Verslag wys magte nié verantwoordelik vir Alexandra-man se dood

Die minister van verdediging, Nosiviwe Mapisa-Nqakula. (Foto: Jonisayi Maromo/ANA)

Nosiviwe Mapisa-Nqakula, minister van verdediging, het Donderdag gesê die weermag- en polisielede wat beskuldig word van die dood van Collins Khosa (40), ʼn inwoner van Alexandra in Gauteng, is nog nie van alle blaam onthef nie. Dit volg nadat daar glo in die week ʼn verslag aan die media gelek is wat lui dat dié lede nie vir Khosa se dood verantwoordelik gehou kan word nie.

Khosa is middel-April dood nadat soldate hom glo by sy huis aangerand het.

Luidens dié verslag van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) is Khosa “gestamp” asook “geklap” en was “by sy bewussyn en gesond toe die weermaglede hom verlaat het”. Die verslag lui dat ʼn interne ondersoekraad die ondersoek na die voorval afgesluit het en bevind het dat nóg die weermag- en polisielede nóg die Johannesburgse metropolisie skuldig is.

Die nadoodse ondersoek het egter aangedui dat Khosa gesterf het nadat hy ʼn harde hou teen die kop gekry het. Die verslag dui daarop dat daar geen verband tussen Khosa se beserings en die aksies van die weermag- en polisielede getrek kan word nie.

Mapisa-Nqakula het Donderdag tydens ʼn mediakonferensie in Pretoria gesê sy is verras om te hoor die media is in besit van die verslag.

“Ons werk saam met die weermag om die saak te ondersoek. Die kwessie is egter nog nie afgehandel nie en daarom wil ek nie kommentaar oor die saak lewer nie,” het Mapisa-Nqakula gesê.

Maroela Media het vroeër berig Khosa se lewensmaat, Mphephu, het vroeër in ʼn beëdigde verklaring gesê weermaglede het laatmiddag op 10 April die huis ingekom en hulle daarvan beskuldig dat hulle die regulasies van die afsonderingstydperk oortree het. Hulle het na ʼn kampstoel en ʼn halwe glas alkohol in die erf verwys. Daarna het hulle die huis bestorm en beslag gelê op twee biere.

Sy sê hulle het buite die huis bier oor Collins se kop uitgegooi, hom gewurg, teen ʼn sementmuur gestamp, hom met ʼn geweerkolf geslaan, geskop, geklap en weer geslaan. Hulle het glo ook sy swaer, Thabiso Muvhango, aangerand. Mphephu voer aan sy is met ʼn sambok geslaan.

Die weermag- en polisielede wat van Khosa se dood beskuldig word, is twee weke gelede hangende die ondersoek na die voorval geskors.

Regter Hans Fabricius het in sy uitspraak in die hooggeregshof in Pretoria gesê sekere regte is onaantasbaar – selfs tydens ʼn ramptoestand – en het die weermag, polisie en enige metropolisiedepartement opdrag gegee om hul lede te beveel om in ooreenstemming met die Grondwet en ander wetgewing op te tree. Hy het ook gesê hulle mag net die minimum geweld gebruik wat nodig is om ʼn amptelike plig uit te voer.

Mapisa-Nqakula sê sy respekteer Fabricius se besluit om die betrokke lede te skors.

Die burgerregte-groep #NotInMyName het verlede maand die polisie en weermag veroordeel vir Khosa se dood. Themba Masango, die sekretaris-generaal van dié groep, het gesê die polisie en weermag is selektief wanneer dit kom by die toepassing van die wet en die handhawing van afsonderingsregulasies.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

BoerSonderRoer ·

Altyd lekker om mense af te maai as daar nie ‘n video daarvan geneem word nie. Vra maar die SA weermag.

