Verslag wys krapperigheid tussen Willemse en Mallett

Ashwin Willemse. Foto: SuperSport

Die verslag wat opgestel is nadat Ashwin Willemse verlede maand tydens ʼn regstreekse uitsending uit ʼn ateljee gestap het, het krapperigheid tussen hom en Nick Mallett aan die lig gebring.

Willemse het op 19 Mei ná die wedstryd tussen die Leeus en die Brumbies uit die SuperSport-ateljee gestap. SuperSport het na onderhoude met Willemse, Mallett en Naas Botha besluit om ’n hersiening te doen en ’n verslag te laat opstel oor die voorval.

Die verslag wat deur adv. Vincent Maleka SC saamgestel is en Dinsdag deur SuperSport bekend gemaak is, het bevind daar was geen rassistiese optrede deur Botha en Mallett nie. Willemse het besluit om nie deel te wees van die ondersoek nie.

Die verslag het egter ook krapperigheid tussen Willemse en Mallett aan die lig gebring. Volgens Maleka het hy tydens onderhoude met rolspelers vasgestel dat Willemse, Botha en Mallett nie ’n wedersydse band het wat as vriendskap gesien kan word nie. Hy het wel bevind hulle verhouding is professioneel en dat hulle tog nou en dan grappies met mekaar gemaak het.

Nick Mallett. Foto: Skermskoot/SuperSport

Mallett het wel aan Maleka te kenne gegee dat hy en Willemse dikwels aan teenoorgestelde kante van debatte was tydens wedstrydanalise en kommentaar. Mallett het ook na e-posse verwys wat hy vir die bestuur van SuperSport gestuur het waarin hy versoek het dat hy en Willemse nie saam gegroepeer moet word vir regstreekse uitsendings nie.

In een van die e-posse wat by die verslag ingesluit is het Mallett gesê hy “geniet dit baie om saam met Bobs, Xola en Scott te werk. Daar is nie agendas soos met die komplekse Ashwin nie”. Mallett versoek verder dat Willemse na ’n ander program geskuif word sodat hulle nie saam hoef te werk nie.

“Ek dink hy praat gemors, ons irriteer die hel uit mekaar uit en die werksomgewing is net onaangenaam en gespanne,” lui die e-pos. Mallett sê verder hy het vyf jaar lank hard genoeg probeer .

’n Ander punt wat in die verslag opgebring word, is Willemse se bewering dat rassisme daartoe gelei het dat hy die stel verlaat het. Maleka het op 5 Junie met Willemse vergader. Willemse se familie en regsverteenwoordigers was teenwoordig. Maleka kon egter nie met die onderhoud voortgaan nie, aangesien Willemse se regspan aangevoer het die ondersoek is nie die regte forum om Willemse se kwessies te opper nie.

‘n Skermskoot uit die video van die voorval toe Ashwin Willemse tydens ‘n regstreekse uitsending van die Supersport-stel af gestap het.

Willemse se regspan het op 15 Junie korrespondensie aan Maleka gestuur en hom meegedeel dat Willemse nie aan die proses sal deelneem nie. Volgens Maleka was die rede hiervoor dat Willemse die voorval as rassisties beskou en dat die narratief wat deur SuperSport voorgehou is dat daar geen rassisme ter sprake was nie, sy siening versterk en sy menseregte en waardigheid skend. Dit het intussen vandag aan die lig gekom dat Willemse die gelykheidshof oor die voorval gaan nader.

Maleka noem in sy verslag dat Willemse van 22 Mei tot 24 Mei tydens vergaderings met die uitvoerende hoofde van MultiChoice ook volgehou het dat rassisme tot die gebeure gelei het. In die verslag word daar egter ook melding gemaak van Willemse se onderhoud met die uitvoerende hoofde van MultiChoice en SuperSport op 21 Mei waartydens hy gesê het hy beskou nie Mallett en Botha se optrede as rassisties nie. Op ’n vraag aan Willemse of hy Mallett en Botha as rassiste beskou, het hy ook nee geantwoord.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

66 Kommentare

White Rhino ·

Natuurlik sal daar krapperigheid wees indien een nie sy werk doen nie! Dit is tog so in enige maatskappy!! Willemse het lyf weggeteek. Hy is lui.

