Versoek om BTW-terugbetaling aan Guptas te ondersoek

Atul Gupta (Argieffoto)

Die VF Plus gaan die ombudsman vir belasting versoek om ondersoek in te stel na die BTW-terugbetaling van R70 miljoen wat verlede week aan die Guptas gedoen is tot voordeel van hul maatskappy Oakbay Investments.

Anton Alberts, woordvoerder van die VF Plus, het gesê beweringe in ʼn artikel van Netwerk24 dat die belastingbaas Tom Moyane persoonlik ingegryp het om die oënskynlik onreëlmatige betaling moontlik te maak, is ook baie ernstig, en die ombudsman sal in besonder gevra word om Moyane se rol in die betaling te ondersoek.

“Daar kom nou feitlik weekliks opspraakwekkende en verdoemende nuwe inligting na vore wat duidelik wys hoe sterk en diep die Guptas se invloed in die staatsmasjinerie en by baie van sy belangrikste amptenare is,” het Alberts bygevoeg.

Verlede week in die parlement het Alberts ook die minister van openbare ondernemings, Lynne Brown, skerp oor die stroping van die staat se bates aangevat en gesê dit herinner aan ʼn skool piranhas om ʼn prooi.

“Die stroping is besig om vinnig in intensiteit toe te neem en ʼn mens is byna nie verbaas as nog bewerings en nog ʼn moontlike betrokkene soos Moyane genoem word nie. Wat veral verstom is die klaarblyklike arrogansie waarmee die kapers al hoe meer optree. Dis asof hulle weet hulle kan straffeloos handel en dat hulle daarom nie eens veel moeite te doen om hul handewerk te verdoesel nie. Dit is duidelik in navolging van die staatspresident wat selfs in die parlement beskuldigings van staatskaping en die Guptas se rol daarin bloot aflag,” het Alberts gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Hens ·

Hoe kry mens soveel miljoen terugbetaling. Ja nee kyk kom ons hou net aan stem vir die anc- so word SA net armer en armer tot eendag daar absoluut niks oor is nie

Pieter Ellis ·

om 70 miljoen terug te kry moes die “verkope” 500 miljoen gewees het. Dit is nie enige transaksie wat soveel miljoene beloop nie, en Tom Moyane se persoonlike ingryping wys dat Zuma ook ingegryp het. Dus het die Gupta baas vir sy Zuma beveel om die handlanger aan te spreek om die betaling te magtig. Dit wys die groot houvas wat die spul Guptas op ons land het.

Meraai ·

As een maatskappy soveel verkope moet he en met invoere kan jy nie eens soveel terug eis nie, hoekom is ons land dan nog so arm?

vaal ·

Suid afrika is
Nie nie weer daar nie, net die naam, ons blou hemel, uit die diepte van ons see, cru our beloved country.

Eps ·

Op die ou end gaan die persone wat die e-posse bekom het vervolg word en nie die kriminele nie. In SA het kriminele meer reg as skoon burgers sonder kriminele rekords.

Jk ·

Sars het geld om die guptas se btw uit te betaal maar die boere se btw word elke keer eers geoudit dan wag jy nog voor dit uitbetaal

Leon ·

Hulle kan nie toegang kry tot die bediener met al die GuptaMail nie want dit sit oorsee en is baie “secured”. Nie eers ou Zuma of sy Gupta tjomma kan dit bekom nie. Amerika het reeds probeer maar met geen sukses nie, nl. WikiLeaks, Snowden files, ens.

PvZ ·

Ek neem nou aan dat nie een van die boere se dieselrebatte gaan uitbetaal word vir die volgende ses maande nie.

Chris ·

Sjoe ek het gedink SARS se koffers is leeg want ons gewone, hardwerkende, belastingbetalende landsburgers kry nie hulle terugbetalings nie. SARS skuld my nog amper 90% en aan my man nog 40% van ons wettige eise na ons vorige opgawes ingedien is. Betaal net doodeenvoudig ‘n kort bedrag uit en jy kry geen antwoorde verder uit hulle uit nie! Lyk my hulle het maar bietjies-bietjies gesteel om hierdie miljoene aan hulle grootbase oor te betaal!

N Lourens ·

PvZ en Jk is albei reg. DieSAID het in 2014 die laaste keer aan my btw uit betaal en ek praat nie van dieselrebat maar op kapitaal aankope.Dit beloop nou reeds etlike groot bedrae geld. As ek hierdie lees dan wil ek oorlog maak!!!

Anoniem ·

Blikskottel. As ons slegs een bakkie se BTW terugeis, is daar eers audits om dit goed te keur. Wat het hulle dan aangekoop?

Hein ·

Mense mense ;

Als is n grap in die groep mense daar word dan openlik oor als gelag in die Parlement , als word as hekse jag bestempel .
Miljarde Rande word bestee van die belastingbetaller se geld aan Hofsaakies om tyd te wen .
Eskom kan n R30milj pensioen uit betaal maar hulle wil die krag tarief weer hef hkm ??? Dat die idioote in de land ons gemors betaal .

Wanner besef die land se mense is dit nou genoeg ??

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.