Belinda ·

Ek voel regtig jammer vir die vrou om sulke antwoorde te kry, die man is dalk nie op die toneel dood nie, maar agv bloeding wat tydens en agterna plaasgevind het agv die houe teen sy kop. Dit is eenvoudig onaanvaarbaar!

koos10 ·

Snaaks wat die regter beveel het is in ons grondwet in geskryf. Dis nou daai wet wat almal in die land MOET nakom. Dit wys jou net dat dit nie die papier werd is waarop dit geskryf staan nie, en word verdraai, gemanipuleer en geimprimiteer soos die die leser pas.
Die lede moet van moord aangekla word en die ministers en president vir minagting van die grondwet.

eksalnievergeetnie ·

Verbasend genoeg is die Weermag lede intern ‘onskuldig’ bevind – dit nadat die Hooggeregshof hulle en die Weermag fel beoordeel het en hulle erken dat hulle die man geklap en geskop het. Die lede is ook geskors. Hoekom dan as hulle ‘onskuldig’ is? Daar is geen respek vir die regsstelsel nie en tans is dit net ons howe wat tussen ons en totale anargie staan. Ons woon nie in Turkmenistan of een van daai lande nie en ons moet ophou om die arbitrêre belaglikheid van die regering gelate te aanvaar.

Pampoen ·

Hulle magsnommers het nou almal ‘n 007 agteraan. Licence to kill!

Nell ·

Dis maklik om ‘n verslag op te stel ten gunste van die skuldiges en dit dan aan die pers te lek…

PieterP ·

Eerstens was hy binne sy erf hulle oortree deur dit wederregtelik tr betree.
Die 2 biere was in sy erf of huis wat “gekonfiskeer” is. Onwettig! Hoekom dit was nie vervoer op daardie stadium nie.
Teen ‘n muur gestamp, met ‘n geweer kolf geslaan, geskop, geslaan en geklap. Niks houe teen die kop nie? Bull dust.
Julle lieg amper beter as Curil en die kopdoek pensionaris.
Sluit toe die hele spul en kla almal aan. Indien hulle nie sing nie kan almal sit maar ek glo die skuldige sal dan gou uitgewys word tydens die verhoor of na die 2de verkragting in die tronk want ex lede is die oranje pakkies se gunstelinge

Misky ·

Wat met die man gebeur het, klink al hoe meer vir my na die Floyd besigheid van Amerika. Al verskil is daar was n video van sy hartseer einde gemaak en is gelek. En kyk wat gebeur nou in Amerika en dis chaos. Daai polisie mans is ook net onslaan uit hulle poste. Nou wonder ons hoekom word “bundu justice” toegepas.

Pasop ANC en julle skelm regsproses, SA gaan opstaan uit die dwaal waarin hulle is en geweld in eie hande neem. Wees gewaarsku!!!

Porseleintjie ·

Was dit blanke lede wat reg in eie hande geneem het, sou die verslag anders gelyk het.

Kobus ·

Het al lank voor die aankondiging geweet wat die uitslag sou wees..Belaglik.

Pappa Beer ·

Dit wys net alhoe meer en meer hoe die regering nou van n demokrasie af na n militere staat toe beweeg. Landsburgers het nie meer regte nie en daar sal vir jou gese word waneer en wat jy mag eet, drink of glo. Hierdie hele situasie in die land begin al minder oor covid gaan en meer oor n onderdrukking van mense en hul regte.

Pieter ·

En as daar moet gestem word dan stem hulle weer vir die ANC sirkus.

Anel ·

Ek dink die hele storie gaan daaroor dat die oorledene nie vir hulle van sy drank wou gee nie. Toe rand hulle hom maar aan en vermoor hom. Dis maar wat ek dink. Sluit die hele lot toe. Die polisie was veronderstel om die man te beskerm teen die weermaglede. Maar nou ja. Komunisme.

Jaco ·

As die slagoffer wit was, het hierdie verslag sin gemaak. Wit mense in SA is mos maar 2de klas burgers. Maar die slagoffer was swart en dus van dieselfde ras as die weermag- en polisielede wat hom geslaan het en van dieselfde ras as ons anti-wit regering. So hierdie verontskuldiging maak nie sin nie.
Wat ek ook glad nie verstaan nie is dat swart organisasies en politieke partye soos die EFF en die IVP heeltemal stil is oor dié swart op swart vergrype.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.