Lana ·

Ek wil dit liewer beskryf as onkundigheid aan die kant van Willemse.

Paul ·

Iemand is hoogs deurmekaar, geen wonder Mallet het ook in sy e-pos in 2016 gesê Ashwin is kompleks met agendas, soos jy hier bo beduie. En dan is dit onverstaanbaar dat, met dit wat hy beken het daar nie rasse ondertone was nie, ook dat nie een van Naas of Mallet rassiste is nie, hy tog wel voortgaan met die saak. Watter saak?

rollie ·

Hy is nie verniet bekend as die verkleurmannetjie nie. Sy more en aand stories stem definitief nie ooreen nie. Hy moet net weet dat sy bewyslas ‘n bietjie hoër gaan wees in ‘n hof.

honourable member ·

Alles maar net n minderwaardigheids kompleks. Die mense voel mos maar baie gou minderwaardig.

What a joke!@Dommienita ·

Die antwoord op jou vraag is enige ander kleur wat nie saam stem met n blanke persoon veral gebaseer op FEITE as hy reg is nie in Suid Afrika nie” is die mense”waarvan jy praat….
Hoop dit help jou uit girl…

Piet ·

My kind van 7 sê vir my almal is lelik met hom. Ek sê vir hom hy moet minder gevoelig wees oor sulke goed (wat meestal maar in die kop is) en meer self uitreik en maatjies maak. Dit geld vir grootmense ook.

Bekommerd ·

Piet. ‘n Kind van 7 wat kla dat almal lelik met hom, is nie net “gevoelig” daaroor nie. Kinders van 7 suig nie sulke goed uit hulle duime nie.

Hanna Hoekom ·

Dit is duidelik dat die knaap nie opgewasse vir die taak nie danksy BEE. Mense word in posisies ingedruk waar hulle dit nooit op meriete sou maak nie. Nou wat verwag jy? Presies wat hier gebeur het! Die raskaart word altyd gebruik wanneer daar geen argument meer is nie. En nou sit ou Ash met die eier op sy gesig en almal wat hom so verdedig het is ewe skielik doodstil.

Ronel ·

Die krapperigheid het niks met die voorval te doen gehad nie. Die volledige verslag is beskikbaar en baie interessant en definitief volledig (behalwe vir mnr williams se eie insette). Die krapperigge berig krap net waar dit nie jeuk nie.

Linda ·

Dit is alom bekend dat Willemse of laat opdaag of glad nie opdaag nie. Daardie betrokke dag was Willemse weer laat en NIE voirbeteid om kommentaar te lewer nie. Toe Botha en Mallet hom die geleentheid gee om eerste te praat, sodat hy nie kan hoor wat hulle se nie, gooi Willemse sy toys uit die kot uit en gebruik die rassiskaart !! Maklik om weg te kom as jy die rassiskaart gebruik !!! MultiChoice behoort ontslae van Willemse te raak !!

Leo ·

Ek stem heelhartig saam met jou Linda. Wonder net of Multichoice die aangeplakte drama so lank sou duld as die kleurkaart omgedraai was en dit Mallet of Botha was wat van die stel af gestap het. Ek twyfel. Hulle pat en paai hopeloos te veel.

Antz ·

Sien Ashwin wend hom tot die gelykheidshof. Miskien moet iemand hom vra waar kry hy die 60 miljoen plus wat hy gemaak het.

Anni ·

Ek wens regtig hy wil ‘n brug bou en oor homself kom, soos hy tekere gaan sal mens sweer hy IS SA Rugby! Oh my soul! Dis gewoonlik die met ‘n skuldige gewete wat so ‘n bohaai opskop.

