‘Versteekte motief agter Gordhan-vervolging’

Pravin Gordhan. Argieffoto

Pravin Gordhan. Argieffoto

Die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party (SAKP) het sy gewig agter Pravin Gordhan, minister van finansies, ingegooi deur te sê daar is ʼn versteekte motief vir die beweerde spioenasie-aanklagte teen hom.

Die SAKP het Woensdag in ʼn verklaring ook teen Berning Ntlemeza, hoof van die Valke, uitgevaar en gesê die Valke se gedrag onder Ntlemeza se leierskap laat veel te wense oor. “Die Valke se gedrag is aanduidend van politiek gemotiveerde, faksie- en private agendas,” het Alex Mashilo, die SAKP se woordvoerder, gesê.

“Om hierdie agendas te gebruik asof dit bloot die reg is wat sy loop neem, en só die mag van die staat te misbruik, is totaal onaanvaarbaar.”

Volgens Mashilo herinner die Valke se ondersoek na Gordhan se beweerde betrokkenheid by ʼn “geheime ondersoekeenheid” in die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) aan taktieke uit die apartheid-era om “die leiers van ons revolusie en ander lede van die samelewing deur middel van faksies te isoleer en te teiken”.

“Dit is in dieselfde konteks wat ʼn veteraan van ons vryheidstryd [Gordhan], wat as ʼn versperring dien teen die plundering van openbare hulpbronne, ooglopend geïsoleer en geteiken word. Dit is net so verkeerd soos bronne wat kwaadwillige inligting versprei en moet net so sterk veroordeel word,” het Mashilo gesê.

“Minister Gordhan en sy adjunk, Mcebisi Jonas – wat die fluitjieblasers was van die Guptas se gekonkel – het die volle ondersteuning van die SAKP om openbare hulpbronne te beskerm.”

Gordhan het Dinsdag in ʼn verklaring gesê berigte oor sy moontlike inhegtenisneming is uiters ontstellend vir hom en sy gesin.

“Ek kan nie glo dat ek ondersoek word en moontlik aangekla kan word van iets waaraan ek totaal onskuldig is nie,” het hy gesê. “Ek het die vrae beantwoord wat die Valke gevra het en het nog nie weer iets van hulle gehoor nie. Ek was nie bewus van enige hangende aanklagte of ʼn verdere ondersoek nie tot die berigte die afgelope naweek.”

The Sunday Times het Sondag berig dat betroubare bronne binne die Valke en die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) bevestig het dat die Valke ʼn dossier aan die NVG oorhandig het waarin Gordhan se betrokkenheid by die beweerde “rogue”-eenheid uiteengesit word.

Lees alle vorige berigte oor Pravin Gordhan op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Johann ·

Die blatante arrogansie wat eenvoudig sonder enige verantwoording besig is om die land se geloofwaardigheid aan stukke te skeur! As daar n tyd was wat opregte Suid Afrikaners ons land se toekoms kon red van hierdie magsspel se gevolge…is dit NOU.

Veritas ·

Oom Jacob en sy gespuis is rug teen die muur. Hulle sal enigiets doen om aan bewind te bly want die volgende leiersgroep, hetsy ANC of wie ookal, gaan die wêreld vir hulle warm maak. Oom Jacob en Kie wil nie graag tjoekie toe gaan nie en daarom kan hulle nie bekostig om die leisels oor te gee nie.

