‘Versoening vergeefs sonder ekonomiese vryheid’

Mbuyiseni Ndlozi. Foto: Twitter

Mbuyiseni Ndlozi. Foto: Twitter

Die EFF het Woensdag gesê versoening is tevergeefs sonder ekonomiese bevryding.

“Vir die EFF is die 2015-Versoeningsdag ʼn belangrike herinnering aan die feit dat ons mense sonder die versoening van grond en bestaansmiddele besoekers in die land van hul geboorte bly. Ons glo dat die vredesooreenkomste van 1994 in gebreke bly totdat die land teruggegee word aan die swart meerderheid,” het Mbuyiseni Ndlozi, woordvoerder van die EFF, gesê.

“Versoeningsdag is ʼn dag wanneer ons terugkyk op die rasseoorlog, geweld en onteiening wat inheemse mense gely het aan die hand van wit koloniale en apartheidsmagte. Dit is ʼn dag waarop ons die vordering van die totstandkoming van ʼn vreedsame samelewing tussen die opvolgende geslagte van die onderdruktes en onderdrukkers evalueer. Ons vra hoe demokrasie, soos dit gestalte gekry het in ons grondwet, daarin geslaag het om rasgekoppelde oppermag uit te wis en ʼn werklik regverdige en gelyke samelewing teweeg te bring.”

Ndlozi het gesê die realiteit is dat Suid-Afrika se maatskaplike samehorigheid 21 jaar ná 1994 aan ʼn draadjie hang met die lewens van histories onderdruktes slegter daaraan toe as gevolg van armoede, werkloosheid en vernedering.
“Dit terwyl die lewens van die begunstigdes van die moordende apartheidsregime voortgaan om in rykdom te floreer. Die meerderheid van swart mense gaan voort om te ly sonder grond, as gevolg van uitbuiting van goedkoop arbeid, hongersnood, swak skoolopleiding en gesondheidsorg, soos hulle gedoen het onder koloniale en apartheidsbewind.”

Volgens Ndlozi het die post-apartheid demokratiese regering net op sport en ander kulturele simbole staatgemaak om nasionale samehorigheid te bou.

“Dit is sinloos om elke jaar oor versoening en vergifnis te bly praat sonder om uit te maak presies watter rasseonteiening ʼn koloniale en apartheidsverlede tot stand gebring het. Die gesprek oor versoening is onderdrukkend as ingrypende grondhervorming nie deel is daarvan nie. Niks is boser nie as om armes, wat eeue lank gebuk gegaan het onder onteiening en koloniale geweld, te vra om in rasseversoening te glo terwyl hulle steeds bly leef soos die geval was onder kolonialisme.”

Ndlozi het gesê Suid-Afrika se wit monopoliekapitaal is die grootste struikelblok tot nasionale versoening.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Marous ·

En wie se skuld is dit dat die geld op is? Hou op om die wittes te blameer vir julle onvermoens om enigsins te presteer!!!

Johann Marx ·

Dit hang af wat jy bedoel met “ekonomiese Vryheid”. As jy bedoel “Ekonomiese Vryheid” om jouself te bekwaam, jou talente aan te wend om van die land ‘n beter plek te maak, ‘n toekoms te skep vir jou nageslag, verantwoordelik om te gaan met die land se hulpbronne, hard te werk om te kan werk”…..dan is jy op die regte pad. As jy bedoel “Ekonomiese Vryheid” om te VAT wat ander voor gewerk het, en dit deur jou kerf te trek, en dan nog meer te wil hê totdat alles aan flarde lê, en jy geen benul het hoekom dit so lyk, of wat jy moet doen om dit te verander nie….” dan is ek bevrees is jy nie beter as die enige van die ander Afrika lande nie.

Jordaan ·

Ndlozi, jy is vry om te werk, ‘n besigheid te begin en handel te dryf met wie jy wil, dus meer vry as mense wat gekeer word om dit te doen agv velkleur.

Manie Delport ·

Ndlozi word wakker. Het jy in jou lewe al een dag se eerlike harde werk gedoen? Waarom wil jy alles verniet hê?

Kaspaas ·

Nou werk vir dit. Dis die rede hoekom die foreigners so goed doen hulle werk etiek is baie goed. Obs het van n SA huishulp na n Malawiese huishulp oorgeskakel beste besluit ooit. Die nuwe een werk baie hard. So Mnr EFF hou op kla en demand en die land afbrand en besteel en werk soos die res van obs vir jou eie ekonomiese vryheid.

Loon ·

Ag kom ons wees nou vir n slag gaaf en gee vir hom 500ha grond, 20 aanteelkoeie en die nodige bulle. N Trekker en n ploeg en sommer ook n planter, dan sommer vir die lekkerte R100000, net vir n hupstoot.
Wat gaan hy doen?
Die eerste bees wat hy in die hande gaan kry gaan geslag word……maak maar julle eie storie verder op.
Ons boer self……jy word nie sommer net ryk nie.
Dis harde werk en ek hoop hy beleef bietjie n droogte ook!