Wat gaan hy doen as die Gelykheidshof nie hulle tyd gaan mors nie, gaan hy dan Parlement toe met die aangeleentheid? Daar mag hy dalk “joy” kry, want almal daar tokkel mos ook elke liewe dag die rasse-snaar op die kitaar. Gmph!

Gertryda ·

Ja en nou gaan hy willemse hof toe
Hy sal nie ophou tot NEn N uit supersport is

What a joke! ·

Dit is die probleem as jy verskil met iemand soos Ashwin dan is jy n rassis!
Jy kan nie debateer met hul nie want dan skop die minderwaardigheids sindroom in en jy is n rassis! Dit is beter om maar net stil te bly want hul sal altyd die rassekaart trek as jy met hul verskil…

Anni ·

Dis waarop daar gepyl word, dat mens altyd net moet stilbly, want die oomblik as een “Rassisme” begin skree, het jy meer moeilikheid as wat jy kan hanteer, maak nie saak hoe onskuldig jy is nie.

ANC ·

Die minderwaardigheidskompleks waarna julle verwys, is die nalatingskap van n dom idiotiese stelsel wat Apartheid genoem was. Sal lank duur om 50jaar plus se onderdrukking uit te wis. Dalk help grondonteiening

What a joke!@ANC ·

Dankie ANC dat jy saam stem Aal dwaal jy van die punt af……..

White Rhino ·

Totale minderwaardigheidskompleks – veral nou meer – na al die kommentare. Hy is kwaad omdat ons regdeur hom sien!!

Manie ·

Is baie waar. Hy kan nie op dieselfde vlak redeneer as die ander twee menere nie. Wat maak hom ‘n kenner van die spel in vergelyking met Naas en Mallet. Hy kon dit nie verwerk nie en probeer toe maar die raskaart, vandaar sy verwysing na hulle speeljare. Sy minderwaardigheid kompleks het hom ingehaal.

Seeklong ·

Wat ‘n manier om die aandag op jou te vestig, daar is sekerlik beter, meer professionele maniere om dit te doen, nêrens Willem se?

Tammy ·

Supersport sal baie vyn moet trap..hierdie is n sensitiewe saak en gaan nog baie lank al die betrokkenes agtervolg. Jy kan nie iemand beskuldig van rassespanning as jy jou sleg gedra het op n landwye uitsending nie. Duisende mense het dit gesien en elkeen het sy eie mening. Straf vir AW vir swak gedrag aan diens, ontslaan hom sodat dit n les kan wees vir sy opvolgers. Ons wil nie die program kyk met mense wat hulle nie volgens protokol gedra nie, asseblief. Andersins maak die program toe…die land is kwaad!!!!!!

Heksgejag ·

Daar sal gesoek word na enige vae teken van rassisme want die land is nou voluit op heksejag na wittes.

Leo ·

Willemse is lui. Punt. Mallet en Naas het net moeg geraak daarvoor om heeltyd vir hom te skerm. Gooi Willemse terug op die veld dat hy daar kommentaar lewer, dan sal ons binnekort sy ware kleure sien. Dis nou as hy betyds opdaag en voorbereid is.

Dit was nie net onprofessioneel om van die stel op regstreekste uitsending te stap nie, maar net so onprofessioneel van hom om nie eens op te daag vir die verhore nie en nou hardloop hy gelykheidshof toe. Shame. Wonder wat gaan hy daar kwyt raak……..

mc ·

Dink jy hy sal betyds by die gelykheidshof opdaag of hoegenaamd opdaag.

Hazeldean ·

AW het ‘n regverdige en baie goeie geleentheid gekry om sy saak te stel.
Hy kan tog nie dink dat Jan Publiek hom nog op die kassie wil sien na hierdie affêre nie….

Johann cb ·

Ek wonder net presies wát Mnr Willemse graag volgende wil hê! Van sy kant is daar beslis verskuilde agendas. Gaan daar eers hofsake wees voor ons dit hoor?

alwyn burger ·

Rugby is maar net ñ spel…..ñ redelike eenvoudige spel! Hoekom raak ons so persoonlik-bitsig in ons menings oor die spel?

