Verstandelik gestremde vrou gooi pasgebore baba in puttoilet

Argieffoto Foto: HeikeIr, Pixabay

Die polisie in Limpopo het sy kommer uitgespreek oor die hoeveelheid pasgebore babas wat in dié provinsie in puttoilette gegooi word.

Lt.kol. Moathshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê dit kom ná die jongste voorval waarin ʼn 32-jarige verstandelik gestremde vrou in Ga-Mahwai in hegtenis geneem is nadat sy haar pasgebore babaseun in ʼn puttoilet gegooi het.

“Die ouma van die baba was op 14 November beangs om die gille van die baba in die toilet te hoor en het onmiddellik die polisie en nooddienste in kennis gestel. Die baba is uit die toilet gered, maar is dood by die hospitaal,” het Ngoepe gesê.

Die verdagte het in die Matlatla- rondgaande hof verskyn op aanklag van moord, maar is vrygelaat op ʼn waarskuwing en die saak is uitgestel tot 18 Desember vir verdere polisie ondersoek.

Nóg ʼn vrou is in die Ga-Rifiri-nedersetting in hegtenis geneem nadat sy ook haar pasgebore babaseun in ʼn toilet gegooi het. “Die polisie is in kennis gestel en kon die baba wat tans in die hospitaal aansterk betyds red,” het Ngoepe gesê.

Die verdagte sal volgens hom binnekort in die Magatle- rondgaande hof verskyn op aanklag van moord.

Die polisie het albei gevalle ten sterkte veroordeel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

H.A. ·

Die strafwette in die land maak regtig voorsiening vir moorde, diefstalle, Korrupsie ens… Dit is nou sowaar die lala land van die wêreld!

jaco ·

voor die tweede wereldoorlog is verstandelik gestremde mense oral oor die eerste wereld gesteriliseer, meestal gedwonge. dit was sosiall aanvaarbaar en amper ‘n formaliteit. dit was algemene praktyk in Amerika, Brittanje, Frankryk, Duitsland en talle ander lande. Maar toe vat Duitsland onder Hitler dit verder, deur verstandelik gestremdes dood te maak. Die gevolg: Al die lande wat voor die tweede wereldoorlog hierdie sterilisasies gedoen het, het dit na die oorlog gestaak.

Liamari ·

Ek kan nie verstaan nie. Dis ‘n weeklikse storie waar babas in toilette of asblikke gekry word. Mense wil rondslaap maar neem nie verantwoordelikheid nie. Vroue kan gratis voorbehoeding by klinieke kry. Maar nee… dit lyk eerder of daar net op instinkte gereageer word en dat daar min bewustelike denke en besluitneming betrokke is. Laasgenoemde is mos juis wat ‘n mens van ander lewende spesies moet onderskei… of hoe?

Peet Schabort ·

Die straf om toe te laat dat verstandelik gestremdes kinders mag hê word direk geplaas voor die deur van ons as gemeenskap. Het dit te doen met die handves van menseregte of bloot die nalatigheid om hierdie meisies/vrouens te beskerm teen seksuele misbruik? Jammer om dit prontuit te sê maar sterilisasie is deel van die oplossing. Julle moet my maar trap oor hierdie uitlating maar onsself (wetend/onwetend) is deel van hierdie misdryf.

Anoniem ·

Ek verstaan nie wat is die verskil tussen aborsie en om ‘n pasgebore baba in ‘n puttoilet te gooi… in albei gevalle word ‘n lewe geneem.

SIEK ·

Keur jy beide goed? Dan kan jy maar ‘n maand oue baba ook in ‘n put toilet gooi, wat is die verskil. Kinders kan dan mos maar elke dag vermoor word of hoe? As aborsie toegelaat word, moord op babas van enige ouderdom ook ne? Is dit jou redenasie?

PROBLEEM ·

Ek wonder net altyd hoe die verstandelik gestremde vrou SWANGER geword het in die eerste plek – hoekom was daar nie toesig en beheer oor haar nie, en hoekom is sy nie gesteriliseer nie .. en tweedens het NIEMAND geweet sy is swanger nie, dat hulle eers moes agterkom toe sy die baba in die puttoilet weggooi dat iets fout is? Daar is iets serious in SA verkeerd met ons maatskaplike sisteem.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.