Versoek vir Eskom-vergadering val op dowe ore, sê Cachalia

Argieffoto

Die Demokratiese Alliansie het Sondag die voorsitter van die parlementêre komitee oor openbare ondernemings, Khaya Magaxa, veroordeel dat hy die party se versoek verwerp het dat die komitee vroeër terugkeer om dringend oor Eskom te vergader.

“Die versoek het op dowe ore geval, ondanks die feit dat die situasie deurgaans vererger by die kragvoorsiener,” het Ghaleb Cachalia, skaduminister van openbare ondernemings, gesê. “In ons skrywe aan die voorsitter van die portefeuljekomitee het ons aangevoer dat die situasie by Eskom dringende aandag van die komitee vereis en ons het versoek dat die voorsitter ʼn dringende vergadering so gou as moontlik belê.”

Die DA hou vol dit is in die beste belang van die land dat die “haglike stand van sake by Eskom” dadelik getakel moet word, “maar dit blyk om nou met vakansie te wees is prioriteit vir die lede van sy portefeuljekomitee”.

“Die versuim van die voorsitter om aan ons versoek gehoor te gee is ʼn pligsversuim en wys dat die ANC nie sy oorsigtelike taak in ʼn ernstige lig beskou nie.”

Cachalia het gesê die DA het gehoop sy versoek was redelik en waardig om oorweeg te word, veral gegewe die verwoestende impak wat Eskom reeds op die lewens van gewone burgers het en die duidelike gevaar wat dit vir die land se ekonomiese welstand inhou.

“ʼn Vakansie kan nie belangriker wees as om die voortgesette krisis by Eskom op te los nie, want die ekonomie en Suid-Afrika het nie meer tyd oor nie. Beslissende optrede is dringend nodig om die probleme op te los. Daar is nie tyd om voete te sleep nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Betsie de Jager ·

Wat het van Andre van Nampsk en die nuut aangestelde mediese dokter geword? Was hulle nie aangestel om Eskom reg te bestuur nie?

Kootjie ·

Aaag!!! Welkom in die Nuwe Suid Afrika!!! More. Oor more naas oormore en en en…eendag sal ons wakker skrik… en dan is dit verewig te laat….. maar wie gee om..he? Dis maar soos dit is!!! African time!

Johan ·

I heard of rumours of closing of Kusile and “design problems” at Medupi ! Surely ……..!? This is scary for our so called economy! Why are we not the biggest and best economy in Africa anymore? I am losing hope…….fast!?

Kallie ·

Maar steeds sal die massas vir die ANC stem, met Ace as president en Mabuza as sy adjunk.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.