Sporter ·

Want die Afrikaner het die sportgod aangeneem wat tot hulle ondergang gelei het. Ander nasies lei hulle kinders in hoe tegnologie op en ons kinders hoop om sportsterre te word, en bittermin doen.

What a joke!@Aalwyn,Sporter.... ·

Want n ander kleurigge se n witman is n rassis nog voordat hy skuldig bevind is deur feite!
Die witman in Suid Afrikais is dan sommer klaar geoordeel en gevonnis sonder dat die feite van die saak ordentelik ondersoek is!
Vra maar jul minister van sport veral en al daai liberale kruipers wat so vinning was om die saak uit verband te ruk en geskree het Naas en Mallet is rassiste.

Dit gaan veel meer as net oor rugby Aalwyn, gevalle soos die is maar net deel van amper elke dagse gebeurtenisse waar die blanke in Suid Afrika maar die knie moet buig ongeag van of hy reg of verkeerd is! Ek dink persoonlik die blankes is gatvol daarvoor! So hou maar die selfe holrug geryde deuntjie speel van dit is omdat Afrikaners rugby so verafgod….asseblief tog dit raak nou afgesaag die saak le veel dieper en jul weet dit!

ria ·

AW al my respek vir jou verloor. Hoop Naas en Nick vat hom hof toe. Hy ht miljoene in di bank.

Dafer ·

Hier is net EEN uitweg. MultiChoice en SuperSport moet ‘n platform/ forum daarstel waar Willemse bereid sal wees om sy punt te stel. Hy sal van geen geleentheid gebruik maak nie, want al wat hy sal regkry is om homself dieper in die gat in te praat.
MultiChoice en SuperSport behoort volle aanspreeklikheid te aanvaar vir die hele petalje omdat hulle verantwoordelik is daarvoor dat hierdie deelnemer nie by vermoe was om op die nodige vlak te kan saam gesels met die ander deelnemers nie!

Snowball ·

Altyd die slagoffer! Hy moet nou voortstu met dié rasstorie! Dis pateties!

Anti Ashwin ·

Hoekom word die rassekaart altyd gespeel wanneer n persoon onbevoeg of onvoorbereid is? Ashwin,respek word verdien………en dis iets wat jy nie in wereld rugby het nie.

Afrikaanse Knaap ·

Sal cool wees as daar ‘n definisie vir rassisme kan wees. Een waarmee almal kan saamstem. Volgens Oxford Woordeboek en HAT is die grondwet en ekonomiese bemagtiging en regstellende aksie en kwotas rassisties.

LVH ·

En! so word Ash ons volgende mininster kommunikasie. Let op my woorde

ChrisE ·

Die hele petalje is vir my lagwekkend. Dit dui op emosionele onvolwassenheid aan Willemse se kant. Ek het een dag lank gelede raad by iemand gekry, en mnr Willemse kan dit regtig ter harte neem. Wanneer jy in ‘n gat is, hou op grawe.

Johann du Toit ·

Ek wil ook raad aan Ashwin gee, “practice what you preach”. Ashwin is ‘n motiveringspreker. Sy raad aan jong rugbyspelers is onder andere “selfrespek” en “ dissipline”. Selfrespek is om vir jouself op te staan en dissipline beteken gehoorsaamheid aan gesag of ordelike gedrag.
Ongelukkig volg hy nie sy eie raad nie. Hy het vir homself opgestaan maar het vergeet dat selfbeheersing die sleutel tot selfrespek is. Wat disspiline aanbetref het hy hom skuldig gemaak aan onordelike gedrag.
Ons wag nou maar geduldig op AW en sy regsverteenwoordigers, die bal is in hulle hande..