Garath ·

Wat die EFF en ander jong mense moet verstaan: Voor 1994 was niks verniet nie. Geen gratis huise, elektrisiteit, water, mediese dienste. Elkeen moes hard werk, vir himself sorg of ondergaan. Solank die EFF, Cosatu en hulle pelle wil toi toi en dans en “demand” gaan hierdie land nêrens kom nie. ‘n Land kom net êrens met harde werk en ophou kyk wat jou buurman het. Kyk wat jy vir jouself kan bewerk. Dit is die belangrikste punte waar Pres Zuma faal. Hy moedig nie sy mense aan om te werk nie, maar soek die probleem by Jan van Riebeeck. As mens nie opleiding het nie weet jy nie wat jy nie weet nie.

Eugene ·

Ek sal nie met jou verskil oor Zuma en sy uitlate nie, maar onthou net dis baie moeiliker om ‘n werk te kry of om ‘n besigheid te begin wanneer jy geen opvoeding het net of wanneer elke dag ‘n oorlewingstryd is

Rupert Ashford ·

O wee. Neem kennis, die volgende geslag leiers. Sal interessant wees om te sien hoeveel van die sg bevoorregtes het toegang tot hierdie magiese “grond” wat mens dan nou blykbaar oornag ryk maak.

Manie ·

Hoe kom die eff weg met hulle rassistiese aanvalle op die witmense. Hy moet nie dink hy maak ons vreesbevange met sy rassistiese uitlatings.Hoe bewe ons nou nadat die rassis gepraat het

Eugene ·

Sê wat jy wil van die EFF (ek is nie bewonderaar nie) maar hulle ultimatum aan die JSE is soos die engelsman sê is “spot on”
As ons ware transformasie in hierdie land wil sien moet ons ophou oor nasinaliseering praat (want die regering is nutteloos) en begin praat oor sosialiseering.
Gee die werkers van ‘n besigheid ‘n deel en ‘n sê en hulle sal dit oppas asof dit aan hulle behoort.
Kapitalisme sal die dood van die nasie beteken, nes dit die dood van soveel tevore beteken het

Jaco Grobler ·

Jy sit die pot vêr mis. ‘n Mens moet besigheidssin hê om ‘n besigheid, of ‘n deel daarvan te besit. Lees maar biedjie oor die onderwerp, daar is TALLE mense wat ‘n besigheid uit niks begin het, geen kapitaal, opleiding, en met niks anders as harde werk groot suksesse bereik het nie, net so het talle rykes wat hul geld nie self ‘verdien’ het nie, al groot besighede gekoop (of begin) en misrebaal gefaal. As jy ‘n bevolkingsgreep of ras almal dieselfde ag wat hulle vermoeëns en verdienste betref, is jy pleinweg onnosel, en gaan vir altyd deel wees van die probleem. Elke mens is anders en moet tot sy eie vermoeëns ontwikkel en daarvolgens lewe, swart pienk of wit. Dit is ‘n feit wat nog altyd so was, en sal wees. Wyses evalueer hulle bevolving en diversifiseer daarvolgens, as ons politieke leiers nie so ‘n eenvoudige konsep kan verstaan nie, hoe kan hulle besluite neem wat die massas (ryk en arm) se lewens bestuur?

F ·

Nee, vriend. Jy sit die pot mis. Nog nooit het ek gesien waar klein besighede die BEE pad geloop het, dit geslaagd was nie. In al die gevalle het die BEE kandidaat, wat ‘n werknemer was, begin “demand” en wou die besigheid leegsuig met ‘n groot onbekostigbare salaris. Werkers is werkers omdat hulle werkers is, nie entrepreneurs nie. Maak nie saak wat hul ras of geslag is nie, punt. Werkers het net nie besugheids “savvy” nie. Sodra hulle dit kry, word hulle besigheidseienaars. So moenie soos politici van perdedinges vye probeer maak nie. Almal kan nie base wees nie, daar moet klase ook wees. Ons land se probleem is juis sosioalisme. Ons wat bydra is te min om die wat ontvang te onderhou.

Gideon ·

Eugene, ek wil so met jou verskil!! My een werker op die plaas het die pragtigste hoenders, maar jy sal nie glo nie, as dit sy af naweek is, dan staan daardie hoenders van Vrydag tot Maandag op hok, sonder kos en water!! Dit is so asof dit nie belangrik vir hom is nie! Hoe wil hy ‘n plaas hê, waar daar na lewende hawe en landerye omgesien moet word? Alles sal plat val en vrek! Jy leef in ‘n droom wêreld!!

