Versoek om met SA’ner se ontvoerders te praat

Stephen McGown en sy vrou Foto: Skermskoot uit die ENCA-video

Stephen McGown en sy vrou Foto: Skermskoot uit die ENCA-video

Die Suid-Afrikaanse liefdadigheidsorganisasie Gift of the Givers het Dinsdag ʼn pleidooi op YouTube gelewer vir Stephen McGown se ontvoerders om met hulle kontak te maak.

“Een van die moeilikste aspekte van gyselaar-onderhandelings is wanneer mens nie met sekerheid weet wie die ontvoerders is, waar hulle is, wat hulle soek of hoe hulle gekontak kan word nie,” het Imtiaz Sooliman, hoof van Gift of the Givers, in ʼn verklaring gesê. “Die organisasie stuur die boodskap internasionaal uit met die versoek dat Stephen se ontvoerders met ons sal kontak maak.”

McGown is al drie jaar en sewe maande in aanhouding.

Saam met die boodskap is ʼn versoek van een van die voorste godsdienstige leiers op die Afrika-kontinent, Sheik Igsaan Hendrikse, van die Moslemregsraad in Kaapstad, waarin hy ook Stephen se vrylating versoek.

McGown is op 25 November 2011 in Timboektoe vermoedelik deur Al-Kaïda ontvoer. Klik hier om meer te lees.

Lees alle vorige berigte oor Stephen McGown op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.