Verslaggewer vrygelaat ná inhegtenisneming tydens UKZN-betogings

Kaveel Singh (Foto: Twitter)

Kaveel Singh (Foto: Twitter)

Kaveel Singh, verslaggewer van News24, is Vrydag vrygelaat, ure nadat hy in hegtenis geneem is tydens betogings op die Universiteit van KwaZulu-Natal se Westville-kampus.

Singh het op die sosialemedianetwerk Twitter bevestig hy is vrygelaat, nadat hy in hegtenis geneem is op aanklag van betreding en dat hy sy arrestasie teengestaan het. Hy is na die Westville-polisiestasie geneem. “Ek word saam met ʼn student deur die polisie aangehou en ek word na ʼn polisiestasie geneem @News24 #FeesMustFall #UKZN,” het hy in daardie stadium op Twitter gesê.

Die polisie het na bewering skokgranate gevuur en die skare laat verdaag wat begin saamdrom het.

Die betogende studente het vroeër van lesinglokaal na lesinglokaal beweeg en studente uit klasse verwyder.

Ondanks betogings oor studentegelde, bly die universiteit oop.

Singh hou vol hy het herhaaldelik aan die beamptes homself as ʼn joernalis geïdentifiseer.

ʼn Student is ook saam met Singh in hegtenis geneem. Dit is nie duidelik op watter aanklagte hy in hegtenis geneem is nie, maar die Durbanse hooggeregshof het ʼn interdik uitgereik teen betogings.

Die universiteit was nie dadelik vir kommentaar beskikbaar nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

John ·

Die vraag is eenvoudig: Aan wie se kant was die geagte joernalis? Ek het ‘n goeie idee.

Rupert Ashford ·

Waar eindig joernalistiek en waar begin aanhitsing/sensasiemakey.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.