TM ·

Eerstens mnr EFF jy was nie deel van die struggle nie want jy is te jonk so jy ken nie van swaarkry nie. Tweedens kyk rondom jou op pad werk toe en kyk wie ry die smart Duitse motors en besluit vir jouself met wie dit eintlik regtig sleg gaan. As jy iets wil hê werk vir dit. Ons het niks verniet gekry nie

Greg ·

Ñdlozi ken ALWEER NIE die geskiedenis nie, NIKS DAARVAN NIE!! Op so n grondslag kan geen mens eens begin om met hulle te praat nie!!!

T ·

Wel as jy dom is is jy dom niemand kan niks daaraan doen nie……

Jf van Rooyen ·

Kani glo die eff is en bly so onnosel nie besighede word opgebou nie gekry nie malema het miljoene gesteel hy was juis ekonomies bevry en wat was die einde stap kaalgat uit nou haat hy wittes

dewet ·

eff wil grond annekseer sodat voedselproduksie uitgewis word en hongersnood moet toeneem waarom vlug inwoners van afrika na eerste wereldlande in afrika is al vir jare nie apartheid om te blammeer en die resultaat dui op ontevredenheid in zimbabwe word grond aan chinese verhhuur om voedsel te produseer grondhervorming kan net suksesvol wees in dien mense opgelei word en n passie vir boerdery het malema hits rassekonflik aan en verkoop politiek aan kiesers wat net vir homself en sy party sal bevoordeel

Noordwester ·

Kom ons gesels bietjie oor hoe die land gelyk het ná die Anglo-Boereoorlog in 1902, tydens die tye van die armblankevraagstuk en hoe “bevoorreg” en welaf die sogenaamde boere-kolonialiste aan die begin van die 20ste eeu was…..my oupa van 93 jaar oud vertel my hoe hulle hul plaas verloor het, en saam al die ander “bevoorregte onderdrukkers” van voor af moes begin. Damme bou. Paaie bou. Pik swaai. Dis amazing wat hulle van 1902-1948 (voor die Apartheidsregering) met harde werk, swaarkry en deursettingsvemoë kon vermag. Geskiedenis vertel ‘n baie ander storie van die sogenaamde “white privlage” wat die EFF ons probeer wysmaak.

Fanie ·

Die media moet glad nie sulke mense se denke en mentaliteit publiseer nie. Dit vergiftig die jeug vorentoe, wat dan self so ‘n lae mentaliteitsvlak gaan hê.
Die media het die mag om te verhoed dat sulke drommels “gehoor” word.

Jan maak n Plan ·

Hitler het gese – ARBEID maak jou VRY. So klim van jou g.. af en begin werk dan sal jy ook geld verdien en dan vry wees.

Frans ·

Grond teruggee aan die swart meerderheid is natuurlik ‘n mite.Almal in hierdie land is afstammelinge van immigrante ongeag of jy nou 350 gelede of tussen die 2de en 5de eeu
stadig hier heen beweeg het.

Die grond het nooit aan Blank of swart behoort nie maar is bewoon deur mense wie se voorouers reeds ‘n miljoen jaar gelede vuur gebruik het om vleis te braai.Dat daar van hulle
min oorgebly het en hul tekeninge nog op rotswande te vind is verander niks aan die saak nie.

Dit is ‘n historiese feit dat veglustige stamme met die Zoeloes aan die voorpunt gepaard met ‘n groot droogte soveel verwoesting in Suid Afrika gesaai het dat talle stamme of verdryf is van hul grond of opgeneem is in ander stamme met die gevolg dat die eerste Trekkers ‘n verlate landskap aangetref het en jul eie gemaak het.

Die vernietig van stamme is deur Europese geskiedenisskrywers bestempel as ‘Wars of Calamity’ en is dit wyd gerapporteer dat teen 1825 2 1/2 miljoen mense haweloos en hulpeloos deur suider Afrika geswerf het op soek na kos en huisvesting.

Dit is opmerklik dat die stukkie geskiedenis gerieflik deur die meeste swart mense doodeenvoudig dood geswyg en daardeur uit die kollektiewe swart geheue en geskiedenisboeke verwyder word.

Sonder erkenning van historiese feite kan daar geen versoening wees nie veral as jy reken al Suid Afrika se ellende volgens die President het begin toe Jan van Riebeeck hier ‘n verversingsstasie kom stig het.

Jen ·

Everything For Free…..dit se alles. Dis die enigste rede waarom hulle so aangaan. Te sleg om self daarvoor te werk.

Johannes Meintjes ·

Die EFF se ideologie, verwagting en geskiedenis is uiters gebrekkig. Vryheid van welke aard ookal word verdien en met harde werk gehandhaaf. Tussen die EFF se eise, die blanke se apatie en die regering en kerk se skitterende afwesigheid is dit voorwaar ‘n bitter stryd.

Value addid teks ·

Wens ek kan eknoemies vry wees , ek noem , nou teks , nou tv laaisins , nou Ka laaisins , nou rent , nou ellimounie , nou oenawesitie vies , nou skoelvies , nou nuffing .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.