Versoek om ondersoek te verskerp ná vragmotors brand

Vragmotors brand in Heidelberg (Foto via Twitter)

Die VF Plus het die Gautengse LUR vir gemeenskapsveiligheid, Faith Mazibuko, versoek om die ondersoek na nege vragmotors wat verlede Donderdagaand naby Heidelberg aan die brand gesteek is, te verskerp.

Die party het dieselfde versoek gerig aan lt.genl. Elias Mawela, Gautengse polisiekommissaris, en het hom gevra dat alle hulpbronne en mannekrag ingespan word om die skuldiges vas te trek.

Maroela Media het vroeër berig vragmotors is Donderdagaand naby Heidelberg op die N3 en R103 aan die brand gesteek nadat dit tot stilstand gedwing is en met petrolbomme bestook is.

“Die opsetlike beskadiging van private eiendom is onaanvaarbaar gesien in die lig van die reeds swak ekonomiese groei weens die Covid-19-inperking en die onbevoegdheid van die regering,” sê Kobus Hoffman, LP van die VF Plus in Gauteng. “Die VF Plus sal voortgesette druk op die LUR en die polisiekommissaris plaas om die saak as prioriteit te beskou en sal daarop aandring dat polisie-sigbaarheid op hoofroetes verhoog word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Persheks Adri ·

Soek vir Mal-emma daar’s die antwoord saam sy “ground forces” pffft. Regering is useless verby om die minste te sê

SomeOne ·

te danke aan mal – emma is dit sekerlik deur sy dom astrante nagsluipers gedoen

Anel ·

Dink nie die polisie gaan nou baie produktief wees nie. Malles het hulle mis met die dood gedreig. En Cele het gesê hulle moet na hulle self kyk. Nou wonder ek wat gaan nou gebeur.

Andries ·

Die beste voorstel wat ek tot dusver gehoor het is dat vragmotors voortaan in konvooie ry met bewapende begeleiding en soos met transito-rooftogte destyds sal hierdie aanvalle endkry na die eerste bende uitgewis word.

Karina ·

Dit is ‘n fantastiese goeie voorstel. Hulle moet net lisensie kry as hulle aangeval word, mag die bewapende begeleiding terug skiet.

Genis ·

Hoef nie ver te soek nie, die EFF bunder dan op podiums uit, brand hulle? Moet ek nou n speerder word? Genis SA se eerste Sherlock Holmes…

Regverdigheid ·

EFF en Mallema hoekom gebeur dit jul gaan net aan of niks fout is Suid Afrika is besig om uitmekaar te val ??????

Bella ·

Julle weet sekerlik dat dieselfde modus operandi nou die aand gevolg is op die R59 tussen Sasolburg en Parys. Meer spesifiek so 500m voordat jy die Terblanche’s se plaas kry. 5 vragmotors aan die brand gesteek. Dis lyk mos al te veel na n georkestreerde poging om ekonomiese sabotasie te pleeg.

Kokerboom ·

Ons het hier te doen met lae intensiteit terrorisme. Die SAPD moet NOU bykom asb!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.