Verslag wys diepliggende wanbestuur, korrupsie in Noordwes

Argieffoto (Foto: stevepb, Pixabay)

Die jongste verslag van die ouditeur-generaal (OG) oor die stand van finansiële bestuur en aanspreeklikheid in provinsiale departemente in Noordwes, bevestig die diepgewortelde kultuur van wanbestuur, korrupsie en wanbesteding in dié provinsie.

Onder die ANC-regering is die totaal vir onreëlmatige besteding in Noordwes vir die afgelope finansiële jaar R27,2 miljard, het Michal Groenewald, provinsiale leier van die VF Plus, in ʼn verklaring gesê.

Wetlike voorskrifte vir verkrygingsprosedures word deur 95% van die departemente en entiteite geïgnoreer en voorvalle van beweerde korrupsie van R477 miljoen word ondersoek.

Die provinsiale departement van samewerkende regering en tradisionele sake, wat onder meer moet toesig hou en ingryp om sake by die wankelende munisipaliteite in die provinsie te beredder, is self verantwoordelik vir onreëlmatige besteding ten bedrae van R548 miljoen.

“Die OG se verslag lig duidelik die omvang van die mislukking van die ANC uit. Die wanbesteding van miljarde rande en die gepaardgaande verval van dienste en infrastruktuur is ‘n skande. Die VF Plus sal voortgaan om ‘n leidende rol te speel om die opposisie te versterk en kiesers te mobiliseer om te verseker dat hierdie wanbestuur en plundering van belastinggeld in Noordwes stopgesit word.”

Groenewald sê kiesers het die geleentheid in die komende plaaslike verkiesing om ‘n beslissende slag te slaan deur ANC-beheer in munisipaliteite te beëindig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

9 Kommentare

jongste oudste gewildste
Mieke

Ek dink nie hierdie is nuwe nuus nie! So gaan dit in die meeste orovinsies en is tipies van die hele ANC. Een groot vrot, oneerlike, wanbestuurde en korrupte gemors wat SA probeer regeer…!!

Sarel

Wat is nuut…nogtans word draaie geloop om Vrystaat

Tanja

Wolf is skaapwagter

Jakes

Hierdie is nie nuwe nuus nie, die hele land is hiermee besoedel. Onbevoegde, kriminele elemente wat die land regeer en wegkom daarmee. SA het n land van rampokkery en wetteloosheid geword wat ongelukkig nie gered kan word nie.

Kokerboom

Die ironie van die hele ANC gemors is dat die President bewus is daarvan en absoluut niks doen!!!!Soos tevore sê ek weer dis tyd dat die belastingbetalers NOU ruggraat toon en die krane toedraai. Hul kan net mors as hul aanhou kry!!!