Versoekskrif aan bestuur van Taalmonument oorhandig

Afrikaanse Taalmonument (Foto: Maroela Media)

“Ons doen ’n dringende beroep op die bestuur van die Afrikaanse Taalmonument om nie die knie te buig voor die waansin van Nathi Mthethwa en die ANC nie.”

Só het dr. Leon Schreiber, DA-LP en die party se kiesafdelingshoof in Stellenbosch, gesê nadat die party ’n versoekskrif met byna 10 000 handtekeninge aan die bestuur van die Afrikaanse Taalmuseum en -monument oorhandig het.

“Ons dring daarop aan dat Mthethwa, minister van sport, kuns en kultuur, in die openbaar aankondig dat die Taalmonument se naam nie verander sal word nie, en dat beheer van die Afrikaanse Taalmonument aan die DA-beheerde Wes-Kaap oorgedra sal word aangesien die nasionale regering duidelik geen respek vir hierdie kosbare deel van ons erfenis het nie.”

Die handtekeninge is ingesamel as deel van die DA se veldtog en proteskonsert teen Mthethwa se voorneme om glo Afrikaans uit die naam van die Taalmonument te verwyder. “Dit is ’n waansinnige plan wat die monument van alle betekenis sal stroop.

“Die absurde en roekelose voorstel om Afrikaans te verwyder uit ’n monument wat juis opgerig is as ’n viering van die invloede van dwarsoor Afrika en die wêreld wat gelei het tot die totstandkoming van hierdie unieke taal, kom neer op ’n growwe aanval op Afrikaanssprekende Suid-Afrikaners – en veral op die Afrikaanssprekende meerderheid in die Wes-Kaap, waar die Taalmonument geleë is.”

Schreiber het gesê eerder as om monumente van hul betekenis te stroop en ons diversiteit te probeer aanval, behoort Suid-Afrika se ryk en diverse taalerfenis gekoester en beskerm te word.

Verskeie partye het die afgelope paar weke kapsie teen Mthethwa se beweerde voorneme gemaak.

Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) het ook ’n petisie van stapel gestuur teen Mthethwa se voorstel en bykans 30 000 mense het dit reeds teen einde verlede maand onderteken.

’n Openbare vergadering van die ATM het ook einde verlede maand plaasgevind oor die voorstel dat die naam van die monument moet verander.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Samuel ·

Nou dat daar politieke munt uit die situasie te slaan is, spring die DA rond. Hulle moet nou reeds voorbrand maak vir die nasionale verkiesing in 2024.

Jr ·

I hereby ‘demand’ that the word African be removed out of the name “African National Congress, because it is not representative of minority groups in SA and is only representative of certain group.

Marius ·

Die anc moet die trekpas kry. Hulle is totaal onbevoeg om van enigiets ‘n sukses te maak. Hul ken net van agteruit boer.

Di ·

Ons afrikaneers moet hierdie monument met alle mag beskerm TEEN die korrupte ANC wat alles en almal wil beheer! Waarvoor moet Afrikaans uit die naam van die Taalmonument verwyder word? Die monument is dan juis SPESIFIEK vir die Afrikaanse Taal opgerig. Die spul gun ons NIKS in die land nie, wil als van kant maak of beheer wat enige iets met Afrikaners te doen het.

Heinrich ·

Ek dink dis kortsigtig dat beheer van die Afrikaanse Taalmonument aan die DA-beheerde Wes-Kaap oorgedra sal word. Die DA aarvaar dat hulle vir altyd en ewig in beheer van die Weskaap gaan wees, maar die oomblik wanneer ‘n ander party oorneem is die monument weer in gevaar.

Deon ·

DA, doen wat julle moet doen, help waar julle kan, los daai monument UIT, los die bestuur in mense se hande wat regtig omgee vir afrikaans as taal, dis nie n politieke speelding nie, julle begin nou regtig oral krap vir politieke punte, dit lyk desperaat.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.