Versoek om OB uit amp te verwyder na komitee verwys

Busisiwe Mkhwebane, die Openbare Beskermer (Foto: ANA)

Thandi Modise, speaker van die Nasionale Vergadering, sal die DA se versoek om die proses te begin om die openbare beskermer, Busisiwe Mkhwebane, uit haar amp te verwyder, na die portefeuljekomitee vir justisie en korrektiewe dienste verwys.

Luidens ʼn verklaring wat deur die parlement uitgereik is, het die nuwe parlementêre komitees nog nie sedert die verkiesing in Mei vergader nie. Die komitees sal eers in Julie ʼn sitting hê om voorsitters te kies en hul onderskeie programme te bepaal.

Wanneer dit gebeur, “sal die portefeuljekomitee vir justisie en korrektiewe dienste aandag aan die versoek gee,” lui die verklaring.

John Steenhuisen, DA-hoofsweep, het vroeër gevra dat Mkhwebane uit haar amp verwyder word nadat die hooggeregshof in Pretoria beslis het dat sy haar magte erg oorskry het deur ’n grondwetlike wysiging aan te beveel om die mandaat van die SA Reserwebank te verander.

Die vorige regsportefeuljekomitee het in Februarie vanjaar besluit om aan te beveel dat die Nasionale Vergadering nie met die proses teen Mkhwebane begin nie aangesien dit voortydig was.

Verlede maand het dieselfde hof teen Mkhwebane in ’n ander saak beslis. Die hooggeregshof het haar verslag oor die Estina-suiwelplaasprojek omgekeer en verklaar dat dit ongrondwetlik en ongeldig was nadat die DA haar ondersoek in twyfel getrek het en gesê het dat politici wat in die aangeleentheid geïmpliseer is, nooit ondervra was en dus nooit verantwoordelik gehou was nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Andreas ·

Die nuwe OB, met ‘n baie meerderwaardige houding wou die ou OB se ver oortref en in die skadu stel om haarself te bewys, toe spring sy heeltemal van die aarbol af.

Oom Koos ·

Jammer om julle teleur te stel maar sy gaan danksy die ANC in haar pos aanbly.

Gert van Wierdapark ·

Daar gaan die ReddIngs-boei al weer vir die OB met haar verslag-voos handjies! Hoop sy sal die boei kan vang? Sy kort eintlik n regte boei! Die a en see het VREDE met melk-koeie wat die ekonomie saboteer en melk = vra maar vir vriend Yster van die OVS! Die OB kan daar mos niks wys word nie. Vir Bo-wys is die slaagsyfer mos n grys area. Wat die nuwe komitee betref, gaan daar seker kwaai mededinging onder die partye se lede wees om as Skink-bord-draer aan gewys te word =hier kom n ding saam met die tee!!!

George in Bloem ·

Hoekom? Sy’s heeltemal onbevoeg genoeg vir die pos en dis totaal en al in lyn met die ANC se vereistes vir enige belangrike pos of hoe?

Johanna Botha ·

Ek voel sy bedryg die publiek se regte eerder as beskerm ……JUST GOOO !

Louis Eksteen ·

Sy volg persoonlike agendas en is n verleentheid vir ons land. Seker nog n Zuma cronie wat vasklou aan haar pos sodat sy n groot pensioen kan kry. Jy kan maar gaan, die NVG sal beter wees sonder jou. Jy het nou naam gemaak so gaan rus nou met net jou gewete.

Anoniem ·

Sy is duidelik on bevoeg vir haar pos sy moet maar iets ander gaan doen ANC kader. Nail haar goed.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.