Verslag vind hoë vlakke van polisiebetrokkenheid by ernstige misdade

Argieffoto ter illustrasie: SAPD

Die Instituut van Rasseverhoudinge (IRV) het Dinsdag gesê die hoofafleiding waartoe hulle in hul derde uitgawe van die Broken Blue Line-verslag gekom het, is dat daar hoë vlakke van polisiebetrokkenheid in ernstige en gewelddadige misdade is.

Die vorige twee verslae van die IRV wat in 2011 en 2015 uitgebring is, het ook hoë vlakke van betrokkenheid in ernstige misdade deur polisiebeamptes aangetoon.

“Navorsers van die IRV het meer as 100 voorvalle waar polisie by ernstige en geweldsmisdade tussen 2016 en 2018 betrokke was, aangeteken. Die meerderheid van dié voorvalle was definitief in die laaste 12 maande,” het die IRV in ʼn verklaring gesê.

In dieselfde asem was geweldsmisdade aan die styg, met die vyfjaarkurwe vir misdaad soos moord en motorkaping wat ʼn opwaartse neiging toon.

“Dít, saam met ʼn stygende vermindering in gewone burgers se vertroue in die polisie en die breër regstelsel, is wat samelewingsprobleme verder vaslê,” meen Marius Roodt, hoof van veldtogte by die IRV.

Roodt meen daar behoort geen behoefte aan só verslag te wees nie aangesien die polisie burgers se hooflinie van verdediging teen kriminele geweld moet wees.

“Daardie linie van verdediging is in te veel gevalle afgebreek en die sogenaamde beskermers het die oortreders geword.”

Roodt meen die polisiediens huisves gewelddadige kriminele en die waarskynlikheid dat Suid-Afrika ʼn afname in ernstige en geweldsmisdade sal beleef, baie skraal is.

Roodt sê die IRV het drie hoofvoorstelle wat sal help om die land se ‘broken blue line’ by te staan.

Eerstens stel hul voor dat uitgawes aan veiligheidmaatreëls soos elektriese omheinings en betalings aan veiligheidsmaatskappye by belasting afgetrek kan word. “Privaatveiligheidsmaatreëls dra by tot ʼn veiliger Suid-Afrika en ons glo mense moet hiervoor vergoed word.”

Tweedens moet gemeenskappe volgens die IRV kan stem of ʼn merkbare invloed hê oor die aanstellings van hul stasiebevelvoerders. Dit sal volgens die IRV veroorsaak dat die hoof van die plaaslike polisiekantore direk verantwoordbaar gehou sal word vir die plaaslike gemeenskappe.

Derdens stel die IRV voor dat ʼn goed georganiseerde buurtwag met goeie hulpbronne geïntegreer word met privaatveiligheidsverskaffers en uiteindelik met die polisie. “Sodat gemeenskappe in werklikheid beheer kan neem van hul eie veiligheid.”

Roodt meen die doeltreffendste manier wat Suid-Afrikaners die hardwerkende en toegewyde lede van die polisie kan ondersteun, is om druk te plaas op politieke owerhede om misdaad ernstig op te neem en daarmee af te reken.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Dries ·

Almal van ons se versugting is minder misdaad. Dis n baie ongelukkige feit, dat huisbraak en aanvalle by/in huise, die gevolg het dat MEER aankope/installasies rondom sekuriteit gemaak word. Di voorstel dat sulke uitgawes belasting aftrekbaar moet wees is prysenswaardig! Maar, BTW se doel is primêr n belasting INKOMSTE…

Johan ·

Die enigste waarde in die verslag is dat dit die publiek se vermoede bevestig. Niks nuwe inligting nie. Maar ons as publiek waardeer die bevindinge.

Johann ·

Moes eintlik lees. SO befonds die kern korupte ANC magsvergrypers hul anargie doelwitte. BTW op georganiseerde misdaad!!!!!

waarheid ·

Dis ou nuus – ons weet dit al lankal en dit is waarom die polisie nie gerespekteer word nie.
Dieslfde storie met die regering. Vir hulle is dit die norm.

Estelle ·

Het nou nie juis Einstein se brein nodig om die een vir jouself uit te maak nie. Derduisende weer spandeer net om dit te “bevind”.

christa ·

omrede hulle nie die mense keur nie, voor die voet invat en kriminele in poste sit en eerlike manse uitjaag. Die grootste skurke is in uniforms

JMC ·

Ons het die beste polisie in die wêreld. Wanneer misdaad plaasvind is die polisie 95% van die tyd reeds op die toneel.

stoffel ·

JMC Jy slaan die spyker op die kop, my mening ook gewees.
hahahahahahahah

Anoniem ·

Daar is hy net soos ek gese het in n vorige skrywe. Die meeste skelms kom voor in die polisie. Hulle moet hulle ontwapen en nie die publiek nie. Hulle is opgeleide mense wat weet hoe om met die kaal hande te vermoor en daarom moet die publiek se vuurwapens nie onteien word nie want hoe gaan ek as 60 jarige my beskerm teen n polisieman wat opgelei is in gevegkuns wat jou kan dood.

Afrikaanse Knaap ·

Ons gewone Suid Afrikaners weet dit al vir dekades. Maar by wie kla mens?

Johanna ·

Briljant JMC!!!!!! Wel ek leer kinders dat hulle nie die polisie moet vertrou nie. Al het die person ‘n uniform aan, wees versigtig en beweeg so vining moontlik weg.

Chris Ws ·

Ek het dit jare gelede al gese en se weer: die polisie is NIE jou vriend nie.Hanteer hullle met die uiterste agterdog en versigtigheid waar jy te doene kry met hulle.Sorg dat jy of iemand wat saam jou is ALTYD ‘n video opname van gebeure maak.

Wilsê ·

Tydens n 4jaar verblyf in Duitsland het ek gereeld gesien hoe streng die Politzei reageer myns indiens ten goede. Hordes polisie op die toneel op n simpel insident soos n geparkeerde motorfiets wat omgeval het. N polisie in burgerdrag wat voetgangers uittrap omdat hulle teen n rooi verkeerslig oorstap. Nonsens word nie geduld nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.