Verslaggewer op ‘spesiale verlof’ ná aantygings by Zondo-kommissie

Ranjeni Munusamy (Foto: Twitter)

Die senior joernalis Ranjeni Munusamy is deur die Tiso Blackstar Group op spesiale verlof geplaas ná aantygings teen haar by die Zondo-kommissie van Ondersoek na staatskaping aan die lig gekom het.

Die mediahuis het Woensdag in ʼn verklaring gesê Munusamy was nie een van sy werknemers in die periode waarna die beskuldigings verwys nie. “Ons ondersteun die beginsel dat iemand onskuldig is totdat hulle skuldig bevind word en die beginsels van natuurlike geregtigheid om albei kante van die verhaal aan te hoor. Ons het egter spesiale verlof aan haar toegestaan, gegewe die erns van die bewerings. Die redakteur van die Sunday Times, Bongani Siqoko, het Woensdag reeds met ʼn interne ondersoek begin net ná die kommissie Munusamy van die bewerings in kennis gestel het.”

In getuienis voor die kommissie is onthul dat ʼn bedrag van meer as R140 000 in 2008 glo van ʼn geheime fonds van die polisie se misdaadintelligensie-eenheid aan Munusamy oorbetaal is om haar voertuiglening af te betaal.

Munusamy ontken alle bewerings en het ʼn prokureur gekontak om ʼn reaksie saam te stel.

Aldus die verklaring van Tiso Blackstar sal die maatskappy ʼn finale besluit oor die saak neem ná sy interne ondersoek afgehandel is. “Die maatskappy se belange, sy beleide en Munusamy se regte sal in ag geneem word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Rupert Ashford ·

Meer inligting asseblief. Is sy omgekoop om stil te bly oor korrupsie, of was sy ‘n polisie informant of wat?

Magda ·

Gieie beginsel – wens die ANC wil dit ook volg – sit almal wat genoem word op “SPESIALE VERLOF” SONDER VERGOEDING tot die sake afgehandel is – hahahaha dan is daar maar bitter min ANC lede oor – maar dalk sal ons geld beter bestuur word op dinge wat nodig is vir die Mense wat hulle eerstens in daai posisies INGESTEM het.

Ella ·

Mense het al gelieg voor die Zondokommissie en dit erken. Dalk hier ook? Gooi haar onder die bus dan is baie ander veilig
Net R140 000 “gekry” terwyl ander miljoene Rande “gekry” het en los loop,
As dit nie so hartseer was kon mens daaroor lag

Jacobus ·

EN. Niks anders as Hillary Clinton se “play for pay” nie. Verskil, sý verdien miljoene.
Maar die ou waarheid: wiese brood jy eet diese woord jy spreek, geld ook in die HSM vir gewillige huursoldaat joernalste.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.