Verstandelik gestremde man vas oor moord

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 33-jarige verstandelik gestremde man is in Noordwes in hegtenis geneem nadat hy glo Vrydag ʼn 42-jarige man, wat ook verstandelik gestremd is, vermoor het.

“Die polisie ondersoek ʼn saak van moord nadat die 33-jarige man glo die 42-jarige man met ʼn mes doodgesteek het,” het sers. Kelebogile Moleko, woordvoerder van die polisie in Noordwes, in ʼn verklaring gesê. Die voorval het in Cokonyane in Taung plaasgevind.

“Die twee mans het glo gestry waartydens die jonger man ʼn mes te voorskyn gebring en die ander een in sy ribbekas gesteek het,” het Moleko bygevoeg. “Die polisie en nooddienste is ontbied en die slagoffer is op die toneel dood verklaar.”

Die man is in hegtenis geneem en sal Maandag in die Taung-landdroshof verskyn op aanklag van moord. Die rede vir die stryery is nog nie bekend nie. Die ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Neptunus ·

Die rede? Waarskynlik Vrydagmoles. Oor drank, ‘n sigaret of ‘n vrou.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.