What a joke! ·

Oe vader spaar my…n motivering spreker se jy…goeie genade.
Ek hoop hy vertel al daai kindertjies ok dat hul nie hoef te worry nie want hul sal almal sommer eendag 60miljoen onregmatig bekom en hul SEB voortekkery sal hul in n span laat loop sonder verdienste nes hy……

Cobus ·

Altyd respek vir A.W> gehad oor waar hy vandaan gekom het en wat hy bereik het. Gedink hy kan dit uitdeel en vat wat kom. Nou is hy soos n klein seuntjie wat by sy mamma gaan huil as dit terugkom na hom

Bafana ·

AW ek het nog nooit van kwota speler in sokker gehoor nie So jy het jou beroep gemis O sorry hul het genoeg fluitjie blasers

Dries ·

Ek glo nie iemand gaan weer na n program kyk waar Willemse teenwoordig is nie. Doen die regte ding Willemse tree af.

jannie ·

Die rassistiesse een in die voorval was eerder willemse gewees en hy kon nie die presure hanteur nie…sy twee kollegas moes sy las op hulle skouers dra…..as jy nie jou werk doen nie,loop dan,wat soek jy daar,jy kry baie sulke boggers wat net sit en teer op ander en hulle wil die shine vang…..willemse jou rassis!!!!!!!

Lukas van Zyl ·

As ek n werkgewer was sou ek nie iemand soos Ashwin in my span wou hê nie.

Anner Anton ·

Al wat ek kan se is dat dit nie is hoe ek Karoo mense ken nie. Daardie mense sorteer hul probleme uit met waardigheid.

LekkerSeBaas ·

Ek het die verslag gelees, en dit is opvallend dat beide Nick en Naas se optrede gemeet word aan ‘definisies’ van rasisme. Dit is duidelik hulle gedrag en woorde was nie rasisties nie. Maar meet jy Ash se dade en woorde, dan is dit duidelik rasisties. Ek wonder hoekom hierdie verslag nie albei kante toe gemeet het nie…

FM ·

Willemse het nie n kwart van die rugbykennis van Nick en Naas nie. Hy dink hy weet iets en dan praat hy al harder as hy met sy kollegas verskil. Dit dui op n minderwaardigheidskompleks. Hy is, soos ek kan aflei, n lui mannetjie en daarvoor was Nick en Naas keelvol. Hy het nie dissipline nie, want hy hoop die sportminister sal vir hom in die bresse tree. Wie is nou die RASSIS, wiĺlemse? Erken dat jy aandag soek. Kry eerder vir jou n politieke job. Verkleurmannetjie. Een oomblik sê jy Nick en Naas is nie rassisties nie en nou sê jy hulle is rassisties. Hoekom het jy nie jou saak gestel toe die regter jou GESMEEK het nie. Word volwasse!!

AJ ·

Musi Maimane skuld alle Witmense ‘n verskoning vir sy ongegronde tirade teenoor hulle “rassisme”.

Hy is erg bevooroordeeld teenoor Wittes, soos blyk uit hierdie AW voorval.

Hy raak nou toenemd ‘n verleentheid vir die DA.

Carlos ·

As jy nie daarvan hou dat hy witmense teiken nie moet nie weer vir hom stem nie.

Wonder ·

O genade, wat nou! Kan jy nou meer na hoeveel jaar is “saamwerk” word die rassistiese kaart uitgehaal. Nou wonder ekke, wie sit regtig agter hierdie rassistiese besigheid? Malema? Sê ek met ‘n tong in die kies.

Wegkruipertjie ·

Waarom het sy regspan “en sy familie” opgedaag, maar nie hy nie? Ek verstaan dit glad nie. Lees ek iets mis?
As ek issue met my kollegas het gaan ek beslis nie my familie stuur om my te verteenwoordig nie. Waar kom die wegkruipgedrag vandaan?

rina ·

Hierdie Willemse moet ‘n brug bou en oor sy minderwaardigheidsgevoel kom en sy deel doen en ophou rugry

Annamarie Olivier ·

Willemse maak sy naam net verder krater met sy optrede.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.