Rynhardt ·

DIE UITGESLAPE SAKP SPEEL LEKKER TONEEL! VANDAG SE BURGER SPEL DIE VOLGENDE UIT.EK HAAL AAN:”Ek het nog nooit so n politiek gelaaide verklaring soos hierdie van Pravin gesien nie”, het n bron in die SAID gister gese. Ek haal verder aan:”n BRON NA AAN KERKPLEIN40 MET DIREKTE KENNIS VAN DIE GEBEURE, HET GESE:”DIE DOEL IS OM PRAVIN AAN TE KLA SODAT HY DAN GESKORS KAN WORD.DIT IS OMDAT HY EN DIE TESOURIE DIE ENIGSTE STOPKRAAN IS WAT DIE UITVLOEI VAN STAATSGELD NA DIE SAKKE VAN STAATSYITBUITERS KEER”. EK HAAL VERDER AAN:”ZUMA SE SRTL IS OM ANDER DIE VUILWERK TE LAAT DOEN EN OM OP N AFSTAND TE BLY.WANNEER SY TEIKEN UITEINDELIK AANGEKLA EN GESKORS WORD, IS DIE PROBLEEM IETS VAN DIE VERLEDE.DIS DALK ONELEGANT , MAAR DIS DIE MANIER WAAROP ZUMA WERK.” VANDAG OP E-TV SE ZUMA:”EK HET NIKS TEEN PRAVIN NIE.” BOGENOEMDE SPREEK DIE TEENDEEL! SAKP SE TONEELSPEL VAN BESORGHEID OOR PRAVIN,IS OOK UITERS FLOU!

vonnie ·

Wat verblywend is, is dat hierdie gekonkel uit alle vlakke van die polotiek aangeval word. Wel gedaan SAKP . Wat dit betref het julle ook my steun.

Skatimyr ·

Dit is moelik om te glo dat ons so ver geval het dat ons die kommuniste ondersteun en die beste uit die hopelose klom soek om ons redder te wees.

John ·

Die beweerde Gupta-tv-stasie 405 speel skynbaar ‘n fyn spel van verdagmakery met talle kamtige vrae oor mnr Gordan en andere se motiewe. Probeer die stasie sy kykers om subtiele wyse beinvloed, word gevra?

Steve Stephansen ·

Ag asseblief, ons is nou al keelvol om na Zuma en sy trawante se afgesaagde skelmstreke te luister. Hy is duidelik besig om ontslae te raak van die goue swaan wat haar eiers bewaak. Die ou swernoot hou die aandag van hom af terwyl hy en sy gespuis aanhou steel. Valke, doen julle werk reg of julle is ook in die spervuur by die res van die wêreld.

Theuns ·

Pravin Gordan word definitief geteiken. Opsigtelik en onopsigtelik. Die seine wat uitgestuur word is verwarend en presies soos die werkswyse van die Oos Duitse Stasi. Niks en niemand is heilig nie. Ons moet versigtig wees in ons analise van wat ons sien en hoor! Soos byvoorbeeld die SAKP se kretiek en die skielike om arming van Gordan? Is dit omdat daar sprake was dat Zuma ontslae wil raak van Blade Ntsimande in ‘n Kabinet skomeling? Zuma is self ‘n ingeskrewe lid van die SAKP? Hoe dan nou? Of het GELD so aanloklik vir Zuma geword dat hy sy eertydse vriende versaak? Is GELD ook die oorsaak van Gordan se “downfall”? Is Zuma nou so kwaad vir Nene en Gordan oor die SAL, sy Vliegtuig en sy Debiet Kaarte dat hy nou heletemal onstabiel is? Hier wag intresante maar skokende tye vir ons!

Sus ·

Benoude katte maak benoude spronge.
Zuma moet ten alle koste aan bewind bly want dis die enigste manier om sy hand in die beursie te hou – hy ‘skuld’ sy meelopers, soos die Guptas bigtime. Daarby kom sy korrupte aangestelde buddies in die Polisie en Weermag en Staatsdiens. Zuma, jou sitplek word nou lekker warm…..bly ek is nie jy nie!

Marietjie ·

Ek is verstom dat nog niemand gereageer het op my vorige kommetaar, dat ek nou vir presies 11jaar, deur intelligensie en polisie agtervolg word met vliegtuie, choppers, my gesprekke afgeluister word, sms gelees word oor die sindikaat wat ek in Alberton in 2005 oopgevlek het nie. Nie een persoon het hulself geidentifiseer nie, wonder wie het magtiging gegee. Die vrou wat my identiteit gebruik het om misdsade te pleeg, het staats getuie geword, en is 4miljoen rand betaal om die ander groot visse se name te gee, belasting betaler se geld word gebruik. Gordhan was ten tye by SARS wat my ook na 7jr gedwing het om geld wat herhaaldelik afgeskryf was te betaal met rente. Kan iemand asb verduidelik?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.