David Maynier, die DA se woordvoerder vir finansies, het die versoek gerig te midde van bewerings dat die Valke ondersoek instel na Pravin Gordhan, minister van finansies, vir sy beweerde betrokkenheid in die totstandkoming van die beweerde geheime eenheid.
Gordhan het egter ontken dat hy enigiets verkeerd gedoen het. Die Valke het Maandag gesê hulle het Gordhan bloot ’n paar vrae gevra om hulle te help met hul ondersoek en dat die minister nie ’n verdagte is nie. Tom Moyane, hoof van die SAID, is na bewering verantwoordelik vir die ondersoek na Gordhan. Zuma het ook Maandag gesê Gordhan se pos word nie bedreig nie.
“Dit is hoekom die enigste lewensvatbare oplossing is dat Zuma ’n onafhanklike regterlike kommissie van ondersoek moet instel om al die bewerings te ondersoek,” het Maynier gesê. Volgens hom probeer Zuma skadebeheer toepas. “Die feit dat die publiek gerusgestel moes word dat Gordhan se pos nie in gedrang is nie, sal moontlik die teenoorgestelde uitwerking hê en beleggingsvertroue in Suid-Afrika ondermyn.”
Lees alle vorige berigte hieroor op Maroela Media.
Een skandaal op die ander. Kan myself nie in dink hoe sepies ‘n bestaan op TV voer in SA nie. Die politiek in die land is lag wekkend.
Die kruks van die saak is dat die SARS ondersoek eenheid verdoemende getuienis het teen bevoordeeldes van die ZUMA binnekring. Die president kan nie bekostig dat hierdie inligting op die lappe kom nie aangesien die moontlikheid bestaan dat dit hom ook direk kan inkrimineer. Die geveg is dus om die eenheid wat die inligting ingesamel het te diskrediteer en te verhoed dat die inligting openbaar gemaak word. Tom Moyane beskerm daardie inligting en is in die proses om SARS skoon te maak van enige persoon wat inligting in die verband mag uitlek.
Om die persoon af te dank sal nie help nie. Hy/sy sal geëlimineer moet word, want hy/sy kan nog steeds praat!!!