee vir my die regte inligting en ek maak besluite daarop.

capitec klient ·

ek was by absa en nedbank en het my rekeninge daar gesluit. bankkostea belaglik hoog en verdien onder 1% rente wat niks beteken nie en het oorgegaan na capitecbank. bankkostes is baie laag en verdien rente 6%. ek bly permanent by capitecbank.

Stem saam ·

Ek stem 100% saam Capitec bank is die BESTE bank in die hele Suid Afrika hulle dienste is absoliet puik vriendelik en baie behulpsaam sonder enige moeilikheid. Bankfooie is laag en bekostigbaar. Hulle is daar vir hulle kliente en doen nie hulle kliente in nie. Mag Capitec bank so groot groei dat hulle al die ander banke sommer bankrot laat speel met hulle onnodige hoe kostes en uitbyttery van kliente. Capitec is nie daar om selfverryk deur korupsie te pleeg nie. Hulle is voorwaar die beste bank ek praat van ondervinding want ek was al by al die banke en ek is baie tevrede met Capitec en ek kan die bank vir enige persoon aanbeveel. Hulle sekuriteit is ook baie skerp. Dis nou n bank wat die ekstra myl vir al sy kliente loop sonder n probleem en goeie rente op bellegings gee. Hulle verdien platinum status vir hulle uitstekende probleemvrye dienste.Capitec is regtigwaar n awesome bank probeer hulle en sien die verskil. Ek sê maar net.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.